Author Topic: Oom Koos se longe  (Read 7794 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Oom Koos se longe
« on: May 30, 2011, 08:40:10 AM »
Daar is ‘n wyse man wat die volgende te sê gehad het: “’n Man wat snuif klink soos ‘n vark, ‘n man wat rook ruik soos ‘n vark en ‘n man wat pruim is ‘n vark.”
Oom Koos was nou in sy lewe volgens hierdie beginsels ‘n goeie opreggeteelde vark. Hy het gesnuif, gerook en gepruim. Hy het tot ‘n Datsun trippel S (Snuif,Suig,Spoeg) gery.
Sy vrou, Ta’ Susarha was nou nie so ‘n gedienstige boerevrou soos wat haar tyd dit voorgeskryf het nie en sy het gou begin skop teen die gevolge van hierdie wandade van Oom Koos.
Die bruin vlekke op sy sakdoeke het sy net so gelos. Die asbakkies het sy gereeld skoongemaak tot sy dit nie meer kon vat nie en toe het sy die rokery die huis belet. Ek wil liewer nie ingaan op die spubadore wat sy later gebruik het om sy poeding in te skep nie.
So tel Oom Koos ‘n lastige kuggie op wat al ernstiger word. Die dokter sê dat dit die rokery is wat die ou se longe aantas. Hy moet dadelik die gewoonte afleer of, as dit nie anders kan nie dit drasties verminder.
Natuurlik sal die ou die laaste opsie kies en hy besluit toe dat hy net bedags en naweke gaan rook. Ta’ Susarha baklei maar hy staan vas dat hy mos die dokter se raad gevolg het en nou minder rook.
Die hoesery raak erger. Ta’ Susarha kry nie ‘n oog toe in die nag nie en slaan later maar laer op in die gastekamer. Maar heellaas dring die gehoes ook tot daar deur.
Een oggend, aan die ontbyttafel pak sy Oom Koos trompop.
“ Jy hoes so vreeslik en jy wil nie hoor nie. Een oggend gaan jy wakker word dan lê jou longe neffens jou. Uitgehoes.”
“Daai sal nie gebeur nie.” Weet Oom Koos van beter. En wat rook is Oom Koos.
Ta’ Susarha kry daar ‘n idee beet. Syken die slagter op die dorp goed en sy reël daar by hom ‘n paar skaaplonge.
Die volgende nag toe Oom Koos so hoes sluip sy daar in sy kamer in en sit die paar longe mooi versigtig op sy bors neer.
Daai oggend kom Oom Koos nie uit die kamer nie maar sy hoor aardige geluide van daai kant af kom.
Hier teen eenuur in die namiddag kom Oom Koos bleek en bebloed uit die kamer uit.
“Nou wat’s dan verkeerd dat jy nou eers die daglig aanskou?” wil Ta’ Susarha onskuldigheid vanself van Oom Koos weet.
“Nee vrou, jy was toe reg. Ek het toe laasnag beide my longe uitgehoes. Toe ek vanmore baie benoud wakker worre, toe lê die goed mos beide altwee op my se bors. En was dit nou ‘n gemors en gewerskaf om die twee goed weer op hul se plekke te kry.”


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Oom Koos se longe
« Reply #1 on: May 30, 2011, 08:58:39 AM »
Nou kan die oom twee keer meer rook! Met 'n tweede stel. wat kan tog verkeerd loop!

Eish!   :dontknow:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oom Koos se longe
« Reply #2 on: May 30, 2011, 10:20:00 AM »
Ja-nee kyk, as 'n mens die stryd verloor het moet jy net mans genoeg wees om dit te erken!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.