Author Topic: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie  (Read 15509 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« on: August 21, 2013, 08:43:09 AM »
Baie hartlik geluk met jou verjaarsdag Sustertjie.  Eerstens wil ek vir jou gesondheid toewens en dan net vrede en geluk vir die nuwe lewensjaar.  Mag al jou mooi wense waar word. 
Dankie vir alles wat jy vir die forum gedoen het die afgelope jaar en jare en mag jy nog baie vreugde put uit die abc. 
Ek hoop jy het 'n lieflike dag en weet dat ons lief is vir jou.   :love7: 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #1 on: August 21, 2013, 10:07:45 AM »
Baie baie dankie matertjie. Ek waardeer opreg. Bind die wense om my sielehals  :love7: :notworthy:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #2 on: August 21, 2013, 12:30:04 PM »
Ta Raaitjie, mag jou lewenslus en lewensvreugde deur hiedie dag en al jou dae daarna bly borrel.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #3 on: August 21, 2013, 06:21:46 PM »
 :hello2:  :icon_cheers: Baie geluk!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #4 on: August 21, 2013, 08:42:57 PM »
baie geluk Mesmeraais, mag dit 'n wonnerlike jaar wees met baie voorspeod en gesondheid wat skrik vir niks. 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #5 on: August 22, 2013, 12:23:21 AM »
Dankie ouens. Ek waardeer opreg. Gister het ek die grootste geskenk ontvang - daar is begin met 'n nuwe medikasie in piepkleine dosisse wat heel moontlik oor drie maande die gewraakte warfarin kan vervang  :hello2: Bid groot asb saam met ons dat met elke aanpassing (twee weekliks vir volgende 2 maande) van die dosis, ek nie 'n allergiese teenreaksie gaan ontwikkel nie.  :notworthy:

*Weereens dankie PM dat ek deur alles die afgelope jaar, kon deel op die forum. Ek sien iemand is besig om nou weer die plasing oor PH te 'print' en die aantal kere gelees is 5,484 Hoop dat die skakels wat ek daar gelos het, ergens vir iemand betyds op die regte spoor sal plaas en sodoende kosbare tyd en geld kan spaar.
« Last Edit: August 22, 2013, 12:36:12 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #6 on: August 22, 2013, 08:45:08 AM »
Dankie vir jou wat so getrou al jou inligting gedeel het Raaitjie.  Ek is oortuig daarvan dat dit baie mense gehelp het.
Weereens, dit lyk asof die forum dosestilte ervaar, maar as ek sien hoeveel mense lees dan wonder ek of skrywers
nie eintlik lesers is nie.   :icon_biggrin:

Ons hou styf duime vas hierdiekant dat die nuwe medikasie die ding sal doen.  Hou ons asseblief op hoogte.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #7 on: August 22, 2013, 07:09:07 PM »
Raaia... maar jy is darem nou OUD!
Hoe het jy dit toegelaat? 
Tyd dat jy in reverse verjaar, girl.
Tot dan, hoop ons jy het nog vele, vele vrolike verjaarsdae.  Ook saam met ons.
Vir jou wens ek baie vreugde en liefde.  'n Ruikertjie geel Holandse Tulpe vir jou...
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #8 on: August 25, 2013, 10:48:01 AM »
LOL Angelica ek wens dit was moontlik om in reverse te verjaar. Ekke het gou my tulpe kom haal en die mooie wense van almal is kosbaar ingeryg in my sielehalssnoer  :love7: :notworthy:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #9 on: February 06, 2018, 05:36:18 AM »
Verjaardae hoeka verby, wat my nou tiekel is die feit dat iemand hierdie verjaardagwens 'print'. Dalk wil hulle my tulpe gaps   :icon_scratch: :bootyshake:  :headbang:

Guest   05:33:33 AM   Printing the topic "Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie".
« Last Edit: February 06, 2018, 05:38:09 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Geluk met jou verjaarsdag Raaitjie
« Reply #10 on: February 06, 2018, 10:00:09 AM »
'n Mens word nooit te oud om verbaas te staan nie.
Om te weet is om te verstaan.