Die kuierstoep > Kom kuier saam

Ek vier Lewe...

(1/4) > >>

Angelica:
Ek vier vanoggend Lewe met flapjacks en Lyle's Golden Syrup. 
Geroosterde flapjacks gesmeer met botter en sulke dik, goue spirale stroop. Heerlik druppend teen die warm flapjack af.
Maandag drink ek koffie en geselfs met 'n pasient en sy vrou wat die spreekkamer besoek.
Vrydag skakel sy my om te se dat hy die vorige dag, Donderdag, in die hospitaal opgeneem is met bronchitis en later die nag oorlede is.  Baie vinnig.
Ek is verstom. Ons het dan 4 dae gelede nog saam gekuier...
Vanoggend neem ek wasgoed na die wassery en vra terloops waar die dame is wat my altyd help by die toonbank om wasgoed te weeg ens.
Sy is drie weke gelede skielik dood van 'n longembolis terwyl sy oppad was die oggend werk toe. Nee!! 
Albei hierdie mense is my ouderdom. Ons almal, skynbaar, gesond. 
Of is jy gesond en dan skielik nie meer?
Ek sal Mnr Brand en Ina nie vergeet.  Hulle het 'n kwaliteit kwartuur saam met my spandeer die laaste keer wat ek met hulle verkeer het.
So, vanoggend vier ek Lewe.
Ons is een sekond.  Die volgende is on nie meer.
Enige sekond kan my, of jou, sekond van laaste hartklop wees.

PM:
Dan skink ek my bekertjie koffie vol en eet 'n "flapjackie" saam met jou. 
Ons het gister laat by die huis gekom van ons 2 dae vakansie af.   :icon_biggrin:  Dit was tien dae maar het net soos twee gevoel.
Die griep het my eerste plat getrek en toe natuurlik vir Hannes.  Nou voel ons darem beter. 
Ons gesels toe so oor 'n ander ouma en oupa wat ons aangeneem het.  (Ons vir hulle)  Oupa word 96.  Hulle seun moet sy motor se sleutels wegsteek, want kry hy dit in die hande ry hy winkels toe.   :icon_biggrin:
Ouma kan nie bestuur nie.  Daardie jare het vrouens nie leer motor bestuur of langbroek gedra nie.   :icon_biggrin:
Ek wonder of ek die voorreg sal hĂȘ om my oudste se 70ste verjaarsdag by te woon.   :icon_scratch:

Meraai vannie Baai:
Met my vingers styf geswel en plek-plek blou (ek leer hekel  :headbang:) kom ek ook die saam met julle die lewe vier maters. Jou woorde het my getref Engeltjie: Ons is een sekond.  Die volgende is ons nie meer.
Enige sekond kan my, of jou, sekond van laaste hartklop wees.

Angelica:
Ek leef op aanlyn platforms saam met vriende, vriendinne, ander kommentators wat nie altyd dieselfde as ek voel nie en ons soms mekaar in die hare vlieg.
Ek sou graag wou leef saam met 'n asem wat ek kan hoor as die persoon lag, sommer net saam met my grap....
Dikwels, en meer dikwels as nie, wil ek alleen wees. 
Maar dan is daar soms wat jy saam met 'n ander persoon die lewe daar buite wil ervaar. 
Meeste van die tyd dink getroudes jy wil indring en egte vriendskap is baie skaars.   :dontknow:
Dis asof daar net nie meer tyd is vir vriendskap nie. 

Meraai vannie Baai:
My aanlynvriendskappe vir my kosbaar en my eie ou asempie saans verruil ek vir niks onder die son. Elke sekond wat ons saam gegun word, 'n Skat sonder weerga. In die buiteland maak mens nie maklik vriende nie en sonder my maters in die tuin, sou ek verlore gewees het Angelica  :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version