Ons Publiseer Saam > Boek 2 - bespreking deur almal

Vandag kry ek ons boeke

(1/6) > >>

PM:
Hou hierdie spasie dop!  Vandag kry ek ons boeke.  Sodra dit hier is sal ek kom verslag doen.  Ouens, hou duime vas!   :bootyshake:

PM:
  :smileinbox:  Ek weet nie wat om te sê nie.   :hello2:  Die boeke is pragtig.  Uit my hart wens ek dat elkeen wat deel gehad het aan die boek net hier langs my kon staan sodat ons saam daardeur kon blaai en sjampanje drink.   :occasion14:

Meraai vannie Baai:
Oeeeeee sneppies sneppies groot sebliefie!! En BAIE geluk. Al jou ure der ure deur die maande het vrugte afgewerp PM  :notworthy: :hello2: :icon_salut: Kan nie wag om myne te ontvang nie. Gaan solank hawer bymekaar maak vir die poskoets se perdjies  :icon_biggrin:

PM:
Die sneppies sal kom Raaitjie, maar die ware jakob lê in die vashou!    Ek is baie tevrede.   :love7:

Ek moet nou eers die forumdans doen!   :bootyshake:

PM:
Ek versoek dat julle asseblief vir my na   pm@afrikaanseforum.co.za  'n briefie sal gooi met julle adresse en hoeveel boeke julle wil hê.
Ek vra maar weer want ek wil nie die boeke na die verkeerde adresse toe stuur nie.  Die ouens wie se boeke gekoerier moet word moet asseblief vir my 'n straatadres gee en 'n selfoonnommer waar jy gekontak kan word.  

Ansie, die koerier sal by jou 'n draai maak by jou werk.  Gee asseblief die besonderhede en 'n telefoonnommer.
Die koerier maak 'n draai by Elle en Willa, ek het weer julle besonderhede nodig asseblief.
Gawie, kan jy ook die nodige besonderhede weer vir my stuur asseblief.

Baie dankie julle, ek is so bly ons is so ver!  Ek lief julle.  


Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version