Author Topic: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm  (Read 10871 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #15 on: January 16, 2018, 07:25:06 AM »
Giggel ek nou vir die prentjie wat die woorde by my oproep. Wou eintlik huil maar ek het besluit die jaar lewe ek positief   :headbang: :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #16 on: January 16, 2018, 03:50:09 PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #17 on: January 16, 2018, 05:50:41 PM »
Die vorige inskrywing het ek gedoen toe die forum "gebreek" was.  AndrĂ© het opgradering gedoen, maar alles is nou weer honkey dorey.  (Is dit hoe mens dit spel?) 

Pragtig vir jou positiewe uitkyk.  Jammer sustertjie, ek het dit met 'n tong in die kies geskryf.  Dit is jou beurt om met 'n wurmpie te antwoord!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #18 on: January 16, 2018, 10:48:38 PM »
Gesiggie-gedig van jou "Agtergeblewenis"  :notworthy:

   :wave:
 
   :icon_scratch:

 :crybaby2:

Verlaat
Verlore
Verdrietig

(Honkie dorie dalk as spelling?)

*ek dink 'n mens sal met die gesiggies nogals 'n verskeidenheid van uiteensettings kry as 'n paar ouens saamspeel. Met elkeen se eie woorde onderaan is dit mos 'n dubbeldoor-drie-woord-wurm  :book1:

PM, die hartseer woorde van jou is ook so gepas op my sus se huidige stryd met die groot K. Dit het my inderhaas laat skarrel en grawe na inligting oor die direkte (newe?) effekte van chemoterapie op die menslike liggaam. Daar was drie treffende woorde wat oral opgeduik het en as ek my eie Afrikaanse woorde byvoeg lyk dit so:

 :crybaby2:

Cut
Poison
Burn

Versnipper
Vergiftig
Verbrand

 :crybaby2: 


« Last Edit: January 16, 2018, 11:12:25 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #19 on: January 17, 2018, 09:36:39 AM »
Honkie dorie. 
Ag, daar werk my gatseggies nie meer nie.  Hulle is soos flikkerligte. Wie kan help?
Die groot K is 'n bitter pil om te sluk.  Al is jy "skoon" dan hang daardie swaard nog steeds oor jou kop. 
Sterkte vir julle my sustertjie. 
Jy kan gerus jou navorsing met ons deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #20 on: January 17, 2018, 11:24:53 AM »
Julle is deur dit en ek weet jy verstaan. So het Naas en Adele ook al die kruispaaie van die lewe moes 'face'.

Besig op die oomblik om al die inligting waarop ek my tien vingers kon kry, te deurkruis om seker te maak dat dit geloofwaardig en deeglik nagevors is liefste mater.  Wat agter die groot farmaseutiese verskaffers se deure aangaan is soms so skokkend dat mens amper jou geloof in die mediese beroep wil verloor tot jy weer 'n liggie sien skyn. Al wat ek het op die oomblik is hoe my sus was voor behandeling en haar fisiese agteruitgaan na die tweede chemoterapie behandeling. Haar eerlike antwoorde op my vrae en natuurlik die vertroue wat sy het in haar onkologiese span spesialiste.
« Last Edit: January 17, 2018, 12:19:52 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #21 on: January 18, 2018, 07:44:07 PM »
farmaseutiese verskaffers

Ek is baie bitter, dalk moet niemand nou na my luister nie, maar werklik, vir my beteken dit net n groot geldmaakstorie en dit is al!
Ek weet van medikasie wat van die mark afgehaal is omdat dit werk!
Ek weet van mense wat deur hel is met chemoterapie en dit het niks, net mooi niks gehelp nie.

Ek wag in spanning vir jou antwoorde matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #22 on: January 18, 2018, 11:44:56 PM »
Ek gaan hulle bring mater. Glo my vry. Twee van my eie bronne is tans in die proses van behandeling en so betroubaar as wat kan kom. Dit is skokkend verby hoe 'n mens uitgebuit word sniksniksnik  :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #23 on: January 24, 2018, 03:29:57 PM »
Jy kan gerus 'n nuwe onderwerp begin sodra jou inligting beskikbaar is matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #24 on: January 24, 2018, 10:19:03 PM »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #25 on: September 06, 2021, 07:54:34 AM »
Dwaal
verder
verdwaal

Going
going
gone

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #26 on: September 06, 2021, 08:49:21 AM »
en waar gaan jy heen Assie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #27 on: September 06, 2021, 09:30:22 AM »
Ek verdwaal hier in die stil gange rond.

 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dubbeldoor-Drie-Woord-Wurm
« Reply #28 on: September 06, 2021, 09:32:52 AM »
Luister net mooi, jy sal gou die geraas hoor.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.