Author Topic: Wegkruipertjie  (Read 15508 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wegkruipertjie
« Reply #15 on: September 06, 2013, 09:38:15 AM »
Ek sit in die tak net so skuins onder jou Fransi  :angel4:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #16 on: September 03, 2015, 11:14:15 PM »
Nou weet ek waar is ons geliefde lede. Hulle speel wegkruipertjie en Gawie wil nie 'leer' nie, sy wil 'speel'  :icon_biggrin: Daar is 'n sandput met 26 verveelde lettertjies wat wag....  :notworthy:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #17 on: September 04, 2015, 11:32:56 AM »
Die vrou wat die bespiegelings dat ek getroud is versprei se ek begin lei aan vergeetmyagtigheid. Ek vergeet so vinnig dat ek sommer met myself wegkruipertjie speel. My vrou se ek lei aan vergeetmyagtigheid.
Dit het voordele want ek kan my eie paaseiers wegsteek en ontmoet elke dag nuwe vriende.
My vrou se ek lei aan vergeetmyagtigheid.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #18 on: September 04, 2015, 01:28:36 PM »
Goeiste, jy het dit ernstig onderlede.  Is daar medisyne vir dit Naas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #19 on: September 04, 2015, 10:52:22 PM »
Giggel ek die hele huishouding van twee wakker  :sign10:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #20 on: September 05, 2015, 11:14:39 AM »
My vrou se ek lei aan vergeetmyagtigheid en daar issie mirreseine daarvoor nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #21 on: September 05, 2015, 02:22:27 PM »
Jy kan vreeslik kluitjies vertel.  As jy aan so 'n geweldige vergeetmyagtigheid ly, (lei? Het jy vergeet hoe om te spel?) hoe kan jy onthou waar om jouself te kry om jouself te blok?  :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #22 on: September 05, 2015, 02:43:36 PM »
Waarvan praat Mevrou dan nou?



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #23 on: September 05, 2015, 02:50:30 PM »
Ek seg jou mos!  Watter vriende?  Noem my een.  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #24 on: October 22, 2016, 04:45:14 AM »
Vandag wil ek net wegkruipertjie speel - asseblief - moet my nie kom soek nie.  Ampertjies versuie in die seepskuim hang ek toe liefs 'n witvlag en gooi kommer saam die vuilwasgoed summier weg.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #25 on: September 20, 2017, 02:45:03 PM »
Ek dink dit is tyd  om uit te kom.  Kom kom, kom staan almal in 'n ry en skree:  Hier is ek!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #26 on: October 12, 2021, 11:58:27 AM »
Sjoe dit voel soos drie maande en sestig dae wat iemand laasiets te se gehad het hier oppie forum.
Dis so erg ek drink al koffie saam met blommetjie. Daars darem niks lekkerder as 'n spuitjie warm bies in die koffie nie.
Ryk en romerig. Hulle kan maar die dorp se kappatjinoes hou. Dit kom nie naby nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #27 on: October 12, 2021, 05:16:58 PM »
Jis Assie, jy is nog jonk en sekerlik rekenaargeletterd.  As jy nou hier was kon ek lekker op die forum kuier terwyl jy al my probleme hanteer.  Dan moet jy ook hare op jou tanne hê vir 5 ure 'n dag se kragonderbreking en dan is jou internet ook nog af. 
Shoe, teen hierdie tyd van die dag is ek pootuit.  :sleepy1:
More speel ek weer wegkruipertjie as ek Oom Hannes na die ortopeet toe vat vir sy heup probleem.  Die arme ou loop nou so kruppel dit lyk of hy klippe soek om iemand te gooi.
Hy glo hy moet 'n heupvervanging kry maar ek dink dit is net sy skoen wat nie reg opgebou is nie.
Ouderdom is nie vir sissies nie hoor!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #28 on: October 12, 2021, 10:10:34 PM »
Ta PM hoef nie skuldig te voel dat die lewe gebeur nie. Ek verstaan daai ding.
Se vir Oom Hannes ek se sterkte met daai kranklikheid van die heup.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #29 on: October 12, 2021, 11:40:19 PM »
Nou-nou net deur 'n arige lys van woorde gegaan en hier lees ek Assie se kappatjinoes raak en ek weet, sulke egte praattaal-woordskatte grou jy nie meer agter elke bos uit nie.
 :hello2: :notworthy: