Author Topic: Nuwe lede  (Read 14105 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Nuwe lede
« on: May 31, 2011, 08:13:47 AM »
Goeie more,   :love7:  ek deel 'n stukkie inligting met julle.   Ons kry nou tot 30 aansoeke per dag om by die forum aan te sluit.  Tot ek bloos as ek die name sien.  Dit neem my die helfte van die dag om almal af te keer en te ban,  maar dit help niks.  Ten einde laaste het ek besluit dat die beste manier om dit uit te skakel, is,  as iemand wat wil aansluit, 'n epos stuur aan

     bestuur@afrikaanseforum.co.za

om gekeur te word.  Om die aansoeker self te registreer het ek slegs sy naam,  eposadres,  sleutelwoord  (password) en kort briefie nodig, om te sê wie hy/sy is, of as een van julle hom/haar voorstel met die nodige inligting, doen ek dit graag.  Sodra die persoon dan sy profielblad opstel kan hy/sy die sleutelwoord verander. 
Ek glo dat julle ook nie 'n klomp lieplappers hier wil hê nie.  Dit help ook nie ons het 'n ledetal van 1000 en dit is net skimme nie.  Wie stem saam?

Help my ook asseblief om 'n tydperk vas te stel vir lede wat langer as "'n sekere tyd"  geen bydraes gemaak het nie,  te verwyder. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Nuwe lede
« Reply #1 on: May 31, 2011, 09:06:32 AM »
Dit is reg soos jy daar se. Mense wat na twee maande (60 dae) nog geen bydrae gelewer het nie wil nie regtig hier wees nie. Hulle kan maar as gaste kom lees.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Nuwe lede
« Reply #2 on: June 10, 2011, 05:11:20 PM »
Ek wil regtig hierwees! Ek moet julle gelukwens met hierdie forum, en ook die mate van kontrole.  Ek het 'n hele ruk gelede hier kom loer, gedink dit lyk nice, maar was versigtig agv verlede gebeure. Toe ek weer kom loer en sien die kontrole toegepas, was ek gerus en oorgehaal om weer 'n kuber gemeenskap te betree. Geluk julle!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Nuwe lede
« Reply #3 on: June 11, 2011, 07:42:47 AM »
En ek is hiper opreg as ek se dat ek baie aan jou gedink het. Ek dink hulle noem dit verlang.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Nuwe lede
« Reply #4 on: June 11, 2011, 09:12:09 AM »
Baie dankie, Naas. Wedersyds het ek julle gemis. Ek sukkel vanmore met sein hier. Probeer al 2 ure reply. Wil graag kom deel hier. Sien daar is klaar 'n plekkie vir my, moet net die sente gaan oordra.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe lede
« Reply #5 on: June 11, 2011, 08:36:00 PM »
Baie dankie Edelsteentjie.  Komende van jou is dit 'n mooi kompliment en ons waardeer dit opreg.  Jy mag maar jou plekkie solank gebruik,  die sente kan maar later kom.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Nuwe lede
« Reply #6 on: June 11, 2011, 09:04:09 PM »
Ja nee, moenie laat verlore sente in jou pad staan om kreatief te raak nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Oubaas

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 10
  • Gender: Male
  • 'n Gewillige donkie vir Jesus Web: http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0
    • Oppie Koffie Gemeenskap
Re: Nuwe lede
« Reply #7 on: June 12, 2011, 02:37:42 PM »
Ek myself besit 'n webtuiste. Dis niks snaaks as mense 150 tot 180 dae afwesig is nie. Moenie mense blindelings penaliseer net omdat hul nie gereeld besoek afle nie. Vra maar vir Stof onder watse omstandighede ek lewe, dan sal julle verstaan hoekom ekself nie baie gereeld kan opkom nie. Seenwense.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe lede
« Reply #8 on: June 13, 2011, 04:27:07 AM »
Welkom Oubaas   :hello2:  welkom. 

Stof het al verduidelik en ons verstaan dat almal nie ewe gereeld op die forum kan kuier nie.  My besorgdheid lê daarin dat mense aansluit maar nie deelneem nie.  Ek het nie 'n pyn met iemand wat net so nou en dan saam gesels nie,  die pyn lê in "nog nooit" saam gesels nie.   :icon_biggrin:   

Iewers moet tog 'n probleem wees.  Weet hulle nie hoe werk die program nie?  Indien dit die rede is sou ek baie graag in 'n e-possie verduidelik hoe. 

Die ouens lag vir my as ek sê dat hier al 400 lede is, (net in naam) maar net 10 deelnemers.   :dontknow:
Dit is ook nie lekker as iemand se plekkie leeg is nie.  Gooi tog 'n briefie en laat weet as daar probleme is,  ons kan dit altyd opklaar.  Ek het ook almal se hulp nodig om die forum te bou.  Bring voorstelle en sê waar is plek vir verbetering. 

