Author Topic: Sê jy is jammer!  (Read 4629 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Sê jy is jammer!
« on: July 25, 2013, 04:53:48 AM »
Om te sê jy is jammer, beteken nie jy is verkeerd en die ander persoon reg nie. Dit beteken jy ag die waarde van die vriendskap hoër as jou ego -  en so waar as padda manel dra, dit is die waarheid. 

Gewoonlik sê ek dit, maar omdat ek skuldig is.  Hierdie week moes ek dit sê omdat ek nie 'n mooi verhouding wil laat skipbreuk ly oor my eie hardegatgeite nie.  Skuus, maar daar is nie 'n mooier Afrikaanse woord daarvoor nie. 

Laasweek sou ek nog hard teen hierdie uitlating geskop het en daar gaat staat en doen ek dit myself!
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Sê jy is jammer!
« Reply #1 on: July 25, 2013, 08:30:33 AM »
jy maak my hartjie warrrrm voel, vriendin, en deur dit nog hier te kom vertel, is die bewys van die nederigste missie in jou lewe.
ek sit met 'n baie dankbare hart hier ... het twee jaar gelede 'n krisis beleef toe ek hier begin werk het ... iemand moes sy huis ontruim , maar het geweier want nadat hy tydelik by 'n ander oord moes waarneem, is hy terug verplaas hiernatoe. dit het vir 'n rukkie wrywing veroorsaak ... maar net tot ek besef het God gee altyd beter ... want toe kry ek 'n baie beter huis hoe'r op waar ek oor die dam uitkyk ...

so het ek en Simon goeie vriende geraak en hy het baie saam met my gewerk en hulp gevra en my met tye uitgehelp ... ag, hy was regtig goed vir my soos toe ek die werk se bakkie gestamp het, het hy al die papierwerk vir my gedoen ... en toe word hy siek, bloedklont ... nierversaking ... en gisteraand is hy oorlede, sommer net dood.

en my hart is seer vir sy 6 jarige dogtertjie en sy ma se part ... maar ek is dankbaar dat hy nie met 'n wrok in sy hart teenoor my weg is nie.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sê jy is jammer!
« Reply #2 on: July 25, 2013, 08:47:25 AM »
Ek is soooo jammer Adéle.  Dit is mos nou om soos 'n familielid te verloor.  Dit lyk my regtig dit is "oestyd".  

Daardie punt wat jy genoem het oor "wrok in die hart" is nogal baie belangrik.  Ek sê mos, ons het 'n gewete en my gewete is my beste vriend in tye van voorspoed.  Dit vertel mos vir my dat ek reg is en die ander party is verkeerd.  Ongelukkig is dit so, dat wanneer die teëspoed 'n mens tref, dan draai daardie selfde gewete teen jou en kla jou kragtig aan.  Jy kan dan maar jou hare uit jou kop uit trek, dit sal niks help nie.  Sê liewers nou jy is jammer voordat jy dalk nie weer 'n kans sal kry nie.  Kyk nou hoe mooi voorbeeld het jy gegee.  

In ons Volmaan is nog 'n baie waar ding wat jy gesê het, maar ek sal dit nou moet gaan soek en kom plaas.  

Hier is dit:  Niemand is jou trane werd nie, die een wat dit werd is, sal jou nie laat huil nie.
« Last Edit: July 25, 2013, 09:00:27 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Sê jy is jammer!
« Reply #3 on: July 25, 2013, 10:39:46 AM »
soveel keer al in my lewe moes ek agterna besef: luister na wat God vir jou se'
die afgelope maande al het ek hierdie luister-gevoel teenoor Simon gehad ... hy het sommer eendag begin gesels oor sy dogtertjie wat by sy ma [haar ouma] grootword, [sy vrou wat lankal oorlede is], ek het nog geterg oor hy soveel vir haar doen en haar so bederf.

hy het eendag met trane in sy oge vir my vertel dat hy hoop om eendag weer 'n vrou te kan he' wat ook goed sal wees vir hom ... dit was nadat Eben my een oggend kom aflaai het en ek manlief met soen en omhelsing gegroet het.

en daarvanaf het ons, met ons verskillende kultuur en agtergrond, gereeld gesels oor alles en veral oor vergifnis en God se genade. ek glo hy was 'n gelowige man. hy was maar 42jr. het verlede jaar lank chemo en bestraling gekry en nou die bloedklont in sy been wat longe toe is...

dink ek nou aan sy chemo, en my skoonsus, my eerste man, my dogter, Eben, vriende op die dorp ... kanker is so deel van ons soos melaatsheid 1000de jare gelede vir hulle was.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sê jy is jammer!
« Reply #4 on: July 25, 2013, 11:30:32 AM »
Die heel ergste vir my is, dat 'n ouer 'n kind moet begrawe.  My hart bloei vir sy mamma ook.   :crybaby2:

Adéle, ek dink juis dat jammersê en vergifnis so hand aan hand loop.  Hierdie week het ek weer ervaar hoe gemeen mense kan wees, mense wat jy vertrou en altoos vir jou vertel dat hulle lief is vir jou, maar so onderduims kan optree.  Al wat 'n mens kan doen is daardie "vergewe ding", vorentoe kyk en jou kant skoon te hou.  Ek wil tog nie nog 'n ander ou se pakkie ook dra nie. 

'n Mens hoor daagliks van mense wat kanker het.  Dit is omtrent soos melaats, gelukkig word hulle toegegooi met liefde en nie in 'n spelonk weggesteek nie.  Daar is nog baie om voor dankbaar te wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Sê jy is jammer!
« Reply #5 on: August 16, 2013, 09:36:34 AM »
Die woord "jammer" is vir my soos "ek is lief vir jou".  Se dit wanneer en omdat jy dit bedoel.  Daar is niks meer waarderend as iemand jou seurgemaak het wat jammer kan se en eerlike berou wys nie.  Ek moet baie kere jammer se, maar dit is omdat ek kan erken ek is verkeerd en dadelik wil regmaak.  Partykeer gaan die wag voor my mond op 'n breek, dan is ek in die moeilikheid.  In enige verhouding wat saakmaak sal daar altyd wedersydse jammer wees, dit wys maar net daar is respek, liefde en omgee.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sê jy is jammer!
« Reply #6 on: August 17, 2013, 09:32:41 AM »
Hulle sê mos "sticks and stones can break my bones but words can't harm me", maar dit is soms ver van die waarheid af.  Mens besef nie hoe maklik jy ander met woorde kan seermaak nie en die meeste van ons bly maar net stil en sê niks.  As ek jou ooit "afknou" met woorde, sê dit vir my, want ek sal dit nie moedswillig doen nie. 
Om te weet is om te verstaan.