Author Topic: Dagsé liewe maters  (Read 19030 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Dagsé liewe maters
« on: May 30, 2011, 12:45:18 PM »
Goeie more almal van julle matertjies.  Ek wil hoor hoe was julle naweek en of almal vars en fris voel vir die week.

Ons was baie besig met pak en intrek en mooimaak van Meisiekind se huis,  kosmaak en saam kuier wat skrik vir niks nie.  Hoop julle het ook 'n heerlike naweek agter die blad. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #1 on: May 30, 2011, 12:56:04 PM »
My naweek was seker te lekker. Op pad Dr toe met borspyne. Moet seker weer ipikonners wees.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #2 on: May 30, 2011, 01:27:08 PM »
Naas,,,, laat ek nou hoor, en jy vertel niks..... ek sal mos moeilikheid maak!

PM dis lekker, hoop julle het elke oomblik geniet, maar nie dit ooreis nie.   :love7: Dis tog te lekker om so huis te skrop! Wens ek het die geld gehad dan het ek al my goed verkoop en nuwes gekoop en weer van voor pophuis gespeel  :hello2: Toemaar het al uitgevind, daar is geen genesing nie!  :icon_biggrin:

o ja die vraag was hoe was my naweek???? Is dit dan al verby....o gits, dis nou 'n probleem!  :dontknow:
Ek was nog nie klaar met hom nie.

 :angel12:

Offline Mel

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 8
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #3 on: May 30, 2011, 01:40:16 PM »
My naweek was bietjie pynlik ... Ek het my eerste ink gekry!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #4 on: May 30, 2011, 03:30:32 PM »
Ai ai,  Mel,  dan kan ons uitsien na woordwerke!   :hello2:

Ja Trappies!  Dis laaaankal verby!  Goeie more!   :icon_biggrin:
Die hartseer van jou goed verkoop is dat jy dit vir 'n appel en 'n eie moet weggee en ten duurste vir nuwes moet betaal. 

Naas,  ek sal jou 'n knypie later bel om vas te stel of alles in orde is.   :dontknow: 

Ek is bly julle het julle naweek geniet.  Stof is besig om die CD's te sny en ek hoor net so nou en dan almal se stemme deurslaan!  Groot pret!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Karin

  • Suigeling
  • Posts: 13
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #5 on: May 30, 2011, 04:16:29 PM »
My naweek was skitterend! Tweede ouma wat 90 geword het. Ons het lekker gekuier en gelag saam met al die ooms, tannies, niggies en nefies. Ek is werklik bevoorreg om so 'n wonderlike groot familie te hê.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #6 on: May 30, 2011, 09:43:37 PM »
Ag wonderlik.  Dit is 'n voorreg om een ouma te hê met so 'n hoë ouderdom,  wat te praat nog van twee!
Heerlik om jou hier raak te lees,  ons mis jou. 

Jou CD van anneraand se lekker saamkuier is gereed om afgehaal te word.  Dit wag vir jou en ek ook!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #7 on: May 31, 2011, 08:00:19 AM »
Borspyne nog nie weg nie maar die dokter se daar's niks om oor bekommerd te wees nie, as ek nie gou doodgaan nie sal ek nog so 'n rukkie vertoef.
Dis maar net spanning en hy het so 'n paar chill-pille voorgeskryf. Het vanoggend die eerste een gedrink en gee al klaar nie om dat die week nog vier dae het nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #8 on: May 31, 2011, 08:12:54 AM »
Goeie more,  ek hoop julle sal almal vandag 'n heerlike vredevolle dag beleef.  Naas sê die dokter sê as hy nie gou doodgaan nie,  gaan hy nog lank lewe.   :icon_biggrin:  Ek vertrou laasgenoemde sal seëvier!   :icon_cheers:

 :love7:

 :bootyshake:

En daar hoor julle dit nou uit die perd se bek!  Skryf ons twee so saam-saam!   :icon_biggrin:

Dankie dat jy laat weet Naas,  ons hou duime vas dat alles goed gaan met jou. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #9 on: May 31, 2011, 10:22:21 AM »
Dis goeie nuus Naas!  :love7:

 :angel12:

Ps: die dokter ken van, hy weet van, hy gee van daai lekker pilletjies.  :toothy4:

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #10 on: May 31, 2011, 01:59:42 PM »
Is die pilletjies vloeibaar of is dit in tabletvorm?

Dis goed om te weet jy gaan nog so lank hou dat ons gaan nog 'n groot makiete op jou 120e verjaardag hou.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #11 on: May 31, 2011, 05:37:36 PM »
Nee o mapstieks Stof, so oud wil ek ook nie word nie. Hoe dink jy gaan my vrou teen daai tyd lyk?




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #12 on: May 31, 2011, 05:46:56 PM »
Nog net so mooi soos sy gelyk het toe jy die eerste keer haar raak gesien het...... :love7:

Kyk julle sal my nie glo nie, ek sit nog by die werk. My se motortjie het besluit ons gaan nie huis toe vandag nie. My baas en klaas en sus het gestoot en gestoot en gestoot, maar sy wil niks weet nie. Ons het haar 'n skokkie ook gegee, maar sy is so
 'n donkie...

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #13 on: June 01, 2011, 05:09:27 AM »
Wag, laat ek dit liewers uitvee,  nou-nou verban julle my!   :icon_biggrin:

Dit is nou net na vyf Trappies,  teen hierdie tyd slaap jy seker al rustig.  Dit is mos die lekkerste slapie,  net voor die wekker lui!  Of is dit die vyf minute daarna?

Ek tel nou die slapies voordat ons ry.  SES  slapies! 

Kry vir julle 'n lekker koppie stomende   :coffee2:  en geniet die dag hoor.  Wees veilig!  Kom gesels sommer lekker baie vandag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Dagsé liewe maters
« Reply #14 on: June 01, 2011, 06:44:19 AM »
Ek hoop karretjie se winterkwale is verby. Die stotery in die koue is nie altyd lekker nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.