Ons Publiseer Saam > Boek 2 - bespreking deur almal

PM doen verslag

(1/4) > >>

PM:
Vandag is die plate gemaak vir die buiteblad.  Ons behoort die buiteblad voor die einde van die week te kry.

Breyten is besig om die boeke te druk.  Ouens, ons is oor die hond se stert. 

Ek vra vir Terry om vir ons 'n paar bladsye van die proefboek af te neem en dit op ons fb-blad te plaas. 
Die skakel sal ek hier kom plaas.

Baie dankie vir julle geduld met my.  Dankie aan almal wat net "boek-boek" moes aanhoor vir maande.  Nou weet ek nie waaroor
ek kan gesels nie.  Seker boek drie.   :icon_scratch:

Fransi:
Baie opgewonde, baie dankie!

adele:
 jippieee! ...  :hello2:   ek gaan kort-kort loer ....   :icon_study: 

 :grommit:   

PM:
Op 'n kol het ek huise verkoop en daar geleer om nie 'n beskrywing van 'n eiendom te gee nie, aangesien mense se smake verskil en iets wat vir my masief groot is, is dalk vir 'n ander klein.  Jy moenie probeer om 'n prentjie te skep nie, want dit wat ek daarvan maak en hoe 'n ander dit sien is twee uiteenlopende prentjies.  Ek wil nie beskrywings gee en prentjies skep nie, ek wil net sĂȘ, ek dink die boek lyk pragtig.   :hello2:

Angelica:
Ek voel opgewonde en tog ook bietjie senuagtig.
KANNIE MEER WAG NIE!!!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version