Ons Publiseer Saam > Boek 2 - bespreking deur almal

Proefboek

(1/2) > >>

PM:
Hannes stem saam met my dat ons nog 'n proefboek moet laat druk voordat die boek drukkers toe gaan.
Ek het baie veranderings aan die agtergrond gemaak en dit help nie ek laat dit so druk en is steeds nie gelukkig daarmee nie.
Breyten het ook die proefboek op ander kwaliteit papier gedruk en die buiteblad moet presies gemeet word met die aantal bladsye, met die regte papier.  Hy het so pas telefonies gesê dat hy dit vanmiddag vir ons sal doen. 
Ek wil ook na 'n ander bindmetode kyk.  Breyten het vir my die proefboek met draadspirale gebind om die bladsye net bymekaar te hou en ek het gevind dat dit baie makliker werk.  'n Mens kan die boek omvou.  Ek sal baie graag wil hoor wat julle daarvan dink. 

Marius:
My opinie: Spirale is uit. Dit laat die boek goedkoop lyk.

Naas:
Ek het nie se in die boek nie maar ek stem saam met Marius. Verder: Die spirale krap die tafeloppervlakte waarop dit le en die boek is juis veronderstel om 'n koffietafelboek te wees. Jy het met 'n hoe standaard in boek een begin en moet maar daarby hou.



 :icon_bigsmurf:

PM:
Dankie vir jou inset Marius.

Naas Breytenbach, jy kan so bly wees dat ek nie naby jou is nie, want ek sou jou ore rooi getrek en jou boude warm gewiks het.
Die boek is deurspek met jou werk en jy het net so groot sê as almal van ons.  Jy sal sien as jy die boek sien, jy hoef gladnie soos 'n buitestaander te voel nie.   :icon_scratch:

Vir julle ander wat nie deel is van die boek nie, ek wil graag almal se opinie hoor.  Dit is vrekken moeilik om hierdiekant van die rekenaar te sit en al die besluite moet neem.  

Die spiraal het sy voordele, veral as jy dit oopmaak en die een bladsy komplimenteer die ander een, maar nadat die boek en die buiteblaaie gedruk en gespiraal is, hou ek self  ook nie daarvan nie.  Dit sal mettertyd losskeur en ek sal dit haat met 'n passie.  Ek stem, spiraal is uit.  

Net tussen hakies, die spiraal het deesdae dik plasties om, dit sal nie 'n tafel krap nie. 

Fransi:
Ek is bly jy het teen die spiraal besluit, bloot omdat dit my om een of ander rede aan werkshandleidings, resepteboeke en Kerk laat dink. Dankie vir jou harde werk, deursettingsvermoë en gewilligheid om verskillende dinge te probeer.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version