Author Topic: hande  (Read 2844 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
hande
« on: June 20, 2013, 09:21:01 AM »
DIE HANDE MET DIE MERKE

n Jong man het aansoek gedoen vir n bestuurspos by n groot
maatskappy. Hy het die eerste onderhoud suksesvol afgele, en daar was
n opvolg onderhoud gereel sodat hy die direkteur van die maatskappy
kon ontmoet.

Deur sy CV het die direkteur gesien dan die jong man se akademiese
prestasies van uitstekende gehalte was.

Die direkteur het na die jong man gekyk en vir hom gevra: "Het jy
enige beurse gehad waarmee jy gestudeer het?" en die jong man het
geantwoord : "Nee"

"Was dit jou vader wat al jou studie geld betaal het"

"Nee," se die jong man weer, "My vader is oorlede toe ek een jaar oud
was, dit was my moeder wat vir al my studies betaal het."

" Waar het jou moeder gewerk?"

"My moeder het ander mense se klere gewas "

Die direkteur vra toe die jong man om sy hande vir hom te wys. Die
jong man het sy hande uitgesteek en verbaas na die direkteur gekyk.
Wat sou sy hande met die onderhoud te doen he. Die direkteur het na
die jong man se hande gekyk, hulle was glad en perfek versorg.

" Het jy ooit jou moeder gehelp om die wasgoed te was?"

"Nooit, my moeder wou altyd he ek moet lees, en studeer, en buitendien
kan my moeder wasgoed baie vinniger en skoner was as wat ek ooit kon
droom om dit te doen."

Die direkteur se toe vir die jong man, "Ek wil he jy moet huis toe
gaan vandag, en dan moet jy jou moeder se hande met room smeer, en dan
sien ek jou weer moreoggend hier"

Die jong man het gevoel hy kan dalk die werk kry, en hy is huis toe om
vir sy moeder te vertel van die onderhoud. Toe hy later by haar sit,
se hy vir sy moeder hy wil graag haar hande room smeer. Vir die moeder
was dit n snaakse versoek, maar met gemengde gevoelens het sy die
buisie room na hom toe uitgehou, en toe haar hande uitgesteek na hom
toe.

Die jong man het sy moeder se hande in syne geneem, en toe begin die
trane oor haar hande rol, vir die eerste keer in sy lewe het hy gesien
hoe vol plooi, en eelte sy moeder se hande was. Plek plek was die
hande oopgebars, en het sy ineengetrek toe hy dit saggies met room
begin invryf.

Dit was die eerste keer dat die jong man besef het dat daardie paar
hande wat soveel bondels wasgoed gewas het, vir sy studiegeld betaal
het. In ysige winter koue, en stomende somer hitte, het sy onverpoosd
gewerk. Daardie vereelte hande het sy toekoms rooskleurig geverf.
Daardie stukkende hande het gesorg vir n uitstekende geleerdheid.

Na hy sy moeder se hande goed gesmeer het, het hy die volgende bondel
wasgoed opgetel en stil stil daarmee verdwyn om dit vir haar te gaan
was.

Daardie aand het moeder en seun tot baie laat gesels.

Die volgende dag het die jong man weer aangemeld by die direkteur vir
sy onderhoud.

Hy het gesien die trane sit nog baie vlak in die jong man se oe. "Het
jy toe gedoen wat ek vir jou gese het?" het hy gevra.

"Ja, ek het my moeder se hande room gevryf, en toe het ek die res van
die wasgoed vir haar gewas. Ek het nou eers besef dat ek nooit
waardering gehad het, vir dit was sy al die jare vir my gedoen het
nie. Sonder haar sou ek nie vandag vir hierdie pos kon aansoek doen
nie. En toe ek gister daardie vreeslike bondel wasgoed was, toe voel
dit asof my skouers wil afskeur. Toe besef ek eers hoe groot haar
opoffering was al die jare.

"Die pos is joune, eers as iemand waardering en dankbaarheid kan
betoon, is hy gereed vir so n pos.

Kyk vandag om jou rond, daar is baie mense wat baie opgeoffer het in
die lewe om ons te gee wat ons vandag het.

En dan is daar n Hemelse Vader wat alles opgeoffer het, sodat ek en jy
nie nodig het om gestraf te word vir al ons verkeerde dade nie. Kyk na
Sy Hande vandag, Hulle dra die merke van hoe Hy vir ons gely het, hoe
Sy liefde ons straf gedra het.
Het ons al vir Hom die nodige dank en waardering gewys vir die merke
op Sy Hande?

Kom ons maak hierdie dag anders, Kom ons wys waardering aan al ons
geliefdes, en kom ons wys dankbaarheid en waardering aan ons Hemelse
Vader wat so mooi na ons kyk. Sonder Sy opoffering sou ons lewens baie
anders verloop het.
 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: hande
« Reply #1 on: June 21, 2013, 06:45:36 AM »
Dit is werklik 'n pragstuk om te lees.  Dankie vir die deel AB.  Dit is so dat baie mense om ons opofferings maak om die lewe vir ons beter te maak, maar ons let nie daarop nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: hande
« Reply #2 on: June 21, 2013, 01:14:44 PM »
Werklik woorde wat 'n mens se hart raak en met nuwe oë na die mense rondom jou laat kyk. Pragtig.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: hande
« Reply #3 on: June 22, 2013, 08:22:13 AM »
Dankie vir die deel, AB.
Waardering en Dankbaarheid...
Ek sien daagliks hoe mense deur die lewe gaan sonder om vir 'n oomblik te dink dat wat hulle ontvang, suiwer genade is.
elle