Author Topic: Kom ons praat PIESANGS  (Read 25487 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #15 on: June 21, 2013, 07:06:23 AM »
 :icon_biggrin:  Nee Ella'tjie, ek hou van die goeie sin vir humor.   :icon_biggrin: 

Al wat ek van piesangs af weet is dat dit goed is om nagapies mee te lok.   :icon_biggrin:
Vrugtevlermuise is ook mal daaroor en kwêvogels en o ja, museljaatkatte!  Glo my vry! Ek het bewyse. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #16 on: June 23, 2013, 08:40:13 AM »
Nog ietsie oor PIESANGS... en aarbeie en room.
More begin die taai stryd om die Wimbledon tenniskampioenne.
Hier is 'n paar interessante feite oor Wimbledon a la Die Huisgenoot:

HUIDIGE MANSKAMPIOEN:  Roger Federer
HUIDIGE VROUEKAMPIOEN: Serena Williams.
SKARE:  484 805 - Soveel mense het die toernooi verlede jaar bygewoon.
   :wav:
PRYSGELD:  R24m - Mans- en Dameskampioen.
PIESANGS:   23 000 - Soveel piesangs eet die spelers.  (Dis 'n moeviese klomp piesangs om te verorber deur 'n paar spelers binne 'n tydperk van byna twee weke.  Geen wonder sommige van hulle kry gietergat.)
AARBEIE:  28 000kg - Soveel aarbeie word tydens die toernooi deur die skares ge-eet.  (Ook 'n moeviese klomp aarbeie en room.  Dink net hoeveel aflewerings van die gesogte lekkerny daagliks gedoen word...)
:tongue8:
SJAMPANJE:  25 000 - Soveel bottels borrelvoggies word weggeslaan.  (Kan die mense nog huistoe ry na 'n wedstryd?)
BIER:  - 100 000 -  Glase bier word geskink.  (Hoeveel liters is dit? Wil jy suip of wil jy tennis kyk?)
 :occasion14:
En dan kom die KOFFIE en TEE by - 300 000 koppies.  
GRAS:  1 Ton 100% roggrassaad word elke jaar vir die bane gebruik en die gras word daagliks gesny tot net 8mm lengte.

Die van ons wat kan en belangstel gaan weereens vasgenael sit voor die kassie.

« Last Edit: June 23, 2013, 08:42:19 AM by Angelica »
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #17 on: June 23, 2013, 10:41:40 AM »
as ons nou op die tv die tennis kyk mag ons ook soos die toeskouers daar aarbeie en room en bier en sjampanje en al daai lekker goed in oormaat geniet?


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #18 on: June 23, 2013, 03:21:20 PM »
Ons het verlede week tussen rye en rye piesangboorde gery en elke tros het 'n sak oor.  Wie kan vir my sê hoekom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #19 on: June 23, 2013, 05:43:30 PM »
AB, jy mag maar.  Moet net nie daarna huistoe ry nie.  Bly liewer oor.
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #20 on: June 23, 2013, 05:55:13 PM »
Ons het verlede week tussen rye en rye piesangboorde gery en elke tros het 'n sak oor.  Wie kan vir my sê hoekom. 

Geperforeerde piesangsakke geïmpregneer
met stadig vrystellende chlorpirifos vir die
beheer van blaaspootjies, platmyt en die
piesangtrosmotkompleks in piesangs.

Werkingswyse:
Die aktiewe bestanddeel van PYRITILENE ® BLUE, chlorpirifos, het ‘n gasaksie. Die gas
word stadig oor ‘n periode van tyd vrygestel en beheer sodoende die plae wat in die geslote
atmosfeer van die sak om die tros voorkom. Beheer van plae kan vir ongeveer 14 weke
verwag word nadat die PYRITILENE ® BLUE sakke oor die piesangtros geplaas is.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Sny ongeveer 1,2 m van die PYRITILENE ® BLUE rol af en plaas dit oor die piesangtros
nadat die blomskutblaar verwyder is. Hou die tros bedek totdat dit gereed is vir oes.
Let wel: Die gebruik van plastieksakke kan ‘n toename in rooispinmytpopulasies tot gevolg
hê in bedekte piesangtrosse. Bespuit die piesangs met ‘n geregistreerde aanbevole mytdoder
om die plaag te beheer indien nodig.

Insekplae beheer:
Piesangblaaspootjie (Hercinothrip bicinctus)
Blomblaaspootjie (Thrips exelycomis)
Platmyt (Brevipalpus californicus)
Larwale stadiums van die volgende motte:
Cryptobiabes gridiella
Lobesia sericta en Anatrachyntis riley

http://www.masa.co.za/~masacoz1/images/stories/pdf/label/pyritileneblue.pdf

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #21 on: June 24, 2013, 10:27:44 AM »
Ek het die inligting geniet. Dankbaar lig ek die hoed Stoffel!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #22 on: June 24, 2013, 02:32:07 PM »
Die antwoord is om die tros teen koue te beskerm.   :sign10:    :violent1: Grappie!

Dankie vir die inligting AB, ek het geweet jy ken die antwoord. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #23 on: June 26, 2013, 05:44:47 AM »
ja is so, mens moet die tros beskerm anders kom daar probleme.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #24 on: June 26, 2013, 08:13:17 AM »
 :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #25 on: June 26, 2013, 04:29:39 PM »
SKARE:  484 805 - Soveel mense het die toernooi verlede jaar bygewoon.
  
SJAMPANJE:  25 000 - Soveel bottels borrelvoggies word weggeslaan.  (Kan die mense nog huistoe ry na 'n wedstryd?)

Die van ons wat kan en belangstel gaan weereens vasgenael sit voor die kassie.

beteken 19 bottels sjampanje vir elke persoon ... hoeveel dae duur die toernooi?

indien dit twee weke is ... dws een plus 'n derde bottel per persoon per dag... is ek nou reg? dan kom die bier nog by ...

dis van die min tye wat ek my TV stel amper mis.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #26 on: June 26, 2013, 07:40:24 PM »
Adele,  mos se ek ook daai ding.
Kyk hierdie skares ooit tennis?  Of volg hulle net die balletjie van links, na regs, links, regs..... 
En al daai PIESANGS wat die spelers opeet!!
Ek dink daardie inligting is bietjie opgeblaas.
elle

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom ons praat PIESANGS
« Reply #27 on: June 28, 2013, 10:18:03 AM »
PIESANGS word nie in die huis genoem nie ...
ons eet dit stilletjies terwyl Theo by die skool is ....
nagmerrie land is kalm in vergelyking met wat die huishouding deur gaan as Theo piesangs gevaar ...

ons laat dit maar net daar
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w