Author Topic: Dagsé liewe maters  (Read 19102 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Dagsé liewe maters
« on: May 30, 2011, 12:45:18 PM »
Goeie more almal van julle matertjies.  Ek wil hoor hoe was julle naweek en of almal vars en fris voel vir die week.

Ons was baie besig met pak en intrek en mooimaak van Meisiekind se huis,  kosmaak en saam kuier wat skrik vir niks nie.  Hoop julle het ook 'n heerlike naweek agter die blad. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #1 on: May 30, 2011, 12:56:04 PM »
My naweek was seker te lekker. Op pad Dr toe met borspyne. Moet seker weer ipikonners wees.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #2 on: May 30, 2011, 01:27:08 PM »
Naas,,,, laat ek nou hoor, en jy vertel niks..... ek sal mos moeilikheid maak!

PM dis lekker, hoop julle het elke oomblik geniet, maar nie dit ooreis nie.   :love7: Dis tog te lekker om so huis te skrop! Wens ek het die geld gehad dan het ek al my goed verkoop en nuwes gekoop en weer van voor pophuis gespeel  :hello2: Toemaar het al uitgevind, daar is geen genesing nie!  :icon_biggrin:

o ja die vraag was hoe was my naweek???? Is dit dan al verby....o gits, dis nou 'n probleem!  :dontknow:
Ek was nog nie klaar met hom nie.

 :angel12:

Offline Mel

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 8
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #3 on: May 30, 2011, 01:40:16 PM »
My naweek was bietjie pynlik ... Ek het my eerste ink gekry!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #4 on: May 30, 2011, 03:30:32 PM »
Ai ai,  Mel,  dan kan ons uitsien na woordwerke!   :hello2:

Ja Trappies!  Dis laaaankal verby!  Goeie more!   :icon_biggrin:
Die hartseer van jou goed verkoop is dat jy dit vir 'n appel en 'n eie moet weggee en ten duurste vir nuwes moet betaal. 

Naas,  ek sal jou 'n knypie later bel om vas te stel of alles in orde is.   :dontknow: 

Ek is bly julle het julle naweek geniet.  Stof is besig om die CD's te sny en ek hoor net so nou en dan almal se stemme deurslaan!  Groot pret!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Karin

  • Suigeling
  • Posts: 13
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #5 on: May 30, 2011, 04:16:29 PM »
My naweek was skitterend! Tweede ouma wat 90 geword het. Ons het lekker gekuier en gelag saam met al die ooms, tannies, niggies en nefies. Ek is werklik bevoorreg om so 'n wonderlike groot familie te hê.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #6 on: May 30, 2011, 09:43:37 PM »
Ag wonderlik.  Dit is 'n voorreg om een ouma te hê met so 'n hoë ouderdom,  wat te praat nog van twee!
Heerlik om jou hier raak te lees,  ons mis jou. 

Jou CD van anneraand se lekker saamkuier is gereed om afgehaal te word.  Dit wag vir jou en ek ook!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #7 on: May 31, 2011, 08:00:19 AM »
Borspyne nog nie weg nie maar die dokter se daar's niks om oor bekommerd te wees nie, as ek nie gou doodgaan nie sal ek nog so 'n rukkie vertoef.
Dis maar net spanning en hy het so 'n paar chill-pille voorgeskryf. Het vanoggend die eerste een gedrink en gee al klaar nie om dat die week nog vier dae het nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #8 on: May 31, 2011, 08:12:54 AM »
Goeie more,  ek hoop julle sal almal vandag 'n heerlike vredevolle dag beleef.  Naas sê die dokter sê as hy nie gou doodgaan nie,  gaan hy nog lank lewe.   :icon_biggrin:  Ek vertrou laasgenoemde sal seëvier!   :icon_cheers:

 :love7:

 :bootyshake:

En daar hoor julle dit nou uit die perd se bek!  Skryf ons twee so saam-saam!   :icon_biggrin:

Dankie dat jy laat weet Naas,  ons hou duime vas dat alles goed gaan met jou. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #9 on: May 31, 2011, 10:22:21 AM »
Dis goeie nuus Naas!  :love7:

 :angel12:

Ps: die dokter ken van, hy weet van, hy gee van daai lekker pilletjies.  :toothy4:

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #10 on: May 31, 2011, 01:59:42 PM »
Is die pilletjies vloeibaar of is dit in tabletvorm?

