Author Topic: Kom ons praat SUIKER  (Read 18761 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Kom ons praat SUIKER
« on: June 03, 2013, 11:08:06 AM »
Nie almal het 'n soettand nie, maar is daar werklik soveel suiker in alledaagse kosse en souse soos hulle se?  Is suiker goed vir ons?  Miskien nie.  Maar kan ons regtig sonder dit klaarkom?  Is versoeters beter as suiker?

Wat is jou raad/wenke oor suiker gebruik?

Kom ons bespreek suiker  :toothy4: 

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #1 on: June 04, 2013, 12:06:53 AM »
Terry hier in Aus is die ouens nogal redelik streng oor die gebruik van suiker in al sy verwerkte/versteekte vorme. Veral vir ons kinders/babas. Ek is bly dat jy die onderwerp wil bespreek. Ek het 'n oulike skakel ontdek; gaan net enkele gedeeltes aanhaal:

Suiker kom meestal vanaf die suikerriet, en dis heeltemal natuurlik. As jy al aan ‘n stukkie suikerriet gekou het behoort jy die soet smaak daarin te proe. Die suiker is deel van die plant soos God dit gemaak het. Om egter die suiker te kry wat jy in jou tee of koffie gooi word die riet deur soveel as sewentien verfynings prosesse verwerk. Hierdie prosesse raak ontslae van alles wat nie suiwer glukose en fruktose is nie soos, vitamiene, minerale en  vesels. Die eindproduk is sewentien keer soeter as dit waarmee begin is, dus sewentien keer meer gekonsentreerd, gestroop van alles wat goed was in die oorspronklike riet!

Dit beteken dat die 1 teelepel suiker wat jy in jou koffie gooi gelykstaande is aan 17 teelepels rou suikerriet. Al daaraan gedink om 17 teelepels suikerriet in jou koffie te gooi.


Hierdie was vir my veral skokkende inligting:

Dis interessant om te weet dat toe suiker die eerste keer so geweldig verfynd gemaak is, dit as ‘n kragtige brein-funksie-modulerende middel onder dokters toesig gebruik was, net soos opium!

Suiker verongeluk die delikate mineraal balanse in jou liggaam, soos byvoorbeeld die van koper, magnesium, en kalsium wat lei tot ernstige toestande soos aneurismes van slagare, verkalking van are en versteurings van kolesterolvlakke

http://www.eirenehealthshop.co.za/articles/manna-articles-afrikaans/die-gevare-van-suiker.html

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #2 on: June 04, 2013, 12:22:22 AM »
Toe ek begin rondkrap na die goeie voordele van suiker was hierdie inligting 'n verligtende trosie  :headbang:

SUIKER bevat SAKKARIEDES oftewel KOOLHIDRATE. In organiese chemie, sluit dit molekules soos glukose, fruktose, mannose, xylose, sucrose, galaktose en lactose in. Daar is 'n hele klasifikasie stelsel vir suikers.  In  chemiese konteks sal "koolhidrate" (sakkariede) in drie hoofgroepe monosakkariede, oligosakkariede en polisakkariede verdeel word.SAKKARIDES, seg die wetenskaplikes, kan ook sommige kroniese siektes verlig, bv. niersiektes, Lupus en artritis. En Ons weet ook, dit kalmeer die gebroke hart...

Daar is 8 essensiële goeie SAKKARIDES:

1. mannose: Hierdie spesifieke sakkariede help om • kankers en groeisels te krimp • voorkom infeksies deur parasiete, bakterie en fungusse • verlig inflamasie in artritis persone

2. glukose kan, in klein dosisse • geheue verbeter• sellulêre kommunikasie verbeter

3. galaktose; verbeter goeie lewer funksie, wondheling, vertraag gewasgroei terwyl dit kalsium absorpsie verhoog

4. xilose; Antibakteries en antifungus. Word ook in tandepasta gebruik aangesien dit nie tandverrotting veroorsaak nie..

