Author Topic: Die heerlike poeding  (Read 9530 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Die heerlike poeding
« on: July 30, 2013, 11:25:02 AM »
Bestanddele:

1 Koppie meelblom
1 Koppie melk
1 Koppie suiker
1 1/2 Eetlepel asyn
1 Eetlepel appelkooskonfyt
1 Teelepel bakpoeier
1 Teelepel koeksoda
1 Eier
Sout

Sous:
1 Koppie suiker
1 Koppie melk
1/2 Koppie kookwater
125gr Botter
1 Teelepel vanieljegeursel

Klits eier en suiker saam
Voeg alle ander bestanddele by, behalwe melk
Meng alles goed en voeg dan melk by
Bak 1uur teen 180grade
Meng en kook sous.  Giet kokende sous oor poeding wanneer uit oond kom.

Bedien op met roomys of vla.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die heerlike poeding
« Reply #1 on: July 30, 2013, 01:08:57 PM »
Baie dankie Terry, nou gaan ek hierdie poeding maak vir vanaand. 

Ek het jare laas 'n gebakte poeding gemaak.  Lui by die bak, maar eerste by die pot!

Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die heerlike poeding
« Reply #2 on: July 30, 2013, 02:38:43 PM »
my pa het so baie van hierdie poedingdeeg gehou dat hy my ma eendag 'n hele mengsel laat maak het en dit toe in die yskas gebere het en elke dag, 'n week lank, lepelsvol daarvan gaan eet het.
ek dood weer oor die sous vir ander gebakte poedings met ideal melk ... daardie warm mengsel met die ideal melk, suiker en botter is amper lekkerder as kondensmelk met suurlemoensap gemeng.

 :grommit: 

adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die heerlike poeding
« Reply #3 on: July 30, 2013, 07:20:16 PM »
Oeeee...
Ek se niks verder nie.
elle

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Die heerlike poeding
« Reply #4 on: August 16, 2013, 09:22:10 AM »
Hier is 'n foto van PM wat self hierdie nagereg gemaak het.  Lyk heerlik!  Oom Hannes kon natuurlik nie ophou spog dat hy so bederf word nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die heerlike poeding
« Reply #5 on: August 16, 2013, 12:59:40 PM »
Sou dalk mooier gelyk het met 'n bietjie vla oor, maar dit is heerlik en die moeite werd om te probeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die heerlike poeding
« Reply #6 on: August 16, 2013, 06:26:44 PM »
Ek hou van gebakte poeding, veral gemmer, met sous en roomys...

Kyk na hierdie wenner by Amarula

http://freshlyblogged.co.za/recipe/pear-crumble-with-dark-chocolate-and-amarula-custard/

Sommer lekker baie, 500ml, likeur in hierdie poeding.  Sal mos heel naweek tandpyn he.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die heerlike poeding
« Reply #7 on: August 17, 2013, 12:19:04 PM »
As dit nou net nie vir my seer knie was nie!   :icon_biggrin:
Sê net vanoggend vir Hannes, as ek meer aktief was kon ek baie meer eet.  Ek sou heeldag gedraf het, so elke kilometer 'n draai by die yskas gemaak het.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.