Author Topic: nuwe aankomeling op ons werf.  (Read 15156 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
nuwe aankomeling op ons werf.
« on: July 05, 2013, 05:48:34 PM »
EK is nogal opgewonde so in die stilligheid. Hier is 'n nuwe aankomeling op ons werf, nie 'n baba nie maar 'n ding met tande en 4 wiele....sonder spaarwiel.

van sy tipe: die eerste bygevoegde een sedert 1993 en die eerste nat nuut uit die boks sedert 1984.

Dis genade van Bo dat die plaas nog een kon aanskaf en dis die arbeids wetgewing wat gemaak het dat ek die besluit geneem het. Dis nogal heerlik om met hom te werk, genoeg krag en lekker sagte kragstuur.

Sy eerste werk gaan wees om winter lote korter te maak en in die somer sal hy somer lote tip en spuitpomp trek en druiwe kelder toe trek.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #1 on: July 06, 2013, 05:07:17 AM »
WOW!  Dit is 'n wow "babe" AB.  Baie hartlik geluk!  Ek weet dit sal die lewe vir jou gemakliker maak.
Ek sien dit is 'n John Deere.  Vertel asseblief 'n bietjie oor al daai funksies en goete.  Ek lief die kleure, dit is so vrolik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #2 on: July 06, 2013, 05:21:37 AM »
daai oranje ding vooraan met die tande is om wingerd lote te sny. dis 2 lemme wat op mekaar is en heen en weer beweeg amper soos 'n haarskeerder se lem, al verskil is al 2 lemme beweeg heen en weer. hy is eintlik gebou om in die somer groen lote wat groei se punte af te knip want soms groei die wingerd te welig dan moet ons dit in die bek ruk.
ek het gister die masjien in die wingerd ingedruk om te kyk wat hy doen met winter lote wat harder is en ja hy knip dit ook. nou wil ek dit gebruik om die winter lote net so in die helfte te knip dan is die hande werk ook al heelwat minder en makliker.
ek en buurman wil oor so jaar of 2 iets soortgelyk koop wat se lemme net baie dikker en sterker is met growwer tande. dan kan mens daarmee snoei ipv met mense hande. ons wag net dat ons genoeg wingerd het wat dit regverdig om so iets te koop. op die omblik is ons besig om bestaande wingerd so om te skakel, dit vat so 2 na 3 jaar.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #3 on: July 06, 2013, 05:31:30 AM »
Dit is voorwaar 'n handige item.  My pa se trekkers was sy trots en dit is elke dag na gebruik gepoets. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #4 on: July 06, 2013, 06:04:27 AM »
ek het die op 'n ander forum geskryf na aanleiding van 'n vraag of die trekker kan wynmaak

hy kan nie self wyn maak nie maar hy dra baie daartoe by dat ons op die ou end die vrug van die wingerdstok kan geniet. hy maak die werk in die wingerd baie minder. ek en die buurman werk so saam met mekaar se masjiene en help mekaar waar dit kan en koop soms saam masjiene. Vroeër jare het ek en hy saam 65 mense gehad om te oes, vanjaar het ons met 17 mense en een oesmasjien die oes ingesamel.
 vroeër jare het ons met 30 mense ons 2 plase gesnoei, nou met die hulep van die trekker en trimmer en 'n kompresser met lugdruk skêre doen ons dit met 15 mense en oor 'n jaar of 2 gaan ons 'n snoei masjien koop ( ons wag net om genoeg wingerd aan te pas om dit te regverdig) dan word daardie wingerd met 1 mens op die trekker gesnoei.
 gelukkig is ons oë oopgemaak met hierdie plaasarbeieder staking besigheid om uit die boks te dink en aanpassings te doen en minder op mense aangewese te wees.
 dus hy maak nie slef wyn nie maar dra baie daartoe by.

 Die trekker is in Indië gebou ( soos daar mercedes en bmw karre in suid afrika gebou word) en kos R100 000 goedkoper as die john deere trekkers wat in mexico en amerika gebou word en het geen fancy elektroniese fieterjasies aan nie. al elketries is sy ligte, starter en altanator. Die ander het klomp elektronika en pc bord, wat kan blaas as jy jump start en dan R30 000 kos om te vervang. Dis nog ou tegnologie wat goedkoop en eenvoudig is om in stand te hou.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #5 on: July 06, 2013, 06:19:51 AM »
Ek sien die 'Subject' van 'n nuwe aankomeling en ek dog dis 'n nuwe woef of iets.
Maar hierdie masjien gaan mos sommer die dinge baie makliker maak.  Ek het die dag baie geniet toe ons kon sien hoe die prosesse werk daar in die wingerde. En die kelders.  Meganiseer is die antwoord.
Ek wonder oor julle en die plaas en dinge as daardie Neusie meneer so opstook. Want lyk vir my of hy weer 'n paar rand kort om sy pampoen-land te oes. (Mos gese hy oes net 1 skorsie... Heheheeee.)
Bly veilig. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #6 on: July 06, 2013, 06:36:00 AM »
Nou verlang ek darem viskikkik vi julle!   :crybaby2:  Ek het nog druiwe in die frieskas en gaan dit dadelik uithaal sodra die son sy kop uitgesteek het en die huis oopgesluit is.  (Bly mos nog in die woonstelletjie, my eie bywoner.)   :angel4:

Dit is so jammer dat die mense nie besef dat hulle in die voet geskiet word nie, al trek hulle self die sneller. 