5. fukose:meeste mense verwar dit met fruktose. Voordele is primêr in die brein

6. N-acetylglucosamine; Herstel kraakbeen en verminder swelling in ledemate en gewrigte

7. N-acetylgalactosamine; Voordelig om die groei en verspreiding van gewasse te vertraag

8. N-acetylneuraminic acid; Optimaliseer brein funksies terwyl dit bloed cholesterol verlaag


http://www.onsdorp.com/somaakmens/okt2010.html

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #3 on: June 04, 2013, 09:15:52 AM »
Baie dankie vir die inligting.  Dit is baie leersaam. 
Dat hiperaktiewe kinders liewers nie suiker moet inneem nie is 'n gegewe.  Dit sit nog net meer energie in daai klein lyfies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #4 on: June 04, 2013, 01:10:14 PM »
soos meeste dinge is suiker in kleinmaat goed vir jou, so ook 'n teelepel botter per dag, maar te veel daarvan?

ek en van my kinders verval in daardie wanhopige soeke na ek-is-al-bang-ek-gani-dood-nie van migraine-aanvalle wanneer ons suiker in oormaat inneem, daarom drink ek 'n halfteelepeltjie heuning in my koffie. wanneer 'n melankoliese lus vir tjoklit/roomys/kondensmelk [[oooohhh, kondensmelk!   :angel12:  ] my oorval, kan ek dit geniet omdat ek meestal geen ander suiker in die paar dae voor dit ingeneem het nie.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #5 on: June 06, 2013, 12:47:18 PM »
Dankie Meraai, dit is regtig baie interessant.

Aangeheg is nog so paar feite waarop ek afgekom het (ongelukkig in Engels).

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #6 on: June 07, 2013, 08:09:44 AM »
Gelukkig het ek nie 'n soettand nie, maar daar gaan my stoutigheid vir soutigheid eerste prys kry. 
AB, hoeveel suiker is in daardie "glasie" rooiwyn wat ek elke dag verorber.
« Last Edit: June 07, 2013, 08:18:48 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #7 on: June 08, 2013, 08:30:55 AM »
suiker bevat nie saccarides nie, saccarides is in twee dele naamlik mono - en di - saccarides. glukose is 'n mono saccaried terwyl suiker (sukrose) 'n di - saccaried is. van die ander "saccariedes" wat genoem is is afgeleides of dan derivitives van die saccaried en word normaalweg kunsmatig vervaardig. om 'n afgeleide te verduidelik: kodeien is 'n baie sterk pynstiller maar kodeien kom nie so in die natuur voor nie. kodeien is 'n morfien afgeleide en as ek reg onthou is morfien 'n heroien derifaat.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #8 on: June 08, 2013, 09:26:06 AM »
Sjoe, ek kan 80% van hierdie groot woorde nie eers uitspreek nie.   :angel4:
Dankie vir die inligting Natalie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #9 on: June 16, 2013, 10:58:10 AM »
Baie dankie vir almal se bydrae en inligting oor suiker.  Wat ek persoonlik hiervan wegvat, is dat 'n mens maar net nie oorboord moet gaan met suiker inname nie.

Kom gesels gerus weer saam met ons more wanneer ons die nuwe Item van die week plaas.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #10 on: June 23, 2013, 11:18:21 AM »
Gelukkig het ek nie 'n soettand nie, maar daar gaan my stoutigheid vir soutigheid eerste prys kry. 
AB, hoeveel suiker is in daardie "glasie" rooiwyn wat ek elke dag verorber.

en ek gaan nou verder praat

rooiwyn bevat wel suiker. omtrent 1 gram per glas skat ek
hier is 'n tabel met suikerinhoud van verskillende goeters

http://hamsnetwork.org/carbs/


Here’s a breakdown of wine types and how much sugar they contain:
 Dry: 4 grams per liter, so it’s not sweet.
 Medium dry: 4-12 grams of sugar per liter -- or about 0.5 to 2 grams per glass.
 Sweet: More than 45 grams of sugar per liter -- or about 6 grams per glass or more.

http://www.huffingtonpost.com/2011/10/19/red-wine-health_n_1018934.html#



I found this on the Wine Spectator site:



 "Q: Could you tell me how Port, Tawny Port, and Cabernet Sauvignon compare as far as sugar content goes? -Martin



 A: Each wine is going to vary a bit from producer to producer, but here is some general data from the USDA nutrient database: "red table wine", a category which includes Burgundy, Cabernet Sauvignon, and Merlot, contains .62 g of sugar per 100 g of wine (.91 g per 5 oz. serving), while "sweet dessert wine", a category which includes marsala, port and Madeira, contains 7.78g of sugar per 100g of wine (4.6 g of sugar per 2 oz. serving). For more information on styles of port..."


wyn en diabetes

http://www.diabetes.org.nz/food_and_nutrition/healthy_food_choices__and__tips/food/wine


oor bloed suiker

http://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2008/04/24/red-wine-and-tea-can-help-regulate-your-blood-sugar.aspx



Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #11 on: June 23, 2013, 03:29:12 PM »
Ja julle sien, ek het mos gesê rooiwyn is medisyne!   :icon_biggrin:

Dankie AB, nou wag ek vir daai antwoord by die piesangs.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #12 on: June 23, 2013, 05:37:58 PM »
Ja julle sien, ek het mos gesê rooiwyn is medisyne!   :icon_biggrin:

Dankie AB, nou wag ek vir daai antwoord by die piesangs.   :icon_biggrin:

die piesang ding kan ek nie in die openbaar vertel nie. sal dlak weer so iets moet doen om te veel piesangs te eet en kyk of dit nog werk

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #13 on: June 24, 2013, 09:13:34 AM »
 :toothy4:  Haha.  Ek kan raai wat dit is AB..

