Author Topic: rooibok  (Read 3628 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
rooibok
« on: July 07, 2013, 11:45:16 AM »
Met twee jagluiperds kort op sy hakke het ’n slim rooibok oor ’n pad in die Krugerwildtuin gehardloop en deur die oop venster van ’n 4x4 gespring om te ontsnap.

Dié ratse bok se Houdini-agtige ontsnapping is deur Samantha Pittendrigh (20), ’n student aan die Universiteit van Pretoria (UP), met haar selfoon op video vasgelê.

Pittendrigh en drie vriendinne was op ’n daguitstappie in die wildtuin toe hulle naby die Nkulu-piekniekarea, sowat 20 km van Skukuza, ’n groep motors in die pad gesien het.

“Skielik was daar ’n hele trop rooibokke wat oor die pad gestorm het. Ons het nie geweet wat aangaan nie. Toe ons weer sien, kom ’n rooibok uit die bosse met die jagluiperds wat hom jaag en spring deur die bestuurder se oop venster,” het Pittendrigh gesê.

Volgens haar het een van die jagluiperds dit nie verwag nie en onder die voertuig ingegly terwyl sy makker verstom toegekyk het.

“Toe hoor ons net stemme wat skree: ‘Maak die deur oop! Maak die deur oop!’

“Hulle het die deur aan die passasierskant oopgemaak en die bok het uitgespring en weggehardloop. Die jagluiperds het aan die bestuurder se kant gewag.”

Pittendrigh het gesê die jagluiperds het nog ’n paar minute langs die pad gestaan voordat hulle stert tussen die bene die veld ingestap het.

Pittendrigh, wat in Nelspruit woon en die wildtuin gereeld saam met haar gesin besoek, het gesê sy het nog nooit so iets gesien nie.

“Dit was ongelooflik. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ons was so geskok, ons het begin lag en ons motor se vensters toegemaak omdat ons bang was die jagluiperds besluit dalk om deur ons venster te spring en ons te verslind.”

Carmen Thole (20), wat saam met Pittendrigh in die motor was, het gesê sy dink nie sy sal in haar leeftyd ooit weer wildtuin toe gaan én so iets sien nie.

“Ons was net gelukkig om op die regte plek op die regte tyd te wees.”



fotos:

http://www.beeld.com/nuus/2013-07-06-rooibok-kies-eerder-n-enjin-wat-brul#article-image-carousel

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: rooibok
« Reply #1 on: July 07, 2013, 01:23:42 PM »
Goeiste, dis moeilik om te glo, maar nou-ja, daar is die bewyse. 
Dankie vir die deel AB.  Dit is beslis op die regte tyd op die regte plek.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: rooibok
« Reply #2 on: July 07, 2013, 02:21:10 PM »
Amazingly crazy....
Kyk, ek kan aan niks anders dink, nee ek is seker daai rooibokkie het na die tyd hierdie vir die twee leeus gewys....   :thefinger:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: rooibok
« Reply #3 on: July 07, 2013, 04:49:31 PM »
Jy is baie skerp!   :sign10:  Ek sien dit al!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: rooibok
« Reply #4 on: July 07, 2013, 05:26:46 PM »
baie jare gelede het ons die storie gehoor van die Mamba wat regdeur 'n kar gespring het. smaak my die Rooibok het ook die storie gehoor. ek se nie die storie is 'n fabel nie - ek wonder maar net. as ek reg verstaan het niemand in die kar seergekry nie?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: rooibok
« Reply #5 on: July 08, 2013, 09:59:17 AM »
Dit klink vir my vergesog, nie onmoontlik nie, maar ek sou ook dink iemand moes seergekry het.  Foto's is nie altyd 'n bewys van die waarheid nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: rooibok
« Reply #6 on: July 08, 2013, 01:59:00 PM »
Die fotos van die rooibok is waar.
Saterdagaand het ons by mense gekuier en daar was baie ander mense ook. Kobus vertel toe van die studente meisie wat in die kar was waar van uit die fotos geneem is. Hy ken haar en syt vir sy kinders wat met haar pelle is vertel wat hulle gesien het. Toe gaan soek ek op google of ek iets daarvan sien en dis toe die fotos wat ek raakloop. ek het noggie gekyk of daar dlak iets op you tube is nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: rooibok
« Reply #7 on: July 08, 2013, 02:07:31 PM »
Dankie AB.  Dit sal wondelik wees, ek hoop jy spoor iets op. 
Om te weet is om te verstaan.