Author Topic: Jogurt flatbreads  (Read 3940 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Jogurt flatbreads
« on: August 07, 2013, 09:23:32 AM »
Hier is 'n resep vir baie maklike jogurt flatbreads.

4 Koppies meel
2 & 1/4 Koppies plein jogurt
2 Eetlepels gedroogde of vars grasuie
Fyngekapte knoffel
Botter
Sout

Meng die meel, jogurt, sout en grasuie saam.  Deel die deeg in klein balletjies op.  Strooi bietjie meel op elke balletjie en rol uit met 'n koekroller.  Bak in die oond teen 180grade vir 10minute en draai dan om vir 'n verdere 7minute.  Haal uit die oond en smeer botter en knoffel bo-oor.  Sit terug in die oond totdat botter gesmelt is. 

Jy kan ook die deeg in foelie toedraai en die botter en knoffel bo-op smeer en dan op die kole laat braai vir so 15 minute, waar jy so elke nou en dan die pakkie omdraai.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jogurt flatbreads
« Reply #1 on: August 07, 2013, 01:47:28 PM »
WOW!  Jy is 'n ster, baie dankie matertjie.  Volgende keer probeer ons dit op die kole. 
Om te weet is om te verstaan.