Author Topic: met die maat waarmee ek meet...  (Read 2238 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
met die maat waarmee ek meet...
« on: June 28, 2013, 11:15:48 AM »
met die maat waarmee ek meet...

ek stap saam met my skaduwee
deur ’n graanland met korrels
spekvet in golwende ryp are,
hoor Christus se glimlag-gesels
met sy vriende-volgelinge,
Hy het hulle liefgehad…
en deur Sy pyngevulde lippe
hoor ek ook sy vergifnis
aan ’n gebroke sondaar
tussen spykers en splinters

trane spoel al my woorde
van berou silwerskoon
soos helder bergstrome
die warmte van ’n atleet afkoel,
maar vir my sielsverlossing
smeek ek vir U genade Heer
om nooit te oordeel oor ander
wie my en my kinders
se bestaan wil verkrag en vermoor,
ek wil ook vra, vergewe hul
want vir vergifnis pleit ek
tot eelte vorm op my eie knieë

 :grommit:  
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: met die maat waarmee ek meet...
« Reply #1 on: June 28, 2013, 11:39:00 AM »
Ek hou van die gedig se titel Adéle,  mooi geskryf matertjie.
Om te weet is om te verstaan.