Bak en brou > Kos uit vreemde lande

Kos uit India

(1/3) > >>

Terry:
Is Indiese kos een van jou gunsteling kosse?  Kom deel asb hier jou ervarings en resepte oor India se kos.

PM:
Ons is baie lief vir kerriekos en ek is seker dit kom uit India. 
As 'n mens by 'n indiese winkeltjie instap en jy ruik daardie speserye, water jou mond. 

Terry:
Ons het deesdae die gewoonte om in die bed te le en na die Food network kanaal te kyk.  Ek le met my boek en pen en Gerhard le met die remote control om te kan stop sodat ek die resepte kan neerskryf. 

Ons gunsteling is Indiese resepte en ons monde water na elke resep wat gemaak word op tv. 

Ek kan nogsteeds nie glo toe ek in Indie was 'n paar jaar terug dat ek nie die kos geniet het nie, maar hier wil ek dit die heeltyd he.  Ons het teen nou 'n hele paar resepte en ek sal dit nog kom deel soos ons dit self probeer.

Enige iemand anders met 'n liefde vir Indiese kos en dalk 'n lekker resep wat jy kan bydrae tot ons tuisgemaakte resepteboek?

Jeannedarc:
I love biriyani and butter chicken (I think that is what its called, will have to ask me cousin), samoosa and a big favourite of mine - vegetable curry. I do not like curry mince but love a proper chunky beef/mutton/pork curry

Terry:
Toe ek in Dubai gebly het, het my kollegas my heeltyd die outentieke Indiese kosse laat probeer.  Die heel eerste kerrie wat ek probeer het was butter chicken.  Sjoe, het ek dadelik verlief geraak op hierdie heerlike romerige warm hoender kerrie.

Ek het al van nuut af die resep probeer maak, maar vind dis net baie makliker om die klaargemaakte pakkie spesery mengsel te koop.  Laudium se klein winkeltjies het natuurlik die beste van die beste.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version