Author Topic: Proefboek  (Read 2204 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9520
  • Gender: Female
Proefboek
« on: July 05, 2013, 08:38:41 AM »
Hannes stem saam met my dat ons nog 'n proefboek moet laat druk voordat die boek drukkers toe gaan.
Ek het baie veranderings aan die agtergrond gemaak en dit help nie ek laat dit so druk en is steeds nie gelukkig daarmee nie.
Breyten het ook die proefboek op ander kwaliteit papier gedruk en die buiteblad moet presies gemeet word met die aantal bladsye, met die regte papier.  Hy het so pas telefonies gesê dat hy dit vanmiddag vir ons sal doen. 
Ek wil ook na 'n ander bindmetode kyk.  Breyten het vir my die proefboek met draadspirale gebind om die bladsye net bymekaar te hou en ek het gevind dat dit baie makliker werk.  'n Mens kan die boek omvou.  Ek sal baie graag wil hoor wat julle daarvan dink. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Proefboek
« Reply #1 on: July 09, 2013, 02:05:44 PM »
My opinie: Spirale is uit. Dit laat die boek goedkoop lyk.

Offline Naas

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1815
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Proefboek
« Reply #2 on: July 09, 2013, 02:17:31 PM »
Ek het nie se in die boek nie maar ek stem saam met Marius. Verder: Die spirale krap die tafeloppervlakte waarop dit le en die boek is juis veronderstel om 'n koffietafelboek te wees. Jy het met 'n hoe standaard in boek een begin en moet maar daarby hou.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9520
  • Gender: Female
Re: Proefboek
« Reply #3 on: July 09, 2013, 02:55:23 PM »
Dankie vir jou inset Marius.

Naas Breytenbach, jy kan so bly wees dat ek nie naby jou is nie, want ek sou jou ore rooi getrek en jou boude warm gewiks het.
Die boek is deurspek met jou werk en jy het net so groot sê as almal van ons.  Jy sal sien as jy die boek sien, jy hoef gladnie soos 'n buitestaander te voel nie.   :icon_scratch:

Vir julle ander wat nie deel is van die boek nie, ek wil graag almal se opinie hoor.  Dit is vrekken moeilik om hierdiekant van die rekenaar te sit en al die besluite moet neem.  

Die spiraal het sy voordele, veral as jy dit oopmaak en die een bladsy komplimenteer die ander een, maar nadat die boek en die buiteblaaie gedruk en gespiraal is, hou ek self  ook nie daarvan nie.  Dit sal mettertyd losskeur en ek sal dit haat met 'n passie.  Ek stem, spiraal is uit.  

Net tussen hakies, die spiraal het deesdae dik plasties om, dit sal nie 'n tafel krap nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1278
Re: Proefboek
« Reply #4 on: July 10, 2013, 07:27:30 AM »
Ek is bly jy het teen die spiraal besluit, bloot omdat dit my om een of ander rede aan werkshandleidings, resepteboeke en Kerk laat dink. Dankie vir jou harde werk, deursettingsvermoë en gewilligheid om verskillende dinge te probeer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9520
  • Gender: Female
Re: Proefboek
« Reply #5 on: July 10, 2013, 08:02:53 AM »
Dankie Fransi.  Dit is vir my baie belangrik om julle inset te kry.  Ek sal nie kwaad word as iemand nie saam met my stem nie.  Dit is vir my baie baie belangrik dat elkeen die boek vashou en tevrede sal wees.  Ek weet ek sal dit nie 100% kan regkry nie, maar 80% sal my gelukkig maak. Glo my ek probeer my bes vir 100%.  Dit is hoekom ek vandag weer 'n proefboek laat druk.  Die kleure kom nie uit soos ek dit graag wil hê nie, as ek dit verander dan wil ek weet hoe dit sal vertoon voor ek die boek laat druk. 
10 uur vanoggend het ek 'n afspraak met nog 'n drukker wat dalk vir ons 'n beter prys kan beding.  Hou tog duime vas. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Proefboek
« Reply #6 on: July 14, 2013, 04:02:46 AM »
skiesie vir my skitter-in-awesigheid ... ai man!  DANKIE vir alles wat elkeen bydra en vir PETRA se HARDE werk  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w