Author Topic: Plaasvervanger vir Seks...  (Read 32460 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Plaasvervanger vir Seks...
« on: June 30, 2013, 06:50:12 PM »

Sit ek Saterdag so en lees in die BY dat ‘hulle’ sê  nà ouderdom 40 word kos ‘n goeie plaasvervanger vir seks….  Sê ‘hulle’ ook dat dit seker die rede is waarom SA mans deesdae so gemaklik is in die kombuis.
‘Hulle’ sê niks van vroue bo 40 nie.  Maar dan, ek sal ook nie kon saampraat nie, want ek is nog nie 40 nie.
Moet sê:  Mans wêreldwyd bo selfs 35 is beter kokke as dames.
(Ek koes.)
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #1 on: July 01, 2013, 08:59:18 AM »
Hê-hê, jy koes.  My manne is ook bedrewe kokke en dit maak die lewe soveel makliker vir ons vroue. 
Dinge het regtig baie verander vandat ek 'n kinders was.  'n Man het buite gewerk en vroulief moes sorg vir alles binne en die kinders.  Deesdae se pappas help met bad en voed en kosmaak. Dit is 'n fees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #2 on: July 01, 2013, 07:00:42 PM »

Sit ek Saterdag so en lees in die BY dat ‘hulle’ sê  nà ouderdom 40 word kos ‘n goeie plaasvervanger vir seks…. 


ggmmmfff gelukkig het ek nog nie 'n plaasvervanger nie, is nog jonk getroud.  seker die dat ek nie in die kombuis goed is nie. ek dek darem soms tafel en ek dek amper elke keer af na ete en soms pak ek ook die skottelgoedmasjien en soms pak ek dit uit ook.

ja ek bak soms eiers en kan darem steak, vis, tjops en wors braai maar dis nie in die kebys nie maar in die braaikamer. wat ek wel maak in die kebys en soms in die braikamer, 'n heerlike seekos gereg op die gasbrander en so groot braai plaat.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #3 on: July 03, 2013, 08:38:44 AM »
Dan moet dit die rede wees oor hoekom jy so graag kosmaak as jy op toer is AB.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #4 on: July 03, 2013, 09:09:26 AM »
Mmm, eating a very rare (very rare translates to almost raw) steak is very satisfying ... but it can never be a substitute for sex, passionate and orgasmic. Us girls invented the "head-ache" and all sorts of other excuses for not having sex so I guess food also does make a good excuse. and the best is this food excuse is unisex. Ek moet se dat ek al ver verby die 40 merk is en ek skat dat as mens 60 push, dan is fantasmagoriese kos baaaie meer aantreklik dan sex. Oee hoe ruik ek nou daardie ongaar fillet in roosmaryn en knoffel

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #5 on: July 03, 2013, 09:39:59 AM »
Ek het gewonder wat sal volgende keer, as jy weer kom kuier, op die spyskaart wees, nou weet ek, ongaar fillet in roosmaryn en knoffel.  Dankie tog, manlief kan kosmaak.   :icon_biggrin:

Oupa (dit is nou my vriendin {Marie} se pa,) wat Desember 97 word, ja, ek het nie die syfers omgedraai nie,  97 en hy sê kos was nog nooit so aantreklik vir hom nie.   :icon_biggrin:  Stoute Oupatjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #6 on: July 03, 2013, 06:28:44 PM »
Dan moet dit die rede wees oor hoekom jy so graag kosmaak as jy op toer is AB.   :icon_biggrin:

Is oorlat daar nie sex op toer is nie aangesien die vrou nie saamgaan nie.


Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #7 on: July 03, 2013, 09:14:06 PM »
hierdie klink nou ampers soos die doppers ... of is dit nou die hervormers: hulle beweer dat sex sonde is want dit gee aanleiding tot dans en in die geval moet die toer sonde wees want dit gee nie aanleiding tot sex nie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #8 on: July 03, 2013, 11:44:47 PM »
 :icon_biggrin:  Nee wag, ek hou my liewers uit kerksake, want ek verstaan nie veel daarvan nie.  Vir my moet dit so werk:
Ons gaan eet uit, drink 'n romantiese botteltjie rooiwyn, geniet 'n heerlike maaltyd, verdrink in mekaar se arms tuis en more word jy wakker met die voëltjies se gefluit in jou ore.   Wat op dees aarde het dit met kosmaak of kerk te doen!    :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #9 on: July 04, 2013, 07:17:50 AM »
:icon_biggrin:  Nee wag, ek hou my liewers uit kerksake, want ek verstaan nie veel daarvan nie.  Vir my moet dit so werk:
Ons gaan eet uit, drink 'n romantiese botteltjie rooiwyn, geniet 'n heerlike maaltyd, verdrink in mekaar se arms tuis en more word jy wakker met die voëltjies se gefluit in jou ore.   Wat op dees aarde het dit met kosmaak of kerk te doen!    :icon_biggrin:

....mmmmm...het wel als met drank en sex te doen   :evil6:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #10 on: July 04, 2013, 05:45:47 PM »
Wat, sou julle dink, het 'hulle' bedoel toe 'hulle' beweer het dat kos / kook 'n plaasvervanger vir seks by al hoe meer manlike 40jr plussers is?
Ek hou my maar stupid en trek net skouers op....  :dontknow:
As jy in ag neem dat die land tot byna stilstand kom as Kokkedoor, of enige kook program op is, dan kan ons aanneem dat geboorte-getalle gaan afneem hier so na 2014 se kant. Siende dat ook al hoe meer mans daarna kyk.
Miskien moet ons begin TV's uitdeel aan die massas.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #11 on: July 04, 2013, 10:43:57 PM »
Wat, sou julle dink, het 'hulle' bedoel toe 'hulle' beweer het dat kos / kook 'n plaasvervanger vir seks by al hoe meer manlike 40jr plussers is?


ek dink ek kan jou antwoord, maar ek sal eers die antwoord mooi oordink, hiers kinders op die forum ook.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #12 on: July 05, 2013, 06:09:22 AM »
Nee wat AB, ek dink nie hier lees kinders nie en indien dit wel die geval mag wees sal hulle sommer self gou vir ons die antwoord gee. 

 :icon_biggrin:  Elle, dit klink na 'n briljante oplossing. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #13 on: July 05, 2013, 07:24:26 AM »
Nee wat AB, ek dink nie hier lees kinders nie en indien dit wel die geval mag wees sal hulle sommer self gou vir ons die antwoord gee. 
 
ek dink nie die kinders sal in die geval vir ons die antwoord kan gee nie want hulle is nog nie 40+ nie. ek moes die antwoord self gaan soek het en gelukkig en genadig is daar tegnologie wat kan help.
sal later as ek kans kry, dlak deur die dag of dlak oor die naweek die antwoord gee. dit kan i lang antwoord wees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Plaasvervanger vir Seks...
« Reply #14 on: July 05, 2013, 07:49:25 AM »
Nou toe, ek parkeer my stoeltjie net hier voor die deur.   :wave:  :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.