Author Topic: Soetsuurhoender  (Read 3504 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Soetsuurhoender
« on: August 15, 2013, 02:15:38 PM »
Almal hou nie van soetsuurhoender nie, maar ek lief dit.  Probeer gerus:

Hoenderstukke, gewas en bruin gebraai.  As jy nie baie energie het nie kan jy dit net so in 'n oondbak plaas en die volgende sous oorgooi.

Sous:

1 koppie mayonnaise
1 koppie blatjang
1 koppie tamatiesous
1 pakkie wit of bruin uie sop
1 glas wyn, as die kok wil saam drink maak dit 2 glase wyn.  (Wit wyn vir hoender maar ek het al rooiwyn ook gebruik en dit is heerlik.
knoffel en gemmer na smaak

Plaas hoenderstukke in oondbak. Meng die sousbestanddele en gooi bo-oor. Bak in die oond tot gaar.

"Eazy peezy".   :icon_biggrin:

Ella, jy kan die knoffel uitlaat!  :icon_biggrin:


« Last Edit: August 15, 2013, 02:18:29 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.