Author Topic: Wegkruipertjie  (Read 16707 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wegkruipertjie
« on: August 15, 2013, 02:08:29 PM »
Hulle sê agter elke suksesverhaal is 'n geheim.  Nou wil ek vir julle die geheim vertel van wegkruipertjie.  As jy wil saamspeel is dit van uiters belang om nie so ver weg te kruip dat jy nie gevind kan word nie.  Die ander sal verveeld raak om na jou te loop en soek en dan speel hulle iets anders terwyl jy iewers wegkruip.  Maak dit sin?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #1 on: August 15, 2013, 06:57:13 PM »
 :icon_scratch:
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Wegkruipertjie
« Reply #2 on: August 15, 2013, 08:24:45 PM »
is baie waar maar donkerkamertjie is baie lekkerder gewees veral as daar klomp meisies en seuns saam in die groep is.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #3 on: August 16, 2013, 06:12:00 AM »
Sommige mense wil nie opgespoor word nie. 
Is mos baie lekkerder (en hier stem ek nie saam nie) om rond te hang as om aktief te wees.
AB,  :nono:... 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #4 on: August 16, 2013, 01:05:25 PM »
Lekker lag ek nou, fluister hulle eers in mekaar so ore wie is wie of vat elke ou maar wie voorkom?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Wegkruipertjie
« Reply #5 on: August 16, 2013, 01:46:43 PM »
voor die tyd fluister jy gou vir die gril sy hoef nie bang te wees vir die donker nie, kom kruip saam met my weg......

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Wegkruipertjie
« Reply #6 on: August 16, 2013, 11:22:12 PM »
Ek het nog altyd gou verveeld geraak met speletjies. Nie lank nie of ek moet iets anders doen om my besig te hou. As ek hierdie laaste paar weke wegkruipertjie moes speel, sal ek op my wegkruipplek aan die slaap geraak het. Dan sal my maatjies maar vir my moet sê hulle wil nie meer met my speel nie.  Ek sit baie dae soos 'n kind wat moet leer terwyl sy maats buite speel. Kyk deur die venster en verlang om saam te speel, maar kan nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #7 on: August 17, 2013, 11:39:09 AM »
Lekker om jou hier raak te lees Gawie.  Hier waar ons nou is is die seine so swak ek word elke minuut afgegooi en dit is 'n pyn in die nek. 

My matertjies kruip so goed weg ek kry hulle nie.   :crybaby2:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wegkruipertjie
« Reply #8 on: August 17, 2013, 11:42:18 AM »
Ek speel soms wegkruipertjie met myself  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #9 on: August 17, 2013, 01:40:29 PM »
Ek het begin bekommerd raak!  Ek is so bly julle twiekies is geblok.   :icon_biggrin:   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Wegkruipertjie
« Reply #10 on: September 05, 2013, 08:37:13 AM »
kruip ons nou vir mekaar weg, die dat ons so stil is?

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #11 on: September 05, 2013, 08:52:53 AM »
Koeeeeeiiieeee :pottytrain5: blok myself


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #12 on: September 05, 2013, 08:54:10 AM »
Nou het jy die aan Naas.  Na wie soek jy?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #13 on: September 06, 2013, 08:52:17 AM »
Almal...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wegkruipertjie
« Reply #14 on: September 06, 2013, 09:06:03 AM »
Ek sit iewers weggesteek tussen die blare van die blok-myself-boom.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wegkruipertjie
« Reply #15 on: September 06, 2013, 09:38:15 AM »
Ek sit in die tak net so skuins onder jou Fransi  :angel4:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #16 on: September 03, 2015, 11:14:15 PM »
Nou weet ek waar is ons geliefde lede. Hulle speel wegkruipertjie en Gawie wil nie 'leer' nie, sy wil 'speel'  :icon_biggrin: Daar is 'n sandput met 26 verveelde lettertjies wat wag....  :notworthy:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #17 on: September 04, 2015, 11:32:56 AM »
Die vrou wat die bespiegelings dat ek getroud is versprei se ek begin lei aan vergeetmyagtigheid. Ek vergeet so vinnig dat ek sommer met myself wegkruipertjie speel. My vrou se ek lei aan vergeetmyagtigheid.
Dit het voordele want ek kan my eie paaseiers wegsteek en ontmoet elke dag nuwe vriende.
My vrou se ek lei aan vergeetmyagtigheid.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #18 on: September 04, 2015, 01:28:36 PM »
Goeiste, jy het dit ernstig onderlede.  Is daar medisyne vir dit Naas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #19 on: September 04, 2015, 10:52:22 PM »
Giggel ek die hele huishouding van twee wakker  :sign10:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #20 on: September 05, 2015, 11:14:39 AM »
My vrou se ek lei aan vergeetmyagtigheid en daar issie mirreseine daarvoor nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #21 on: September 05, 2015, 02:22:27 PM »
Jy kan vreeslik kluitjies vertel.  As jy aan so 'n geweldige vergeetmyagtigheid ly, (lei? Het jy vergeet hoe om te spel?) hoe kan jy onthou waar om jouself te kry om jouself te blok?  :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #22 on: September 05, 2015, 02:43:36 PM »
Waarvan praat Mevrou dan nou?



