Author Topic: Ans se soetsuursous  (Read 4497 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ans se soetsuursous
« on: July 22, 2013, 11:03:26 AM »
Suursous om self te maak. Ek gaan nie hoeveelhede noem nie, jy moet toets tot dit vir jou reg is. Chutney (maak nie saak watter maak jy vat nie) appelkooskonfyt, asyn, pynappel, (jy kan net die sous gebruik maar is vir my lekker as jy die crushed pynappel gebruik), gemmer, en 'n bietjie sout, en water om mee te verdun. Ek is 'n kerrie mens, maar kerrie vir smaak nie kerrie vir brand nie, jy kan dan 'n telepel matige kerriepoeier bygooi. En as jy die spulletjie gemeng het proe jy dit en jy maak hom soet na smaak met bruin suiker.

En Sussa as jy lekker vet briskit (o gonna ek weet nie of daai spelling reg is nie! maar jy sal weet), het, en jy het 'n swart pot sonder pote, dan pak jy daai vleisie saam met 'n aartappeltjie daarin, en jy gooi hierdie sousie bo oor, en jy sit jou oond op 160 grade, en jy vergeet vir drie ure van daardie pot. Sorg net dat jou vleis en aartappels onder die sous le as die sous te min is gooi water by tot alles toe is. Mmmmm. Ai togggie.
Om te weet is om te verstaan.