Author Topic: Uit en tuis en by die huis.  (Read 10691 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Uit en tuis en by die huis.
« on: July 19, 2013, 04:45:28 PM »
Veilig terug na 10 dae heerlik in die bos.  Net 'n paar goedjies uitsorteer dan is ek weer terug op my pos.  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #1 on: July 23, 2013, 10:36:02 AM »
Bly julle is veilig tuis mater. Diekant het ons ook gisteraand vir eerste keer in agt dae in onse eie kooi gedoeks. Het gegaan om jongste te help met verhuising nadat hy Maandagoggend in 'n motorongeluk betrokke was. So tussen die gepak, omsien na twee siek kindertjies en seer spiere tel ons almal toe 'n henske griep op. Outop afgeboek tot Vrydag. En dit is iets wat nie maklik gebeur in Ausie nie. Dokkie moes hom bitter jammer gekry het :) So diekant gaan ons ook weer stillerig wees vir volgende week of so. Ek vandag eers kans gekry om gou te reageer op die gevreetboek aanmerkings ens en 74 poskoetsskatte deur te snuffel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #2 on: July 23, 2013, 10:58:00 AM »
Hulle sê mos alle goeie dinge kom tot 'n einde, maar dankie tog ook vir slegte dinge wat end kry.  Hou vir Outoppie warm en voer hom baie medlemon met whiskey in en sterk gemmertee.  Jy kan gerus ook 'n gemmerteetjie neem vir die seer spiere. 
Voorspoed en sterkte, hoop julle word gou gesond. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #3 on: August 21, 2013, 02:01:40 PM »
Dis weer sulke tyd.  Ons is by die huis, veilig.  Nie vir lank nie, want Vrydag ry ons weer vir 'n paar dae om 'n klein werkie te gaan doen. 
Hou tog styf duime vas dat ons die boeke kry voor ons ry!  Samblieftog my baas.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #4 on: August 21, 2013, 09:55:38 PM »
Bly jy slaap in jou eie bed. Laat weet my asb waar ek einde van die maand die geld vir boek  moet inbetaal voor daar nog 'n gat gebeur wat my heel insluk. 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #5 on: August 22, 2013, 12:24:54 AM »
Welkom tuis! Soos Gawie wil ekke ook myse boek en posgeldjie inbetaal voor die gattetjies alles opvriet  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #6 on: August 22, 2013, 08:40:54 AM »
Gawie, die boek se gelde word in die forum se rekening inbetaal. 
Raaitjie, ek stuur vandag vir jou die besonderhede van my FNB rekening.  Capitec doen nog nie "swift" nie. 
Dankie matertjies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #7 on: August 22, 2013, 07:12:43 PM »
Jitte...  julle moenie so galavant nie.  Petrol is duur!
Bly julle is almal tuis.
 :angel8:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #8 on: August 23, 2013, 04:47:13 AM »
Dit is maar werk Els en ons wil vir Jannas gaan kuier in NZ.  Dit is so duur.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #9 on: September 29, 2013, 04:22:26 PM »
Hier is ons nou weer, drie en 'n half duisend kilometers verder, heen en weer, uit en tuis en by die huis.

Ons het die voorreg gehad om by Adéle in te loer en is bly om te kan sê sy staan sterk en lyk nog net so pragtig soos altyd.  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #10 on: September 30, 2013, 07:31:34 AM »
Ek is bly. :-)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #11 on: October 08, 2013, 03:26:48 PM »
Hier's ek weer!   :bootyshake:
Na 'n week met baie swak opvangs en dae sonder enige opvangs het ons toe gisteraand tuis gekom.  Dit was nie lank nie of hier donder en dreun die weer en ruk die bome op op die kragdrade en gooi huise se dakke af. 
Julle kan verstaan dat ek nie 'n bietjie ongeduldig was vandag toe hier nie krag was nie.  Drieuur vanmiddag is ons krag herstel.  Uiteindelik!  Na 20 ure!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #12 on: October 08, 2013, 07:31:39 PM »
Ai. Ek is bly julle het weer krag.

Hier by ons is water maar nog steeds 'n probleem. Is seker al ses maande of langer se gesukkel- wat ek nie sal gee vir 'n warm bad nie.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #13 on: October 09, 2013, 06:21:06 AM »
 :wave:  Hallo.  Jou gemis.
Nou toe, maak die ys dat ons kan kuier.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #14 on: October 09, 2013, 08:44:18 AM »
Hier's die ys en die dop en die dam (sallie daai woord gebruik nie Fransi)  dit is 'n groot gesukkel sonder "dam".

Ek mis julle net so baie as ek nie hier kan wees nie.
 
Volgende week is dit weer ons en Beaufort Wes.  Die plek waar ons gebly het is ook weer gedeeltelik vol bespreek wat beteken die groot trek is aan die gang. 

Ek kry ook vandag die boekk se tweede druk, die ouens wat nog boeke wil hê kan maar praat. 





Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #15 on: October 09, 2013, 11:20:15 AM »
 :icon_biggrin:

Sterkte met die volgende ryery.

Daar is moontlik twee mense hier wat 'n boek wil hê, maar hulle is met vakansie, so ek dink as hulle terugkom sal ek net seker maak of hulle wel nog belangstel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Uit en tuis en by die huis.
« Reply #16 on: October 09, 2013, 11:33:27 AM »
Goed so matertjie.  Daar is geen haas by nie.   :hello:
Om te weet is om te verstaan.