Dis goed om te weet jy gaan nog so lank hou dat ons gaan nog 'n groot makiete op jou 120e verjaardag hou.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #11 on: May 31, 2011, 05:37:36 PM »
Nee o mapstieks Stof, so oud wil ek ook nie word nie. Hoe dink jy gaan my vrou teen daai tyd lyk?




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #12 on: May 31, 2011, 05:46:56 PM »
Nog net so mooi soos sy gelyk het toe jy die eerste keer haar raak gesien het...... :love7:

Kyk julle sal my nie glo nie, ek sit nog by die werk. My se motortjie het besluit ons gaan nie huis toe vandag nie. My baas en klaas en sus het gestoot en gestoot en gestoot, maar sy wil niks weet nie. Ons het haar 'n skokkie ook gegee, maar sy is so
 'n donkie...

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #13 on: June 01, 2011, 05:09:27 AM »
Wag, laat ek dit liewers uitvee,  nou-nou verban julle my!   :icon_biggrin:

Dit is nou net na vyf Trappies,  teen hierdie tyd slaap jy seker al rustig.  Dit is mos die lekkerste slapie,  net voor die wekker lui!  Of is dit die vyf minute daarna?

Ek tel nou die slapies voordat ons ry.  SES  slapies! 

Kry vir julle 'n lekker koppie stomende   :coffee2:  en geniet die dag hoor.  Wees veilig!  Kom gesels sommer lekker baie vandag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #14 on: June 01, 2011, 06:44:19 AM »
Ek hoop karretjie se winterkwale is verby. Die stotery in die koue is nie altyd lekker nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #15 on: June 01, 2011, 08:35:42 AM »
Nee wat, ek gaan vandag kyk of ek vir haar 'n nuwe tikkertjie kan kry.
Ek dink na ses jaar se skop wil sy nie meer nie.
Het vanoggend met Oma se motor werk toe gekom, hoop net dis die tikkertjie
anders weet ek nie wat om te doen nie.
Behalwe dat hulle hom insleep....oooo  :headbang:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #16 on: June 01, 2011, 10:20:22 AM »
Ag oeee wat 'n droewigheid!   Ek hoop dit is 'n klein foutjie Trappertjies.   :dontknow:

Ek wonder wat het van al ons ander  matertjies geword?  Dink julle hulle kry koud?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #17 on: June 01, 2011, 11:10:03 AM »
Kan wees, dis baie koud....

Jong ek hoop ook so. Ek het nou 'n tikkertjie gaan koop. Gesukkel niemand het hom nie. Nou by die werk, maar dis maandeinde en die stoor is mal een trok na 'n ander so, tikker is nog nie in die kas gepas nie.  :dontknow: weet nog nie of dit die foutjie is nie. Hoop regtig dis die fout anders  :crybaby2:...