Die goed is ongelooflik duur en dit is goed dat jy 'n buurman het wat saamwerk.  Hoeveel opleiding het die persoon nodig wat die ferrari moet bestuur?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #7 on: July 06, 2013, 07:56:34 AM »
die belangrikste dink ek is om 'n trekker drywer te gebruik wat reeds bedrewe is om te ploeg, spuit en in ander trekker werk, dan is dit maar stadig begin en oefen en oefen.
so 2 na 4 dae heeldag met die masjien werk sal iemand bedrewe maak.

ja ongelukkig kry hulle nog nie die boodkap dat die boere meganiseer nie.
selfs in di evrugtebedryf meganiseer hulle by die pluk, trek 'n platvorm agter die trekker in di eboord wat op en af besweeg en jyt nie meer lere nodig nie, die ding gaan hidrolies op en af en op die ou end word minder as die helfte plukkers benodig.

my en die buurman se ideaal is om totaal te meganiseer en met so min as kan hande arbeid te werk. dlak net so 3 of 4 trekker drywers elke plaas waar ons vroeer jare tussen my en hom sowat 35 mense gehad het. op die oomblik is dit 13 tussen ons 2.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #8 on: July 06, 2013, 08:23:11 AM »
Een van die dae gaan jy op die stoep kan sit en die masjien met afstandbeheer self laat loop.   :icon_biggrin:  Tegnologie verbeter by die dag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #9 on: July 06, 2013, 09:08:10 AM »
Een van die dae gaan jy op die stoep kan sit en die masjien met afstandbeheer self laat loop.   :icon_biggrin:  Tegnologie verbeter by die dag. 

jy praat so. ek het al fotos gesien en prototipes van John deere trekkers wat nie 'n stuur het nie. die plaas word gekarteer met GPS en dan programeer jy die trekker en hy gan spuit self die wingerd of boorde. daar is sulke goed oppad.
ek het ook al gesien op nampo, van daai groot JD trekkers waarmee geploeg word dat die bestuurder sit sy hande agter sy kop dan ploeg die trekker, daar waar hy omdraai lig hy slef di ploeg en draai om en rig reguit en ploeg langsaan terug sonder dat die man aan enigiets vat of iets trap. hy sit net daar vir as iets fout gaan en om die proses aan die gang te sit.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #10 on: July 06, 2013, 09:18:02 AM »
Jy sal moet baie ryk wees om dit te bekostig.  Net daardie kartering gaan jou sak ruk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #11 on: July 06, 2013, 09:47:50 AM »
ja is so en daai trekkers kos vreeslik baie geld met die klomp tegnologie wat dit in het.
die een wat ek gekoop het is R160 000 en die wat naaste aan hom kom is tussen R260 en R300 000. dis net oor die een nie tegnologie in het nie. ek kry hom by absa teen prima minus 2 % as ek 25% deposito gee en oor 36 maande betaal. die trimmer het ek ook by absa gefinansier. dit help om die pyn uit te rek oor 3 jaar. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #12 on: July 06, 2013, 10:17:50 AM »
Waar is die Landbank wat veronderstel was om die boere te help?  Bestaan hulle nog?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #13 on: July 06, 2013, 10:50:42 AM »
lanbank bestaan nog maar in 2000 het ek hulle gelos, ABSA het beter aangebied. Ek dink daai tyd het landbank geld nodig gehad om die mmmmm ander nasies boere te help en ons rente het skielik duurder geraak en ek dink dit was om die agtergeblewene boere te subsidieer.
Landbank gaan ook nie minus 2% op prima gee nie. Nie dat ek absa goed praat nie ek is lekker vies vir hulle oor die hoë bankkoste maar daarmee het ek ook 'n plan gemaak om my betalings deur capitec te doen.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: nuwe aankomeling op ons werf.
« Reply #14 on: July 06, 2013, 11:23:20 AM »
Jip, ek stem.  Capitec is baie redelik met bankkostes en as jy nie oor R10.000 in jou rekening het nie, kry jy goeie rente daarop. 
Dit is skandelik om te sien wat vra banke om geld uit te leen en wat betaal hulle op beleggings.  Hoe bring 'n mens nou die twee bymekaar.
Om te weet is om te verstaan.