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #23 on: September 05, 2015, 02:50:30 PM »
Ek seg jou mos!  Watter vriende?  Noem my een.  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #24 on: October 22, 2016, 04:45:14 AM »
Vandag wil ek net wegkruipertjie speel - asseblief - moet my nie kom soek nie.  Ampertjies versuie in die seepskuim hang ek toe liefs 'n witvlag en gooi kommer saam die vuilwasgoed summier weg.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #25 on: September 20, 2017, 02:45:03 PM »
Ek dink dit is tyd  om uit te kom.  Kom kom, kom staan almal in 'n ry en skree:  Hier is ek!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #26 on: October 12, 2021, 11:58:27 AM »
Sjoe dit voel soos drie maande en sestig dae wat iemand laasiets te se gehad het hier oppie forum.
Dis so erg ek drink al koffie saam met blommetjie. Daars darem niks lekkerder as 'n spuitjie warm bies in die koffie nie.
Ryk en romerig. Hulle kan maar die dorp se kappatjinoes hou. Dit kom nie naby nie.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #27 on: October 12, 2021, 05:16:58 PM »
Jis Assie, jy is nog jonk en sekerlik rekenaargeletterd.  As jy nou hier was kon ek lekker op die forum kuier terwyl jy al my probleme hanteer.  Dan moet jy ook hare op jou tanne hê vir 5 ure 'n dag se kragonderbreking en dan is jou internet ook nog af. 
Shoe, teen hierdie tyd van die dag is ek pootuit.  :sleepy1:
More speel ek weer wegkruipertjie as ek Oom Hannes na die ortopeet toe vat vir sy heup probleem.  Die arme ou loop nou so kruppel dit lyk of hy klippe soek om iemand te gooi.
Hy glo hy moet 'n heupvervanging kry maar ek dink dit is net sy skoen wat nie reg opgebou is nie.
Ouderdom is nie vir sissies nie hoor!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #28 on: October 12, 2021, 10:10:34 PM »
Ta PM hoef nie skuldig te voel dat die lewe gebeur nie. Ek verstaan daai ding.
Se vir Oom Hannes ek se sterkte met daai kranklikheid van die heup.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #29 on: October 12, 2021, 11:40:19 PM »
Nou-nou net deur 'n arige lys van woorde gegaan en hier lees ek Assie se kappatjinoes raak en ek weet, sulke egte praattaal-woordskatte grou jy nie meer agter elke bos uit nie.
 :hello2: :notworthy:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #30 on: October 13, 2021, 04:57:36 AM »
Ek het al baie gewonder wat is 'n mooi afrikaanse naam vir die duur beskuimde restaurantkoffie.
Besef nou op die plaas kom die skuim en room gratis uit die uier uit terwyl die rastaurant duur masjiene nodig het vir die kusmatige vervaardiging.
Hartseer maar waar. Daar isbaie sulke voorbeelde van gratis luukses wat nou op afgebrande plase verdwyn.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #31 on: October 13, 2021, 11:48:20 AM »
Sluk ek nou swaar Naas. Net gister vertel Gawie vir my van die familieplaas wat afgebrand het en hoe die kannetjies help vuurslaan het in so mate dat sy hulle jammer gekry het en tuisskool 'n bietjie eenkant toe geskuif het sodat hulle kon rus.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #32 on: October 13, 2021, 12:21:20 PM »
En die donners wat brandsteek kom weg terwyl die aanhitsers met blosende T-hemde in die Parlement sit en slaap of skande maak.

