Ons Publiseer Saam > Boek 2 - bespreking deur almal

Geldsake en versending

(1/2) > >>

PM:
Ek vra omverskoning aan die ouens wat nog wag vir die totale bedrag wat verskuldig is op die boek, versendingskostes ens. 

Eers moet die boek by die drukkers uitkom voordat ek bekommerd raak oor die betalings. 

Raaitjie kan nie geld oorbetaal in die forum se rekening nie.  Byt vas matertjie, ek sal so gou moontlik vir jou die rekeningnommer stuur.  Laat weet intussen vir my van watter versendingsmetode ek gebruik moet maak. 

Kan almal vir my laat weet hoe hulle die boeke wil ontvang.  Wie sal dit self laat afhaal en vir wie moet ek dit pos of koerier.  Stuur vir my per e-pos die adresse asseblief. 

 Julle het  nog tyd tot die einde van Julie om betalings te maak vir boeke wat bestel is.  As iemand nog 'n probleem het, praat asseblief met my. 
Weereens dankie aan almal wat so geduldig is met my. 

Meraai vannie Baai:
Duisend dankies matertjie. Kan jy onthou hoeveel dit laas gekos het om die boek te pos? Anders kan ek wag tot julle in NZ is, dit sal baie goedkoper wees om dit vandaar in dollars te pos na ons.

PM:
Laas het Hannes die vreeslike fout begaan om twee boeke buiteland toe, met Postnet te stuur en dit het 10 vingers gekos.  Hy het self vir sy eie foute betaal.   :icon_biggrin:
My vriendin Marie, in NZ, kom vir ons kuier en sy keer terug op die 4de Oktober.  Ek sal vir haar vra of sy die pakkie kan saam neem en vir my pos.
Indien nie, vlieg ons die 20ste November en dan doen ek dit self.  Intussen is ons dalk gelukkig om iemand van hier op te spoor wat Aussie toe vlieg en dit kan saam neem en daar pos, of so iets. 
Dit laat my dink aan my belofte aan julle dat julle boek een in die hand sal hĂȘ voor daardie kersfees.  Toe kry ek die boeke eers die 23ste Desember.
Gelukkig het die meeste ouens hulle boeke teen Kersfees gehad.  Ek het 'n vriend hier wat Kaap toe gevlieg het, 'n hele doos boeke saamgeneem het en Naas het dit by die lughawe gaan afhaal.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Met sprake van boek 3 (duime vasgehou en alles geknoop wat kan) dink ek onwillekeurig weer aan hierdie ynste geldsake en versending. Hopenlik sal daar iewers in die toekoms ook iemand wees wat via NZ die kosbare skat kan saamneem en vandaar na ons hier in Gatkantland pas  :love7: Dankie vir boek 1 en 2 se saamstel en deurdruk PM. Jy is 'n ster!

PM:
'n Mens vergeet hoeveel werk daar aan so 'n boek is.  Die werk raak ook nie klaar nie.  Kort kort kry ek navraag vir boeke, maar alles is uitverkoop.  Ek moes noudiedag die nuwe boek by die biblioteek gaan uitneem om dit aan iemand te wys. 
Wie weet hoe om 'n e-boek uit te gee, want ek dink dit is die oplossing vir baie probleme.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version