Bak en brou > Kos uit vreemde lande

Kos uit Suid Afrika

(1/3) > >>

Terry:
Is Suid Afrikaanse kos een van jou gunsteling kosse?  Kom deel asb hier jou ervarings en resepte oor Suid Afrika se kos.

AB:
Hang seker af wat mens met Suid Afrikaanse kos bedoel. EK glo hier is so mengelmoes kosse wat onder andere as suid afrikaanse kos gesien word wat se oorsprong eintlik uit 'n ander land(e) is.
Wat ek glo eg suid afrikaans is is bokkoms en weskuskreef.
Braaivlies? ek weet nie of dit dlak ook oor geƫrf is van ander lande nie.
Dan is waterblommetjies seker ook eg suid afrikaans maar dlak kan die resep ies van 'n ander kultuur wees.
Rooibostee is seker ook 'n eg suid afrikaanse resep deur stokke in kookwater te goooi en 'n lekker drankie daaruit te maak.

PM:
Nou praat ons ook "streke", want die Kapenaars eet mos nie sommer pap nie en ons Transvalers is mal oor ons pap. 
Waterblommetjies is heerlik, maar daarvoor moet jy Kaap toe gaan.  Ons het ook van die "slymstokke" se koppe ge-eet, dit proe soos kool, maar hier in die Transvaal sal jy dit ook nie kry nie.  Om hier regte vars seevis te soek is net so goed jy soek wors in 'n hondehok!
Ons regenboog nasie het 'n groot verskeidenheid van kosse.  Pap en marog.  Lekker!

AB:
ek eet graag pap, veral krummelpap.....met melk en suiker. op die toer het die mense my en piet snaaks aangekyk toe ons een aand by braaivleis die pap met melk en suiker geniet.

Angelica:
Dine van Zyl uit Rooi-Els kontrei...
Hierdie is nou 'n girl wat (Boerekos) KOOK!


http://www.rapport.co.za/MyTyd/Nuus/Boerekos-is-sexy-20130811

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version