Author Topic: Prut-prut...  (Read 2895 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Prut-prut...
« on: July 28, 2013, 09:29:19 AM »
Prut-prut

Ek prut-prut
aan my mens-wees vrae…
Is ons reg
Is ons verkeerd
Sal ons ooit weet?

©Elsabe
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Prut-prut...
« Reply #1 on: July 28, 2013, 09:57:46 AM »
Prut-prut ek nou oor dieselfde dinge.   :angel4: 

Daar is 'n ander sy aan die saak:  Glo jy dat jou paadjie vir jou uitgelê is? 
'n Mooi ding wat almal al seker gehoor het is:  Jy sit agter die doek wat God borduur, al wat jy sien is die los drade en knope, eendag as daardie meesterstuk voltooi is, sal jy genooi word om voor te kom staan en die prentjie te besigtig, dan sal jy weet. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Prut-prut...
« Reply #2 on: July 28, 2013, 11:09:47 AM »
My paadjie vir my uitgele... Nee beslis nie.
Daai dag toe die mens geskape is met 'n wil van sy eie het God beheer verloor. Moes sy Seun stuur om my 'n kans te gee om vergewe te word vir al die twak besluite wat ek daarna sou maak. (PM. Die vraag verdien 'n onderwerp van sy eie onder sy eie opskrif.
Mooi geskryf vriendin. Die woordspeling van prut prut oor jou lewe is so in die kol. As 'n mens begin besef die beste deel van jou lewe is agter jou begin die prut prut van herrinneringe aan die mooi en seer van gister.
'n Leeftyd saamgevat in twee woordjies van onthou.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Prut-prut...
« Reply #3 on: July 30, 2013, 07:18:31 PM »
Meeste van die tyd maak ek die verkeerde besluite.
So, ek mors nogal baie tyd deur weer die verkeerde besluite se nagevolge reg te maak, of probeer regmaak.
Ek maak hierdie verkeerde besluite omdat ek impulsief optree.  Van nature moet dinge nou gedoen word en klaar...
 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Prut-prut...
« Reply #4 on: July 31, 2013, 11:23:50 AM »
Dit is ook my groot probleem en om sake te vererger kan ek nie dink voor ek praat nie.  Meer as dikwels kom dit wat ek bedoel ook heel anders uit as wat ek dit stel.  Lyk my ons is maar so gemaak en so laat staan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Prut-prut...
« Reply #5 on: August 09, 2013, 06:45:56 PM »
Eintlik moes ek se:
Ek prut-prut aan my menswees vrae
oor my menswees foute...
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Prut-prut...
« Reply #6 on: August 10, 2013, 10:45:23 AM »
As jy dit mooi oorskryf dan vervang ek dit vir jou met die nuwe weergawe. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Prut-prut...
« Reply #7 on: August 10, 2013, 06:03:11 PM »
Ok, maak so.
Muse, muse,,,, waar's julle girls??  Kom help gou vir Ella met 'n paar woordjies.
Ek gaan hulle fire, hulle weet dit nog net nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Prut-prut...
« Reply #8 on: August 11, 2013, 05:40:33 AM »
Myne het sommer "ge-awall"  :icon_biggrin: maar hulle sal weer hier aankom en dan is die gort gaar!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Prut-prut...
« Reply #9 on: November 26, 2015, 12:36:52 AM »
 :icon_salut: :notworthy: My hele menswees 'n prutpot vol onbeantwoorde vrae dese dae  :bootyshake: