Die kuierstoep > Kom kuier saam

Die Lui Leeu en die Ferrari...

(1/3) > >>

Angelica:
Oepsies in die Spreekkamer..
So moet ek gaan vir ‘n EKG, want ek is mos ‘n riskante pasient wat sommer kan neerslaan omdat vader byna ‘n half eeu gelede ‘n hartaanval gehad het.  En ek weet wat voorlê:  Trapmeul trap tot bloedsweet. 
Sit in die wagkamer en die tyd stap en ek wag.  Jammer, suster is bietjie laat.  Byne ‘n halfuur later:   In stap suster en ek herken haar as my eks se girlfriend toe my ring nog aan my vinger was. 
Heel eerste wat sy moet doen, is om reg te maak vir my toets.  Bietjie geskrik toe sy my herken en sy skarrel om dinge reg te kry en ek moet solank ontklee (tot in ‘n wit kamerjas wat altyd net halfpad pas.)  Jy moet mos strip tot op die been sodat hulle kan sien of jou hart nog klop op die regte plek.  En miskien dink hulle dat jy sal harder trap op daai fiets en treadmill om klaar te kry sodat jy jou naakheid vinniger kan bedek.  So struggle sy met KY-jellie om die goedjies vas te plak op my naakte bors(te) en wil die masjiene nie werk wat my hart moet monitor.  So smile ek net, want ek is so kalm soos ‘n lui leeu onner die bos en sy spin soos ‘n F1 Ferrari by die wegspringplek.  Sien, ons ken mekaar.  Al gesels en sulke dinge.  Lank voor hierdie oggend. 
Sy kry nie die plakkers geplak nie.  Seker te veel jellie of dalk wil die gewete-selle in die brein haar nie laat los nie.  Eers is die verkeerde plakkers op die regte plek en toe is die regte plakkers op die verkeerde plek.  Mens raak mos verbokkereerd as jy skielik voor die lui leeu staan.  Maar ek trap maar die trapmeul en die fietsie terwyl ek myself moet maan om tot op die laaste trap kalm te bly en sy spin dat die rook draai.  Sy het moed opgegee met die strook papier wat die masjientjie uitspoeg en ek was later dik vir trap voor hierdie vrou wat nie weet wat sy doen. 
Was ook nie lekker om so voor die Ferrari te staan nie.  Nee alla wêreld , dat ons twee nou so ‘n wedersiens moes deurmaak.  Ek weet nie wie van ons twee die slegste daarvan afgekom het:  Ek wat nakend voor ‘die ander vrou’ moes staan of sy wat moes struggle met haar gewete..
Nodeloos om te vertel, ek moes maar die EKG gaan oordoen, Dr was nie tevrede.  Gelukkig was die Ferrari nie weer by die wegspringplek.

©Elsabe

PM:
Hierdie titel het my al aan die lag gehad voor ek begin lees het.  Dat dit niks is om oor te lag nie staan soos 'n paal bo water, maar jou sin vir humor slaan pragtig deur.  Dankie vir die deel Els.  Ek glo nie ek sou die moed gehad het om voort te gaan met die toets nie.  Sou bewusteloos gepleit het.   :icon_biggrin:

Jeannedarc:
MFS maar as dit nou ek was wat voor die ferrari te staan gekom het, dan het ek my naaktheid ten volle tot my voordeel gebruik. maar miskien was dit juis jou naaktheid ge-kombineer met wie jy is wat die Ferrari soos 'n omgekeerde tor laat optree het

PM:
Lag ek nou baie onvroulik.   :sign10:  Ek sien jou al daar staan Natalie.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Weet nie wanneer laas ek 'n griffel so geniet het nie. Ampertjies het ek dit gemis, was dit nie vir die gas wat jou woordskepping kom 'print' het nie  :book1:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version