Author Topic: Slakke en room gereg  (Read 11063 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Slakke en room gereg
« on: July 29, 2013, 03:01:54 PM »
SLAKKE EN ROOM GEREG

2 blikkies slakke in pekelwater 1 groot ui gekerf

100ml room
250g sampioene
sout na smaak of gebruik Aromat

vars gekapte knoffel na smaak

1 pakkie Pasta Sous (kaas, sampioene & knoffel geur) aangemaak soos op pakkie aangedui.

Spoel slakke baie goed af met koue water en laat dit in vars koue water lê terwyl jy die volgende doen:

Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in botter.
Meng slakke met uie en sampioene in braaipan.
Gooi aangemaakte Pasta Sauce en room by.
Gooi Aromat en sout na smaak by.
Braai alles saam vir ±15 minute.
Bedien met bruin brood.

Ek sal later 'n reseppiesneppie plaas.  
« Last Edit: July 30, 2013, 07:58:01 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Sakke en room gereg
« Reply #1 on: July 29, 2013, 06:25:33 PM »
yuuuuukkk!!!  Ek hou NIKS van slakke nie. ek het genoeg van die goed in my tuin om my mal te maak.

dit laat my dink aan die beste resep vir Karp (vis)

krap alle skibbe sorgvuldig af en haal dan die binnegoed en die kiewe uit.
gebruik n kastrol wat grootgenoeg is om die vis heel in te plaas. sit 8 koppies water in die pot tesame met 2 teelepel sout en 1 teelepel swart peper.
kry n gewone baksteen en was dit skoon en plaas dit in die kastrol. plaas dan die karp op die baksteen sodat dit nie in die water moet le nie.
voeg hierby n gekapte ui en so 3 knoffelhuisies fyngekap. die sap van een suurlemoen. bring tot kook en plaas die deksel op en laat dit stoom vir 30 min.
hierna haal jy versigtig die vis uit die kastrol en plaas dit op handdoek papier en rol dit toe in die papier.
gooi dan die vis in die asblik....en eet die baksteen
« Last Edit: July 30, 2013, 07:58:27 AM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slakke en room gereg
« Reply #2 on: July 30, 2013, 07:57:19 AM »
 :sign10: Jy het my katvis!  :icon_biggrin:  Lees ek baie aandagtig en daar kry ek my dosis lag in vir die dag.   :angel8:

Ek het gou al die hoofletters verander, skuus dat ek so geskree het.   :icon_biggrin: 

Louis, ek lief slakke as dit reg gaar gemaak word.  Eintlik eet ek net agter die room en knoffel aan.   :icon_biggrin:
« Last Edit: July 30, 2013, 08:00:46 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Slakke en room gereg
« Reply #3 on: July 30, 2013, 08:48:16 AM »
My liefde vir slakke het begin toe ek 'n klein dogtertjie was.  My pa het altyd slakke in knoffelbotter bestel en ek het net altyd die brood daarin gedoop.  Na 'n paar keer van al sy knoffelbotter opeet het my pa vir my gese ek mag nie meer sy botter eet as ek nie die slakke ook probeer nie.  Daar het my liefde vir hierdie slakkies begin.  Nou se dae het hulle soveel verskillende keuses vir slakke in restaurante maar my gunsteling bly maar ons eie tuisgemaakte resep.

Dankie PM, ons gaan hierdie een probeer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slakke en room gereg
« Reply #4 on: July 30, 2013, 09:00:19 AM »
Terry, mag ons ook julle eie tuisgemaakte reseppie deel?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Slakke en room gereg
« Reply #5 on: July 30, 2013, 09:14:01 AM »
Romerige slakke:

1 Blikkie slakke
2 Teelepels Knoffel (die reeds gekapte knoffel in houertjies smaak die beste)
1 Klein houer room
Suurlemoensap
Vars gekapte pietersielie
Swartpeper

Meng jou knoffel, room, paar druppels suurlemoensap en swartpeper saam. 
Was jou slakke deeglik.
Sit die slakke in jou slakbakkies en bedek met die room.
Bak in die oonde teen 180grade vir omtrent 15 minute.
Strooi die vars gekapte pietersielie bo-oor en bedien met bruin brood.

Jy kan ook gerasperde kaas bo-oor sit net voor dit in die oond gaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slakke en room gereg
« Reply #6 on: July 30, 2013, 10:18:42 AM »
Jy is 'n ware ou staatmaker.  Dankie Terry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Slakke en room gereg
« Reply #7 on: July 30, 2013, 07:24:52 PM »
Hou aan verby hou.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slakke en room gereg
« Reply #8 on: July 31, 2013, 11:57:17 AM »
 :sign10: Ek hou aan verby.  Wat is vir jou lekker Ellé, jou gunsteling gereg. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Slakke en room gereg
« Reply #9 on: July 31, 2013, 07:27:57 PM »
Sjoe, nie veel nie.  Sal 'n paar noem.
Hoender gebraai in die oond tot bruin en krakerig, beesstert, skaaptjoppies met mash, spek, daai ou daar in Brackenfell se wors, tjops op die kole, Thai hoender, kerrie blokkiesvleis, lekker degie-vis, calamari steaks en ringe gerooster en gebak, oond-groente gemaak met olyfolie en baie herbs, pastas kan jy maar opskep met lekker dik, stewige souse en baie kase, pizza met ekstra trekkaas, nog groente, papat so soet soos stroop met lemoenskil in, pampoen, groenboontjies met aartappel en spek en baie peper en room ingeroer, brode, alle vorms en smake en kulture s'n, baie botter, kaas, vye jam, poedings wat gemmer is, roomys, soppe van Woelies se rakke af....
Is hier nog plek vir die res? 
You get the picture?  Nou moenie vra hoekom my jeans alweer 'n zip moet kry nie.
Ek lief kos.  Daar is net 'n paar dinge wat ek nie eet nie:  slakke, knoffel, Afrika-vleis  ens ens ens,
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Slakke en room gereg
« Reply #10 on: August 01, 2013, 01:51:51 PM »
Aitsa, ek hoor hoe smak jou lippe by daardie papattas, lekker soet!  :icon_biggrin:  Ek dink in elk geval dat net Kapenaars patattas kan gaarmaak.  Myne proe nooit dieselfde nie. 
Ek eet enigiets, sodra ek dit nie self hoef gaar te maak nie.  Het net vanoggend vir Ansie vertel hoe geniet ek die kombuis en hoe heerlik dit is om huis-huis te speel. 
Om te weet is om te verstaan.