Author Topic: Duisend-en-een...  (Read 5194 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Duisend-en-een...
« on: May 29, 2011, 05:37:41 PM »
Duisend-en-een...

Nou die oggend is ek van Bellville af op pad stad toe. Die N1 is besig.
Ek is alleen in die motor en luister KFM 94.5 se vroegoggend-verkeersveiligheidsverslag. (Een van daai uit-asem-uit woorde.) Dit werk vir die radio, want as die program klaar aangekondig is, is ‘n groot gedeelte van die program se tyd verstreke.)
Ek luister vir twee redes. Eerstens is daar darem ‘n ander stem in die motor en tweedens (die eintlike rede) verdoesel dit die ou motor se ingeboude “Shake Rattle ‘n Roll” musiek.
Ek kom agter dat die stasie gewild is onder die motorbestuurders hier in die Kaap toe die omroeper ‘n kwinkslag los en almal rondom my saam lag.
Hy verduidelik oor veiligheidsgordels en ek sien hoe ‘n paar ou omies so in die ry na daai swart belde van hulle gryp.
Hy gaan verder. Jou aandag moet te alle tye op die pad wees. Die tante voor my los dadelik haar spieëltjie en pak haar oorlogsverf parafernalia haastig weg. Die ou in die motor langsaan plak sy papbord op die sitplek langs hom neer, gooi sy skeermes in die handskoenkompartement, haal sy knieë onder die stuurwiel uit en kyk skuldig rond om te sien wie hom almal gesien het.
Toe begin die man daar praat oor reaksietye en volgafstand. Jy moet terugval tot jy twee sekondes agter die motor voor jou ry. Jy doen dit deur ‘n stilstaande punt langs die pad te kies. Wanneer die motor voor jou daar verbygaan, begin jy tel. “Tienduisend en een, Tienduisend en twee.” As jou motor by die punt verbygaan voor jy klaar getel het is jy te naby die motor voor jou. Met anders woorde jy gaan nie betyds kan stop in ‘n noodgeval nie.
Op die stadium is ek regoor Canal Walk Winkelsentrum. Ek kyk op en sien hoe die motors voor my begin terugval om hul volgafstande reg te kry en voor ek my oë kan uitvee, is ek terug in Bellville.

In 1965 gaan ek plaasskool toe. Ek leer om op ‘n koue oggend eers die beesmis van my kaalvoete af te spoel voordat ek in die klas ingaan. Ek leer dat ek pouse kans sal kry om die toebroodjies wat my ma met haar eie twee handjies ingesit het, te eet. Ek leer dat jy nie by ‘n meisiekind in die toilet staan en gesels terwyl sy piepie nie. Ek leer van klei speel. Ek leer dat Juffrou altyd reg is, maar dat Pa harder slaan as sy.
Later gaan ek dorpskool toe en leer skoene dra. Leer dat ‘n mens altyd ‘n baadjie en ‘n das dra al is dit warm. Ek leer dat jou baadjie altyd vasgeknoop moet wees as jy nie in die klas is nie.
Ek leer dat jy jou brood- en lekkergoedpapiere in jou baadjiesakke prop tot jy later by ‘n drom verbyloop, dan maak jy jou sakke leeg binne-in die drom.
Ek leer respek vir my onderwysers en ander ouer mense. Hoe om in die klas stil te bly. Dissipline.
In 2011 leer ek om tot tien te tel wanneer graad 8 leerders my ignoreer of my klas bemors. Dis hulle plig en deel van werkskepping. Ek leer tel wanneer hulle vir onderwysers weghardloop en terugpraat wanneer hulle gedissiplineer word.

Miskien moet ek my reaksietye aanpas en my volgafstand handhaaf. Dalk, net dalk, moet ek stadig tot by ‘n honderd tel. Dalk, voor ek my oë kan uitvee, is ek terug in 1965...

Een duisend en een, Een duisend en twee, Een dui... 



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Duisend-en-een...
« Reply #1 on: May 30, 2011, 09:05:48 AM »
Ek het so lekker gelag vir " voor ek my oë kan uitvee, is ek terug in Bellville."