 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: October 13, 2021, 01:36:16 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Wegkruipertjie
« Reply #33 on: October 13, 2021, 04:25:44 PM »
So waar julle. Die wat die oorsaak van al die ellende is, is die wat bakhand by n robot staan, terwyl jy hom n randjie of n eet dingetjie gee, bewerk hy die draai-rigting van die dolk in jou rug.
Die kyke deesdae na die lootery hier by ons, die kyke uit die oog van die moordenaar, die verwoester, die een wat hom die reg los gedans het by n opstoker en propaganga byeenkoms, dis hy met sy kyke, wat die vuurhoutjie trek....
Vra ek op my kniee asseblief vergewe my, dan sien ek die vlamme en voel die hitte teen my wange gloei...
Meraai, om te dink die klonge of 'klonkies' moet eers rus oor hulle so vuurslaan... die herinneringe van ons beesplaas wat afgebrand het jare toet, en later die vreeslike brande in die plantasies van die bosbou plase.... dis nooit iets wat maklik oor jou lippe kom nie...
Sê my pa destyds, die elemente is iets wat jy respek voor moet hê my kind. Vuur, water, wind, sneeu, son... moet nooit moeder natuur kwaad maak nie.
Jy maak ook nie kinders kwaad nie....as jy hom moet foeter, dan foeter jy vir hom dat hy weet hy is gefoeter, anders maak jy hom kwaad...
 n Kind wat kwaad is, verwoes alles, ook respek.
Ons speel wegkruipertjie, en soms is dit beter om langer in die donker weg te kruip, want die realiteit is soms n monster.
Maar ons is Afrikaners, en wat is ons beste karakter-trekke? Ons bou op en ons kyk op en ons beur voort.
En ons humorsin is die beste ter wêreld! Kyk nou maar vir "my f#k Marileze"... en dis maar n baaisiekel.
Ons is nou uit in die son, soek die forum se goeie geselsskap en kuier te lekker


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #34 on: October 13, 2021, 04:43:52 PM »
En Naas se SELA!

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wegkruipertjie
« Reply #35 on: October 13, 2021, 11:19:42 PM »
Liefste ou Antjie Patat, ek gee op om te probeer verstaan wat 'n persoon na sulke dade lei  :crybaby2: ons het ook die verwoesting van vure ervaar hier in Gatkantland. Ek gee ook my Sela saam met Naas op jou woorde.

Ons speel wegkruipertjie, en soms is dit beter om langer in die donker weg te kruip, want die realiteit is soms n monster.
 :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #36 on: October 14, 2021, 08:00:47 AM »
Ek hap seker ma die poep in my badwater as ek sê dat dit tyd is om saam te staan.  Verdeeldheid is 'n groot probleem. 
Ek praat nie graag politiek nie, ook nie hier op die forum nie, maar as almal wat kan stem gaan stem en slegs vir die oposisieparty, sal dit baie help.  Jou stem is geweldig belangrik, al sê elke tweede Afrikaner dat dit tog niks help nie.  Dit help!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wegkruipertjie
« Reply #37 on: October 14, 2021, 08:16:17 AM »
Kom ons kyk bietjie wat gebeur in die stemlokale. Ons maak dit eenvoudig.
Daar is tien mense wat stem. 6 stem ANC. Maw ANC kry 60% van die stemme.
Nou besluit een van die ander vier sy stem maak nie saak nie en hy gaan stem nie.
Inndie geval kry die ANC nou 6 stemme teen drie. Nou het die ANC 'n meerderheid van 66.7% van die stemme

AS JY NIE STEM NIE TEL JOU STEM VIR DIE ANC. Dis so eenvoudig soos dit...
As jy nie deelneem nie moet jy dus jou bek hou as dinge verkeerd loop.

  :icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wegkruipertjie
« Reply #38 on: October 14, 2021, 08:23:29 AM »
Dankie Naas, ek wens elke Suid Afrikaner wil dit verstaan.
Kerk en politiek!  Dit was die twee hoof onderwerpe in die huise toe ons kinders was.  Vandag weet die kinders nie eers waaroor die politiek gaan nie, en van hulle weet ook nie eers wat in die kerk aangaan nie. 
Om te weet is om te verstaan.