Die ouens wat van selfone af werk kan gerus ook kom saam gesels.  Ek is nie op hoogte met die gebruik daarvan nie en as daar iets is wat ons kan verander om sake vir hulle makliker te maak wil ons graag help. 

 :love7:

 :bootyshake:   (Hierdie is die uwe ekke wat die forumdans doen  :icon_biggrin: )



Om te weet is om te verstaan.

Offline Oubaas

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 10
  • Gender: Male
  • 'n Gewillige donkie vir Jesus Web: http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0
    • Oppie Koffie Gemeenskap
Re: Nuwe lede
« Reply #9 on: June 13, 2011, 08:26:24 PM »
Hehe. Geen probleem. Ek sal soos ek tyd kry voorstelle maak. Ek het redelike maklike toegang tot die blad met my selfoon met operamini 'browser'. My probleem is op die oomblik dat ek 'n sonkrag laaier gebruik om my foon se battery te herlaai en met die flou winterson werk die ding nie te lekker nie. Jy kan gerus by my bladsy 'n draai gooi. Daar is nogal 'n paar koddige ikone wat jy ook kan leen as jy wil. Ons ondervind net tans 'n probleem met die bediener.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Nuwe lede
« Reply #10 on: June 14, 2011, 06:40:52 AM »
Ek het my bediener afgedank. Hy't te min sout in my poeding gegooi.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe lede
« Reply #11 on: June 14, 2011, 09:27:58 AM »
 :icon_biggrin:  Naas, myne gooi nou weer te veel suiker in.   :icon_biggrin:

Baie dankie Oubaas.  Ons is nou met vakansie en sal die 24ste terug wees.  Ons gaan nou verder en ek weet nie of ek weer sal toegang hê tot die internet voor dan nie.  Sodra ek toegang het sal ek gaan loer. 
Naas sal die fort hou. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Oubaas

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 10
  • Gender: Male
  • 'n Gewillige donkie vir Jesus Web: http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0
    • Oppie Koffie Gemeenskap
Re: Nuwe lede
« Reply #12 on: June 14, 2011, 09:25:19 PM »
Jy is meer as welkom @ PM. Hoop jy hou lekker vankansie. Bring asb. net vir ons bietjie hitte saam terug. lol @ Naas. Wel lyk of my bediener kasterolie ingekry het. Hy is tot op hede nog gladnie lekker nie.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Nuwe lede
« Reply #13 on: June 15, 2011, 08:10:51 AM »
 :hello:

Ek luister/lees gewoonlik (weet nie altyd wat om te sê nie) en ongelukkig kan ek nie hier nie-verbaal gebruik om te wys dat ek luister nie, maar ek geniet dit hier. So as ek stil raak en lyk asof ek wegraak, roep asseblief net my naam en ek sal wel probeer dink aan iets om te sê. :-)


Edelsteentjie

  • Guest
Re: Nuwe lede
« Reply #14 on: June 15, 2011, 09:14:36 AM »
Ek vind dit besonder stil hier. Glo dis dalk maar omdat lady speaker (PM) dalk met verlof is? Ek is sleg siek met griep. Kan nie onthou dat griep my al ooit so siek laat voel het nie.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Nuwe lede
« Reply #15 on: June 15, 2011, 09:17:44 AM »
 :hello:

Sterkte Edelsteentjie, ek hoop jy voel gou beter.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe lede
« Reply #16 on: June 16, 2011, 01:24:59 PM »
Hier sit lady  speaker   :icon_biggrin:  nou buite in die winterwind en kuier,  dit is al waar ek opvangs het.   :sign10:  Ek blaf al klaar vir almal wat verby stap.   :icon_biggrin:

Dit is "lekker" koud hier hoor.  Die see is vol wit-maanhaar-perde en hulle raas en blaas!   :icon_biggrin:  Ek sal nou moet ingaan, want die reënwolke hang laag.  Kom nou-nou weer kuier.   :love7:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nuwe lede
« Reply #17 on: June 20, 2011, 03:07:59 AM »
:book1: Kom ek hier aan, al hygende en blasende. Het gou so paar bydraes gaan lewer waar ek kon en my tone krul om van plesier oor al die strukture wat nog uitdagend op ons wag  :toothy4:  PM en Naas ekke lig my hoed en knak die rumatiekknieg. Welgedaan die forum is een waarby ek met trots my woordontbyt sal wil kom nuttig!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nuwe lede
« Reply #18 on: June 20, 2011, 11:52:51 AM »
Hartlik welkom en baie dankie vir die mooi kompliment Raaitjie.  Ek sleep ook my stoeltjie nader om aan al die woorddisse wat jy kom voorsit te smul.  Dit is 'n voorreg om jou hier te hê!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.