Digkuns > Digformules of -strukture

Tetactrys Struktuur

(1/4) > >>

Naas:
Die Tetactrys gedig is geskep deur Ray Stebbing en is 'n vyf reël, altesaam 20 lettergrepige, gestruktueerde gedig-vorm. Die riglyne is eenvoudig:

Reël 1 ('n Woord met slegs een lettergreep.)

Reël 2 ('n Woord met twee lettergrepe of twee woorde met een lettergreep elk.)

Reël 3 (Drie-lettergrepige woord / of drie woorde met enkel lettergrepe.)

Reël 4 (Vier-lettergrepige woord / vier woorde met enkel lettergrepe.)

Reël 5 (Tien lettergrepe wat die gedagtes/woorde saamvat in een sin en die gedig op te som.)

Agter Skanse

Skuil
agter
bleek skanse
Verberg ons angs
Eensaam selfs tussen 'n skaar van mense

© Meraai vannie baai

Agter Skanse 2 (Dubbele Tetractys)

Skuil
agter
bleek skanse
Verberg ons angs ...
Eensaam selfs tussen 'n skaar van mense

Volg die skadu van jou menswees skugter
Kom die donker ...
brand jou lig
heelnag
deur

© Meraai vannie baai

Lugfondasies

Sterk
graniet
fondasies
die ondersteun
my lugkastele, drome soos ek groei

Groei ek soos drome, lugkastele my
Ondersteun, die
fondasies
graniet
sterk

DIE KRINGLOOP Tetractys, waar die gedig van bo na onder en van onder na bo dieselfde lees.
© Naas Breytenbach


 :icon_bigsmurf:

PM:
Dankie Naas,  ek sal gaan probeer!  Weet net nie of ek al in die rondte sal kan loop nie.   :icon_biggrin:

PM:
Oupa

Grys
bebaard
pyp in mond
lewensgekrom
sien jou nog daar sit in jou oupastoel

Dink jy ook soms nog verlangend aan my
met 'n laggie
in jou hart
... stoute
kind

PM:
en hier is sommer nog een vir die "sport"

Geluk

Geld
skatte
juwele
dis niks werd nie
Geluk is wat ek in jou liefde vind

Fransi:
 :hello:

Dit is so pragtig en het my nou gemotiveer om ook te probeer.

Bakermat:

Ek
ontkiem
omstrengel
generatief
tot lelie in die knus van jou ma-lyf.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version