Die Biblioteek > Die Konstruksiewerf

Kom help my met aanhalingstekens.

(1/3) > >>

PM:
Die verwarring het my nou goed beet vanoggend.
In Afrikaans gebruik ons "vir aanhalingstekens" en vir Engels 'slegs die enkel aanhalingstrepie.' 

Wanneer gebruik ons die "twee strepies" in Engels?

PM:
Ek het dit so verander, wie kan my help asseblief?

Ons dogter, Carina, was eens op 'n tyd ook in graad nul.  Sy was in 'n Engelse kleuterskool en gevolglik was die kersspel in Engels. 
Carina was “Angel No 1".  (moet hierdie in 'die enkel' wees?)
 
"En wie is Angel No 2?"  het ek gevra.
 
‘My friend Becky’, het sy geantwoord.
 
‘Who is mother Mary?’ was die volgende vraag.
 
'n Geskokte stilte het gevolg  en daarna 'n uitroep: ‘You should know!  She is the mother of Jesus!  He is our Saviour!’

Meraai vannie Baai:
Ek self nou verward. Sommige van ons boeke gee dit dieselfde aan as in Afrikaans en ander weer net '.....'  :icon_scratch:

Aspoestertjie:
Dit hang af waar jy Engels praat. In England is dit 'enkel' aanhalings en in Amerika is dit "dubbel" aanhalingstekens. Altwee is aanvaarbaar in Engels.
Die gebruik is om enkel aanhalingstekens te gebruik wanneer jy reeds tussen dubbel aanhalingstekens praat en jy wil nog iets aanhaal.
bv. Jan se: "Sannie het gevloek ma. Sy het 'Apteek' gese."



 :mumum:

Jeannedarc:
the English punctuation rules pertaining to quotation marks (inverted commas) are: double " when it's a quotation and when it's a quote within a quote it would be "Mary said 'I will not do this.'" thus it is " ... " for a quote and "... ' ... '" for a quote within a quote

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version