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #14 on: June 24, 2013, 10:26:28 AM »
Stoffel Stoffel Stoffel  :angel4: laat weet of dit nog werk hoor  :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #15 on: June 24, 2013, 02:25:56 PM »
Nou praat ons piesangs en pilletjies saam met suiker!  Het ek eenkeer gehoor daai tannie het vir die oom twee "suikerpilletjies" in sy koffie gegooi.  Blykbaar het sy goed les opgesê en nie weer so 'n foutjie begaan nie.   :icon_biggrin:
Haar kinders het ook vir 'n rukkie uit haar pad gebly, dit was hulle wat vir haar gesê het dit is suikerpilletjies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #16 on: June 26, 2013, 04:18:06 PM »
 :icon_biggrin:   :icon_biggrin:   :icon_biggrin:   :icon_biggrin:     :icon_biggrin: 
ek se' deesdae les op wanneer iemand sien ek drink elke dag blou piletjies, maar dixirit help vir my teen hoofpyne en migraine wat deur suiker veroorsaak word van la-a-ank voordat ander pilletjies blou gekleur is.

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #17 on: June 27, 2013, 08:03:29 AM »
Oeps, maak net seker jy raak nie deurmekaar nie!  Jy wil nie met 'n stywe nek rondloop nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #18 on: June 28, 2013, 12:23:56 AM »
Hiehiehiehie, ai julle ekke het nou my lagpilletjie vir die dag in  :toothy4:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #19 on: June 28, 2013, 10:01:10 AM »
PM soos jy het ek 'n stoutigheid vir soutigheid - niks lekkerder as biltong, chips en popcorn nie ha ha

Ja - te veel en te min nooit gesond nie ... daarom is 'n balans in alles altyd goed

maar wanneer kry ons nou werklik te veel of te min dit en dat in - sal ons ooit regtig weet??

Daar is soveel gemanipuleerde feiltike leuns om ons ... Google maar net om al die teenstrydige nonsens te sien, en alles is wetenskaplike bewys  :pottytrain5:

My moto is en bly : ken jou eie liggaam en bly so naby aan die oorspronklike produk as moontlik ... m.a.w

weet hoe jou liggaam regeer op tamaties bv en plant jou eie in jou agtertuin (maar dan die sade is al so gemanupileer - doen maar net die beste wat jy kan)

Ek het juis vanoggend 'n gedig geskryf oor habits ... gaan loer maar hier as julle wil : https://fbcdn-sphotos-e-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash4/1045076_10151702167168308_2106993024_n.jpg   (dis op my FB blad gedeel : https://www.facebook.com/ahwillapoems)
« Last Edit: June 28, 2013, 10:02:46 AM by Ah Willa »
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #20 on: June 28, 2013, 11:59:36 AM »
Ons plant ook groente, maar gewoonlik as dit reg is om te gebruik is ons nie tuis om dit te geniet nie.  Ek wonder of die volgende jaar 'n bietjie makliker gaan wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #21 on: June 28, 2013, 12:55:57 PM »
Hiehiehiehie, ai julle ekke het nou my lagpilletjie vir die dag in  :toothy4:
 

hiehie    :icon_biggrin:    hoop nie dis 'n blouetjie nie ...   :toothy4: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #22 on: September 10, 2015, 11:54:28 PM »
O glorie, ek hoop nou net ek het die regte blou pilletjie gedrink gisteraand Adele! Toevallig is die rottegiffies, pienk (5mg) en blou (3mg)

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #23 on: September 11, 2015, 01:13:05 PM »
Ek weet net ons lag te min.  Stress te veel.  Watter pilletjies werk daarvoor?   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #24 on: September 11, 2015, 01:38:15 PM »
Ek weet viagra veroorsaak stingelstress maar vir gewone stress is daar nie salf nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat SUIKER
« Reply #25 on: September 11, 2015, 01:45:46 PM »
Ek soek  PILLE!  Daardie "kannie-worrie-pille!"
Om te weet is om te verstaan.