Author Topic: Boekbestellings vir boek 2  (Read 19360 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #30 on: July 05, 2013, 06:30:38 AM »
Die boek se naam is nou Volmaan Vonkelwyn & Vers.  Ek het dit ook met Louis bespreek en hy sê die volgorde maak nie saak nie. 
Louis, kom sê weer wat jy gesê het van romanse ens.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #31 on: July 05, 2013, 08:18:14 AM »
Die boek is baie duur, ek besef dit, maar dit is 'n pragtige boek en die prys is nog baie baie redelik as 'n mens dit vergelyk met soortgelyke boeke op die rakke. 
Julle het grasie tot die einde van Julie om nog te betaal vir boeke wat julle bestel.  As iemand 'n probleem het, praat asseblief met my. 


Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #32 on: July 05, 2013, 09:12:05 AM »
PM, ek persoonlik dink nie dit is baie duur nie.  Ek het net onlangs vir my 'n dagboek gekoop en R200 betaal.  Dit is net 'n klein, gewone ou dagboekie wat in my handsak kan inpas. 

Volmaan Vonkelwyn & Vers is absoluut elke randjie werd.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #33 on: July 05, 2013, 09:56:09 AM »
Dit is so Terry.  Boeke se pryse het werklik baie duur geword.  Wat die drukkostes ook baie be-invloed is die metode.  As ons nou almal saam 250 boeke kon koop, sou die prys baie goedkoper wees.  Lithodruk is baie goedkoper as digitaledruk, maar dan kan 'n mens nie minder as 250 boeke laat druk nie.  (Dit is te sê as jy baie lank op jou kniegies staan en hard soebat, want gewoonlik wil niemand minder as 500 boeke of omslae met lithodruk doen nie.)

Kyk na hierdie kwotasie wat ek vir boek een gekry het in 2010:

Deliveries: Packed in cartons on pallets delivered to one address in Cape Town.
Price: VAT Incl.VAT@14%
500 Copies   @ R216.06 per copy =  R123,154.20
700 Copies   @ R163.92 per copy =  R130,808.16
1000 Copies @ R124.82 per copy = R142,294.80
100 run on   @ R33.57 per copy  = R3,826.98
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #34 on: July 07, 2013, 07:50:12 AM »
PM, kan jy vir my 'n boek na 'n koper in Centurion stuur of moet ek dit self stuur nadat ek dit bestel en ontvang het?
Dis net dat dit so 'n laaaang ompad sal wees voor die boek sy leplek op 'n koffietafel in Centurion kry.
Dan ook, die bankbesonderhede van die inbetalings vir boek2.... is dit die besonderhede wat ons alreeds het? (By my sal dit 'n Babelse verwarring veroorsaak.)
Is die R450 wat op die FB-blad aangedui word, genoeg vir 'n boek + posgeld?

Ella het moet maar altyd met 'n lepeltjie gevoer word.  Bietjie kort ontvang in die snap-afdeling, sien.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #35 on: July 07, 2013, 09:52:22 AM »
Jy Elle, ook al die ander skrywers wat deel was van die boek, of wie se werk in die boek is, kry die boek teen kosprys.  Dit is R380.00 per boek en julle kan soveel bestel as wat julle wil teen daardie prys en julle betaal jul eie posgeld.  
Dit geld ook vir mense wat toestemming verleen het, wie se werk ek as agtergrond gebruik het.

Ek verkoop my boeke teen R450.00 per boek.  Julle kan julle boeke op jul webtuistes adverteer teen die prys wat julle voel goed is vir julle.  

As julle later nog boeke wil bestel, hef ek R50.00 per bestelling.  Dit sal my kostes dek om nog boeke te laat druk, af te haal en te versend.  Julle sal nog steeds die posgeld self moet betaal.    

My oudste,  Gerhard, woon in Centurion, langs Zwarkop gholfbaan langs die R101 of die "ou Johannesburg/Pretoria" pad.  Ek sal boeke by hom los vir mense wat dit daar wil afhaal.  Alternatief sal ek dit direk aan daardie persoon pos.  

Ons moet met mekaar praat.  As julle weet van iemand wat teen die tyd wat die boeke gereed sal wees, in julle rigting ry, kan ons altyd 'n "geleentheid" af soebat.   :icon_biggrin:  
Ons kan dalk ook 'n bestemming in die Kaap kies, waar al die boeke kan land, (vir die ouens wat in die Kaap woon) om sodoende kostes te spaar.

Bring voorstelle asseblief.  

Die bankbesonderhede is nog presies dieselfde en dit is op die forum.  Ek gaan dit gou haal en hier kom plaas.  

Die bankbesonderhede van die Forum is soos volg:
Die Afr Forum
Capitec Bank
Tak 470010
Rekeningnommer: 1259004501
Gebruik jou gebruikersnaam op die forum as verwyssing.
« Last Edit: July 07, 2013, 09:54:16 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #36 on: July 07, 2013, 02:42:00 PM »
Dankie PM.
By die tyd dat die boeke gereed is (Einde van Julie??), sal ek op my FB blad en sommige vriende van my FB blad vra om te vra vir 'n geleentheid tot hier in die Kaap. Sal doen wat ek kan.
Sal ook vir Benita (in Centurion) vra of dit vir haar moontlik is om die boek af te haal.  Is Gerhard beskikbaar na-ure en naweke?  Indien wel, moet die twee maar 'n reeling maak vir die afhaal van die boek.  Indien nie, moet die boek na haar Posbus gestuur word.
Sal laat weet.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #37 on: July 07, 2013, 04:39:51 PM »
Hy sal sekerlik beskikbaar wees, sy moet net met hom 'n tyd ooreenkom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #38 on: September 02, 2013, 09:26:30 AM »
Els, die boek is by Gerhard, Benita kan dit daar gaan afhaal. 
Is dit moontlik dat ek Naas se twee boeke en Willa se een boek ook kan saam stuur na jou adres toe?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #39 on: September 02, 2013, 06:36:45 PM »
Dankie vir Benita se boek by Gerhard. Sal haar laat weet.  Sal Benita se sel no vir jou gee sodat jy dit vir Gerhard kan gee sodat hulle met mekaar in verbinding kan kom...
Ek wil ook he dat jy vir my moet in kennis stel wanneer jy die inbetaling daarvoor ontvang.  Ook indien nie binne die volgende week.
Yip, gooi daai klomp boeke bymekaar.  Dis nou:
Ella - 2 (1 x No1 en 1 x No2)
Lewies - 1
Willa - 1
Nasie - 2
As jy dit optel, kom dit op die Totaal van 6.   :icon_biggrin:

Laat die wiele sing.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Boekbestellings vir boek 2
« Reply #40 on: September 03, 2013, 08:53:12 AM »
Oepsie, dan het jy 'n spaar boek as Lewies net een boek wil hê.  Soos ek jou ken gaan dit gou 'n nuwe baas kry. 

Ek het vanoggend met Benita gepraat en sy sal met Gerhard reel om die boek af te haal.  Baie dankie vir al jou moeite.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.