Author Topic: 2013 toer woestyn dag 6 b  (Read 4573 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer woestyn dag 6 b
« on: August 17, 2013, 10:49:51 PM »
sowat 2,5 km noord van Grillenberger is hierdie ossewa. Lyk my hy het hier 'n papwiel gekry en is sommer net hier gelos. of die osse het gestaak of toe die man oppad na Grillenber toe is het die dorpie se mense als net so daar gelos en hom lags pad gekry toe hulle noordwaarts stap, toe los hy  ook als en stap saam noordwaarts. Wat die rede vir die ossewa se laaste staanplek hier is sal ek nie weet nie.

In elk geval hier staan hy met sy papwiele





Sowat 3 km noord van die eensame ossewa is Charlottendal, ook 'n ou myn dorpie.









Charlottendal het in 1930 'n spookdorp geword. Ek lees dat daar in die omgewing 'n griep epedemie uitgebreek het, dlak die rede dat als net so gelos is oorlat die mense dood is?

Some scientists dispute this though, saying the fact that the skeletons are intact indicate that they may be the remains of people who died in epidemics in Charlottental, which became a ghost town in 1930.

Flue epidemics struck down some 4,000 people in the area early in the century.""





selfs die kombuis goed is ook net so gelos by Holsazia, 4 km noord van Charlottendal



daar is min bou materiaal, die kraaie gebruik sommer draad ook



Naby Holsazia is 'n groot begraafplaas, ons was nie daar nie. Dit kan dlak wees van die griep epedemie dat daar so baie geraamtes is?

Daarna was dit weer oor die duine see se kant toe.





Tot ons by die skeepswrak aangekom het. Die wrak van die Eduard Bohlen

Eduard Bohlen



Die skip het seker teen 'n moewiese vaart die strand getref dat hy nou sowat 400 meter van die water af op die sand lê. Nee ek skiet 'n kaart, die woestyn het in 100 jaar so sand opgebou dat hy nou so op die ooptes weg van die water af lê.


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer woestyn dag 6 b
« Reply #1 on: August 17, 2013, 11:39:38 PM »
Pragtige fotos Stoffel! Ek sal graag rustig deur alles wil gaan vanaand. Ons krag gaan oor 'n paar minute afgesit word sodat herstelwerk aan pale ens. gedoen kan word. Dankie dat jy laat weet het hier is nuwe oogplesiere mater!!  :notworthy: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 6 b
« Reply #2 on: August 18, 2013, 08:18:13 AM »
Baie dankie vir die deel AB.  "Ek skiet 'n kaart"   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 6 b
« Reply #3 on: August 18, 2013, 09:04:56 AM »
merita dit gaan jou lank vat om in te haal maar ek weet jy gaan dit laaik.

MMM ja PM ek skiet baie kaarte maar sê dit nei altyd nie......moet soms been trek ook.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 6 b
« Reply #4 on: August 18, 2013, 11:25:26 AM »
Hierdie wa se wiele is baie breed of verbeel ek my maar?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 6 b
« Reply #5 on: August 18, 2013, 12:11:04 PM »
ek dink ook die wiele is breër as normaal.....vir bo op die sand loop en nie intrap nie.