Author Topic: Die Lui Leeu en die Ferrari...  (Read 4105 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Die Lui Leeu en die Ferrari...
« on: June 30, 2013, 06:53:41 PM »
Oepsies in die Spreekkamer..
So moet ek gaan vir ‘n EKG, want ek is mos ‘n riskante pasient wat sommer kan neerslaan omdat vader byna ‘n half eeu gelede ‘n hartaanval gehad het.  En ek weet wat voorlê:  Trapmeul trap tot bloedsweet. 
Sit in die wagkamer en die tyd stap en ek wag.  Jammer, suster is bietjie laat.  Byne ‘n halfuur later:   In stap suster en ek herken haar as my eks se girlfriend toe my ring nog aan my vinger was. 
Heel eerste wat sy moet doen, is om reg te maak vir my toets.  Bietjie geskrik toe sy my herken en sy skarrel om dinge reg te kry en ek moet solank ontklee (tot in ‘n wit kamerjas wat altyd net halfpad pas.)  Jy moet mos strip tot op die been sodat hulle kan sien of jou hart nog klop op die regte plek.  En miskien dink hulle dat jy sal harder trap op daai fiets en treadmill om klaar te kry sodat jy jou naakheid vinniger kan bedek.  So struggle sy met KY-jellie om die goedjies vas te plak op my naakte bors(te) en wil die masjiene nie werk wat my hart moet monitor.  So smile ek net, want ek is so kalm soos ‘n lui leeu onner die bos en sy spin soos ‘n F1 Ferrari by die wegspringplek.  Sien, ons ken mekaar.  Al gesels en sulke dinge.  Lank voor hierdie oggend. 
Sy kry nie die plakkers geplak nie.  Seker te veel jellie of dalk wil die gewete-selle in die brein haar nie laat los nie.  Eers is die verkeerde plakkers op die regte plek en toe is die regte plakkers op die verkeerde plek.  Mens raak mos verbokkereerd as jy skielik voor die lui leeu staan.  Maar ek trap maar die trapmeul en die fietsie terwyl ek myself moet maan om tot op die laaste trap kalm te bly en sy spin dat die rook draai.  Sy het moed opgegee met die strook papier wat die masjientjie uitspoeg en ek was later dik vir trap voor hierdie vrou wat nie weet wat sy doen. 
Was ook nie lekker om so voor die Ferrari te staan nie.  Nee alla wêreld , dat ons twee nou so ‘n wedersiens moes deurmaak.  Ek weet nie wie van ons twee die slegste daarvan afgekom het:  Ek wat nakend voor ‘die ander vrou’ moes staan of sy wat moes struggle met haar gewete..
Nodeloos om te vertel, ek moes maar die EKG gaan oordoen, Dr was nie tevrede.  Gelukkig was die Ferrari nie weer by die wegspringplek.

©Elsabe
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #1 on: July 01, 2013, 07:29:10 AM »
Hierdie titel het my al aan die lag gehad voor ek begin lees het.  Dat dit niks is om oor te lag nie staan soos 'n paal bo water, maar jou sin vir humor slaan pragtig deur.  Dankie vir die deel Els.  Ek glo nie ek sou die moed gehad het om voort te gaan met die toets nie.  Sou bewusteloos gepleit het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #2 on: July 03, 2013, 09:18:21 AM »
MFS maar as dit nou ek was wat voor die ferrari te staan gekom het, dan het ek my naaktheid ten volle tot my voordeel gebruik. maar miskien was dit juis jou naaktheid ge-kombineer met wie jy is wat die Ferrari soos 'n omgekeerde tor laat optree het