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #18 on: June 01, 2011, 11:59:46 AM »
Dit is al maandbegin Trappies!   :toothy4:   Dit is nou al hoe lank dat ek na jou gesiggie kyk,   :angel12:  en elke keer sit dit 'n smaailtjie op my bakkies.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #19 on: June 01, 2011, 12:31:37 PM »
Boks Doos oop gemaak, gesien tikker se oortjies is bietjie skeef.  :dontknow: Hulle moes hom laat val het. Terug ry gaan omruil. Terug gekom (nog nooit so baie gebid en gehoop nie) Tikker op sy plekkie geplaas. Draai die sleutel en siedaar.... die mooiste klankie uit haar bekkie..
Sus se blydskap het nou geen perke brieke, sy mag nou Oma se motor alleen tuis besorg. Sonder my wat in haar ore neul "pasop , versigtig, ooo's en aaa's"  :icon_biggrin:

Mens sal nou dink ek is bang  :dontknow:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #20 on: June 01, 2011, 01:04:59 PM »
 :hello2:        :hello2:         :hello2:       :hello2:      :hello2:

Ek is baie bly en baie dankbaar!  Dit kan 'n ou se "seningwese" nogal opkou!   :icon_biggrin:

Hannes lê hier op die bank.  'n  Spinnekakie het hom op sy voet se "bunion"  gebyt en oom dokter sê hy moet been in die lug lê!  DIT  net voor ons moet ry!  Ek maak seker dat hy sy pilletjies goed afsluk met 'n glasie rooikoeldrank!   :icon_biggrin:   Nou bekyk hy die padkaart asof hy nog nooit so een gesien het nie.  Beplan die reis verder,  na ons kuier by julle.  Ons kan nie meer wag nie!!!!  Ons sal vir Naas 'n slaapsak moet reël,  hy is gewoond om op die grond te slaap.  *giggel 'n bietjie hard" 
« Last Edit: June 01, 2011, 01:07:10 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #21 on: June 02, 2011, 09:17:54 AM »
Goeie more liewe matertjies.   Ek hoop julle is almal blinkoog en bossiestert!   

Sterkte aan al die leerlinge wat eksamen skryf en sterkte aan al die onderwysers wat die merkwerk moet doen daarna!   :book1:

Geniet julle dag en bring asseblief 'n paar lagdingetjies saam. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #22 on: June 02, 2011, 09:50:57 AM »
Eksamengediggie.

Pappagaai soen vir Mammagaai en kry toe 'n Assagaai.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #23 on: June 02, 2011, 11:14:33 AM »
 :sign10:  Hy is seker 'n regte klein asgatgaai!   :icon_biggrin:  Dit lyk my dit gaan goed met jou Naas!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #24 on: June 03, 2011, 01:32:31 PM »
Kyk hoe laat is dit en ek kom nou eers hier en dit net om te groet vir die naweek. 
Daar waar ek gaan is nie opvangs nie en sodra ek weer terug is in die land van die lewendes dan kom kuier ek weer saam.

Ek hoop teen Maandag is "maandeinde" afgehandel. 

Naas,  hou jou pos dop,  die dinge gebeur.  Gaan toets die klank by die kletsplek. 

Mag julle almal een heerlike naweek hê en 'n hond uit 'n bos uit kuier.   :love7:

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #25 on: June 05, 2011, 04:36:09 PM »
En toe ek my oë klaar geknip het,  toe is die naweek verby!  Ons oudste het sy besigheid se sesde verjaarsdag gevier in die bos, oppie plaas.  Ons het heerlik gekuier en stink almal na vuurrook,  maar dit was heerlik om laatnag in die vlamme te staar,  die sterre te beskou en die jakkalse te hoor tjank.  'n Fees!

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #26 on: June 06, 2011, 08:59:32 PM »
En toe ek weer sien toe gesels ek net met myselwers!   :icon_biggrin:

Skuus julle ouens dat ek nie alles kan lees nie,  ek weet nie wat om te vat of te los nie.  More is D-day en as ek nie in is as die baas ry nie bly ek agter! 

Ek hoop regtig julle sal die fort hou en as ek weer inteken weet ek nie waar om te lees nie. 

