Author Topic: Dagsé liewe maters  (Read 19641 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #30 on: June 10, 2011, 05:05:04 PM »
En na groot gesokkel is ek ook weer oppie ef empie! Groot gewag vir my pasboek, ek meen password. Ek beplan om sommer lekker bydraes te kom maak uit die wye verskeidenheid hier. Gaan eers alles mooi uitkyk. Voel soos 'n kind voor 'n lekkergoed toonbank. :hello2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #31 on: June 11, 2011, 07:41:16 AM »
My hart pomp opreg chocklit om jou hier te lees en ek kannie wag vir jou bydraes nie.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #32 on: June 11, 2011, 08:31:48 PM »
Dankie Gawie,  dit was 'n groot voorreg en 'n baie groot lekkerkry om saam te kuier.

Hartlik welkom Edelsteentjie.  Ek vra weer mooi skuus vir die vertraging,  gelukkig is jy nou hier en ek kan ook nie wag vir jou plasings nie.  Sal so nou en dan probeer inglip om te kom loer.

Ons het vandag die wynplaaskruip gedoen!  Olywe en kaas ge-eet asof dit uit die mode gaan,  maar dit was heerlik heerlik.

Psst Naas,  kan ek my emmertjie kom hou vir van daai tjoklits? 
Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #33 on: June 12, 2011, 08:57:40 AM »
Dinge het ook sowaar niks verander nie. PM is steeds 'n professionele vakansieganger!  :sign10:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #34 on: June 12, 2011, 09:11:23 AM »
 :icon_biggrin:  Sit jy 'n lekker smaailtjie om my mond!  Dinge het effens verander.  Ons is nou die laaste jaar heerlik in 'n nuwe baie ou huisie in Annlin.  Dit is 'n fees om nie kort-kort te pak en te trek nie.  Alhoewel ons die pragtigste vriende in die Transvaal het,  mis ons hierdie Kapenaars vir 'n vale! 

Jy het seker ook raakgelees dat onse meisiekind nou terug is in SA!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #35 on: August 17, 2011, 06:21:34 PM »
Ek is so jammer ek was so lank nie hier gewees nie. maar my hart was maar swart. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.  Ek sal weer een of ander tydjie kom inloer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #36 on: August 18, 2011, 06:03:29 AM »
Welkom matertjie, ek was bekommerd oor jou.  Bly om te sien jy is nou weer hier.  Al die onnies werk hulle nou eers weer flenters met eksamens wat voor die deur is nê.
Voorspoed vir julle, maar maak tog 'n tydjie vir ons ook asseblief.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.