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #3 on: July 03, 2013, 09:32:39 AM »
Lag ek nou baie onvroulik.   :sign10:  Ek sien jou al daar staan Natalie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #4 on: May 24, 2018, 05:51:28 AM »
Weet nie wanneer laas ek 'n griffel so geniet het nie. Ampertjies het ek dit gemis, was dit nie vir die gas wat jou woordskepping kom 'print' het nie  :book1:
« Last Edit: May 24, 2018, 05:53:16 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #5 on: May 24, 2018, 10:23:45 AM »
Dis nou een smaaklike lekseltjie omweer te lees.
Dit laat my so baie aan eie ervarings dink. Die trap van daai fiets. Ek is fiks genoeg om my dagtaak te doen, hoekom nog onnodig fiets trap.
Was hoeka gister by die gim. Was so moeg nadat ek die motordeur oopgemaak het dat ek maar weer toegeklap en huis toe gegaan het. Genoeg is genoeg. As ek regtig lus kry vir oefening gaan le ek tot die gevoel verdwyn.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #6 on: May 24, 2018, 12:53:38 PM »
Ek sit by die werk, loer so af en toe om my kop skoon te kry. Sien, hier is soveel "vibes" en drama en dinge dat ek verlede week besluit het ek is nou gatvol vir sommige dinge wat aan my toegedig word, soos vals beskuldigings ens ens (lees sommer 'lieg'-stories)

so giggel ek ook nou soos in skaterlag hiervoor. En Naas, so week of drie gelede moes 'n vriend wat ek bystaan, by 'n mooi fisio-meisie gaan fietstrap na sy knievervanging. En so sê sy vir hom Meneer, trap nou daai fiets agtertoe ....

 :toothy4: :icon_biggrin: :toothy4: mense, soos hy later vertel, skiet daai pyn van sy knie tot by sy kroontjie, deur sulke hol plekke in sy liggaam dat hy amper van die fiets af val, en vir wat, wou hy toe weet. Wie het nou al ooit op 'n trapfiets op die pad agteruit gery?
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #7 on: May 24, 2018, 01:34:50 PM »
Vriend van my en my broer lieg so dat hy homself glo. Sy varkies is nie almal op hok nie en die wat wel nog daar is ly aan malkoeisiekte.
So kom kuier hy nou die dag by my broer.
(hy kom nie meer by my nie want my vrou het eendag vir hom gese '"nou lieg jy mos")
Hy dra kortroek.
My broer let op dat sy bene bababoutjieglad geskeer is en hy is gewoonlik nogal harig.
En nou Grootlieg? Hoekom is jou bene so glad?
Nee, seg die ou, ek het begin fietsry.
Nou waar ry jy fiets, dis darem te gevaarlik op die paaie met die taxies.
Nee, ek ry sommer op die oefenfiets by die gim.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #8 on: May 24, 2018, 10:39:22 PM »
Skielik is daar soggens vir my ook 'n ietsie te lese tussen julle saamkuierlyne, begin my dag met die wydste glimlag.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #9 on: May 27, 2018, 12:29:39 PM »
Dit is een van die lekker dinge van die forum, om terug te kom en weer op dieselfde plek te kuier.  So seg ek welkom en skink vir elkeen wat hier aandoen 'n lekker glasie wyn.  Tjorts!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #10 on: April 24, 2019, 01:28:47 AM »
Van vooraf gelees en in oorgawe geniet. Dankie weereens Ellie  :icon_biggrin: :book1: :icon_salut:

My oog vang die wysers en besef dit effe vroeg diekant vir daardie aangebode glasie van PM en oor sy so swygsaam is deesdae voel ek net so tikkie en 'n titsel minder skuldig dat ek eers later weer sal kom inloer as dit wyntyd is diekant van die aardbol  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #11 on: May 05, 2019, 02:08:49 AM »
Enige tyd is wyntyd!   :evil6:   Dit maak nie saak waar nie, maar iewers op die aardbol is dit wyntyd, drink net saam.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #12 on: May 05, 2019, 09:34:48 AM »
Iewers het die vliegtuig al oorgekom hahahahaha. Nou ja. Ek hou my glasie en sit die lee koffiebeker neer  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Lui Leeu en die Ferrari...
« Reply #13 on: May 10, 2019, 05:01:39 PM »
Mooi so, 'n mens kan nie net op koffie leef nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.