Ons nuutste lid is Edelsteentjie,  ons ken haar almal as Diamantjie en ek weet sy het 'n groot bydrae om te maak en wil haar graag baie hartlik welkom heet.  Laat haar solank tuis voel terwyl en pak en ry!  Julle beter julle gedra nê,  ek is amper daar!    :icon_biggrin:   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #27 on: June 10, 2011, 08:49:25 AM »
O my tyd!  Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie!  Nee jong,  julle laat die forum soos 'n spookdorp lyk!  Kom sê tog net hallo dat ek weet julle is nog met my!   :love7:

Ons het veilig gery,  eers heerlik by Gawie oorgebly,  'n hond uit 'n bos uit ge-eet en gekuier.  Tyd!  Tyd glip so gou by 'n mens verby!
Nou is ons veilig hier innie Kaap en gaan net verder kuier en kuier tot ons neerslaan!  As iemand wil saam kuier,  gooi net 'n briefie in die posdosie dan reël ons iets.  Ons sal hier wees tot Dinsdagoggend, dan vat ons die pad verder. 

Kom seg tog nou hallo asseblief! 

 :love7:

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #28 on: June 10, 2011, 01:26:46 PM »
Oi dit was lekker kuier.  Ek het op 'n wolk gesweef tot vanoggend toe ek by die skool kom en dog dis Donderdag en moes uitvind dis Vrydag. Eish. hehehehe.

wens ek het sommer in die bakkie weggekruip en saamgegaan. 

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #29 on: June 10, 2011, 03:20:11 PM »
 :crybaby2: Ek kon jou ook nie agter innie bakkie kry nie.  :dontknow:



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #30 on: June 10, 2011, 05:05:04 PM »
En na groot gesokkel is ek ook weer oppie ef empie! Groot gewag vir my pasboek, ek meen password. Ek beplan om sommer lekker bydraes te kom maak uit die wye verskeidenheid hier. Gaan eers alles mooi uitkyk. Voel soos 'n kind voor 'n lekkergoed toonbank. :hello2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #31 on: June 11, 2011, 07:41:16 AM »
My hart pomp opreg chocklit om jou hier te lees en ek kannie wag vir jou bydraes nie.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #32 on: June 11, 2011, 08:31:48 PM »
Dankie Gawie,  dit was 'n groot voorreg en 'n baie groot lekkerkry om saam te kuier.

Hartlik welkom Edelsteentjie.  Ek vra weer mooi skuus vir die vertraging,  gelukkig is jy nou hier en ek kan ook nie wag vir jou plasings nie.  Sal so nou en dan probeer inglip om te kom loer.

Ons het vandag die wynplaaskruip gedoen!  Olywe en kaas ge-eet asof dit uit die mode gaan,  maar dit was heerlik heerlik.

Psst Naas,  kan ek my emmertjie kom hou vir van daai tjoklits? 
Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #33 on: June 12, 2011, 08:57:40 AM »
Dinge het ook sowaar niks verander nie. PM is steeds 'n professionele vakansieganger!  :sign10:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #34 on: June 12, 2011, 09:11:23 AM »
 :icon_biggrin:  Sit jy 'n lekker smaailtjie om my mond!  Dinge het effens verander.  Ons is nou die laaste jaar heerlik in 'n nuwe baie ou huisie in Annlin.  Dit is 'n fees om nie kort-kort te pak en te trek nie.  Alhoewel ons die pragtigste vriende in die Transvaal het,  mis ons hierdie Kapenaars vir 'n vale! 

Jy het seker ook raakgelees dat onse meisiekind nou terug is in SA!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #35 on: August 17, 2011, 06:21:34 PM »
Ek is so jammer ek was so lank nie hier gewees nie. maar my hart was maar swart. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.  Ek sal weer een of ander tydjie kom inloer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #36 on: August 18, 2011, 06:03:29 AM »
Welkom matertjie, ek was bekommerd oor jou.  Bly om te sien jy is nou weer hier.  Al die onnies werk hulle nou eers weer flenters met eksamens wat voor die deur is nê.
Voorspoed vir julle, maar maak tog 'n tydjie vir ons ook asseblief.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.