Author Topic: Bundel instesels Marius Buys n Geselsie met jou  (Read 1646 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Bundel instesels Marius Buys n Geselsie met jou
« on: July 01, 2013, 08:14:14 AM »
‘n Geselsie met jou
(vertellende gedig)

‘n Geselsie met jou
is meer pret as ‘n besoek aan die Randse Skou, walvis-kyk op Hermanus, ‘n rit op die Bloutrein, rekspring vanaf die Stormsrivierbrug, lugballon ry met sonsondergang langs die Wildekus, duik met Grootwit-haaie in Gansbaai, boerpot wen by die Lost City, die Bulle sien drieë druk op Loftus, die setperk dryf op Gary Player of om al my Lotto-kaartjie se nommers te sien op TV

of om dronk te raak op die ritme van myndansers by Gold Reef City, ‘n vroegoggend rave in Pretoria se middestad, n vlot-prossessie oppad na Tukkies se Joolplaas toe, ‘n karklank kompetisie by Zoo-lake, ‘n Metallica konsert by Centurion, die vlug van Valkiere in die Staatsteater, ‘n wilde sokkiejol by die Zillerthal hotel of ‘n nuwejaars strandpartytjie op Margate

gedeeltelik as gevolg van die lag in jou oë en die glimlagplooie om jou mond
gedeeltelik as gevolg van my liefde vir jou en jou liefde vir gesels met my
gedeeltelik as gevolg van die laatmiddag skyn van ‘n lenteson deur pers Jakaranda-bloeisels
gedeeltelik as gevolg van die geheime grappies en insigte wat ons in ander se geselskap woordeloos met mekaar deel
gedeeltelik as gevolg van die beter gelukkiger mens waarin ek verander saam met jou

is dit moeilik om te glo dat daar enige lelik in die wêreld is, enige ander méér gelukkige plek in die wêreld is en dat enige iets kan verkeerd loop, al staar ek dit vas in die gesig, wanneer ek saam met jou is

en in die luiwarm twee-uur Sondagmiddaglug op die Uniegebou se grasperk dryf ek en jy heen en weer tussen mekaar soos kleure in ‘n Monet skildery, ons asem ‘n stroom liefde wat mekaar in suurstof en klank omhul gevul met woorde van wedersydse geluk en plesier.

Kopiereg Marius Buys 2013
« Last Edit: July 09, 2013, 02:22:03 PM by Marius »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Bundel instesels Marius Buys n Geselsie met jou
« Reply #1 on: July 01, 2013, 08:31:27 AM »
Regtig besonders geskryf.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bundel instesels Marius Buys n Geselsie met jou
« Reply #2 on: July 01, 2013, 09:17:04 AM »
Hierdie gedig vertel van 'n hart wat oorvloedig gevul is met liefde.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.