Author Topic: Maak jou eie karringmelk  (Read 51139 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Maak jou eie karringmelk
« on: August 09, 2013, 10:13:41 AM »
As jy nie karringmelk het nie kan jy gou jou eie aanmekaarslaan deur 'n houer te neem, 1 eetlepel asyn daarin te gooi en dit met melk aan te vul tot 250ml.  Gee dit 'n roer en laat staan vir 5 minute en gebruik.
 
Hoekom gebruik ons karringmelk in resepte?
Karringmelk bevat suur wat met ander bestanddele soos bakpoeier en koeksoda reageer om suurstofborreltjies te maak om die rysproses te bewerkstellig. 
Jy kan enige melk gebruik met 'n suurmiddel soos asyn, lemoensap of suurlemoensap.  Die presiese hoeveelhede maak nie regtig saak nie.  Jy kan 'n teelepel suurlemoensap gebruik instede van 'n eetlepel wat die resep voorskryf.  Wees ook maar versigtig vir te veel, dit kan jou gereg laat suur proe.  Dit is beter om die melk by die suurmiddel te voeg as andersom. 
Nog maklike plaasvervangers vir karringmelk:

Suurlemoensap
Gooi 1 eetlepel suurlemoensap in 'n 250ml maatbeker en vul aan met melk tot by die 250ml merk.  Laat die mengsel staan vir vyf tot tien minute teen kamertemperatuur en gebruik.

Gewone jogurt
Meng twee eetlepels melk met genoeg jogurt om 250ml te maak en gebruik.

Kremetart
Klits 1 koppie melk (250ml) met 3/4 tot 1 eetlepel kremetart en laat dit staan vir vyf tot tien minute.  Roer voor gebruik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Maak jou eie karringmelk
« Reply #1 on: January 21, 2018, 11:48:30 AM »
Dannnnkie! het dit nou nodig en toe ek gaan googleloer, gooi dit my hiernatoe   :icon_cheers:   :icon_cheers: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Maak jou eie karringmelk
« Reply #2 on: January 21, 2018, 11:00:36 PM »
Dankie baie baie! Ek ook gou kom loer en gaan deel (met erkenning aan my bron) by ons kuberkombuis  :notworthy: :icon_biggrin: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Maak jou eie karringmelk
« Reply #3 on: January 24, 2018, 03:10:26 PM »
Plaasvervangers het al meer as eenkeer my bas gered. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Maak jou eie karringmelk
« Reply #4 on: January 25, 2018, 10:51:00 AM »
Plaasvervanger werk darem ook nie altyd nie. Daar is net sekere goed wat oorspronklik moet bly anders werk dit nie so lekker nie.
Soos bv. Hannes... :`ip2: :icon_salut:


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Maak jou eie karringmelk
« Reply #5 on: January 28, 2018, 03:35:22 PM »
Naas, iets wat halfpad werk is beter as iets wat gladnie werk nie.     :evil6:
« Last Edit: October 03, 2021, 10:01:52 PM by Naas »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Maak jou eie karringmelk
« Reply #6 on: September 26, 2021, 09:11:53 AM »
Ek het skoon vergeet van die raad! Bak ek vir ons beskuit vir die lang toer en gryp toe radeloos maar die houer met natuurlike Griekse jogurt in plek van karringmelk wat ons cowboy dorpie natuurlik toe weer nie in voorraad gehad het nie. Dit het gewerk hoor!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Maak jou eie karringmelk
« Reply #7 on: October 03, 2021, 09:53:35 PM »
Lees ek 'n stukkie van humorsin!  Dit is werklik 'n gawe om 'n sin vir humor te hê.  Ek kan my nie indink om deur die dag te kom sonder 'n lag nie.   :pottytrain2:
 
Om te weet is om te verstaan.