Kyk Naas as dit werk moet jy net laat weet, want dan sal ek dit nie doen nie...
Sien dan bestaan ek nie meer nie. Was ek gewees, 'n sterretjie in my se moeder se oog.  :toothy4:

 :angel12:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duisend-en-een...
« Reply #2 on: May 30, 2011, 10:15:02 AM »
Naas, gelukkig hou jou sin vir humor jou nog staande,  en vir my!   :icon_biggrin: 

Hierdie "respekte" storie is gereeld in ons huis onder bespreking.  (En in die voertuig!)  'n Koerant opskrif wat praat van Doom!  In ons tyd was daar te veel respek om die predikant so aan te spreek!  As iemand nie eers selfrespek het nie,  wat verwag jy? 

1965?  Ons sal 'n "time machine" moet bou matertjie,  tel gaan niks help nie! 

Ek het jou vertelling baie geniet!
Om te weet is om te verstaan.

Edelsteentjie

  • Guest
Re: Duisend-en-een...
« Reply #3 on: June 11, 2011, 10:52:45 AM »
En heel eerste kom smul ek toe aan wat Naas voorsit hier. Ek onthou mos reg as ek se ek was destyds op die ander blad die heel eerste een wat jou verwelkom het en kommentaar gelewer het? Steeds se jy dinge op 'n kenmerkende Naas-manier so raak. Ek beleef ook so in my klasse. Ek spring saam in na die 1965 bestemming!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Duisend-en-een...
« Reply #4 on: June 11, 2011, 08:59:57 PM »
Jy onthou reg. Hoekom dink jy het ek steeds 'n sagte plekkie vir die noorderliggies.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Duisend-en-een...
« Reply #5 on: June 05, 2013, 06:56:47 AM »
Danksy 'n besoeker wat hier kom aanklop het op jou erfie Naas, kry ek ook nou hierdie onder oge en geniet in oorgawe. Ek wil saamtel  :toothy4:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Duisend-en-een...
« Reply #6 on: June 05, 2013, 08:17:38 AM »
 :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duisend-en-een...
« Reply #7 on: June 06, 2013, 10:06:43 AM »
Dit is altyd lekker om terug te gaan op paaie waar die lekker dinge lê.  Dankie Raaitjie.
Intussen het Naas by 'n nuwe skool begin.  Ek sal so graag wil hoor hoe vind hy die leerlinge daar. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Duisend-en-een...
« Reply #8 on: June 08, 2013, 08:38:50 AM »
Dit is vir my bitter vreemd dat mense hul make-up in die kar aansit, eet, koffie drink terwyl hul bestuur. Selfs al is hulle 'n passasier.
Hoekom nie 5minute vroeer begin by die huis en klaarmaak voor jy in die motor klim?
Daardie sponsie of mascara-kwassie kan tot diep agter in jou oogbal insteek as remme skielik getrap word.  En daardie warm koffie en pap kan brand en die houer jou of jou kind teen die kop tref.... ens ens ens.
Dis omdat mense dink dit kan/sal nie met hulle gebeur nie.
Jammer vir die wat dit wel doen, maar vir my is dit hoogs irriterend.
Lekker om weer die ou geskrifte te lees, Naas.
Laat hoor van daardie nuwe skool. En natuurlik die bloedjies wat die gange bewandel.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duisend-en-een...
« Reply #9 on: June 26, 2013, 09:07:39 AM »
Van kindsdae is ons geleer om nie in 'n voertuig te eet of te drink nie.  Het my kinders ook so geleer.  Jy sit by die tafel, loop nie die hele plek en bemors met druppels of krummels nie. 

Ek het weer lekker gelees en geniet Naas. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Rainier

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 47
Re: Duisend-en-een...
« Reply #10 on: October 17, 2013, 11:19:26 AM »
Wie sou kon dink dat Radio luister so 'n postiewe uitwerking op mense het..... :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duisend-en-een...
« Reply #11 on: October 17, 2013, 02:23:39 PM »
Ja, dit is asof dit jou aandag aflei van die druk verkeer. 
Om te weet is om te verstaan.