Author Topic: Herken die tekens van 'n beroerte  (Read 56351 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #15 on: August 25, 2018, 04:44:51 AM »
Ek sal graag wil weet of daar enige iemand is wat na onderonsies met ligte beroertes a.g.v klein bloedklontjies, permanente skade aan hulle  sig ondervind het?

Die houtvloere in ons pandok het die mooiste kwaste in maar die goed 'bespring' my gereeld en ek ruk myself uit lit uit. Soms spring bome ook voor my in as ons ry en ek belowe hand op die tikkertjie, die uwe is so nugter as die boom wat spring. Outop is doodseker ek gaan hom nog 'n hartaanval besorg soos ek koes en keer vir niks.

Eers gedink dat dit 'n suurstof tekort is soos die spinnekoppie met rugby kouse lol maar ek ry en bestuur altyd met geleende asems.

My oë sien bedags rooi strepe oor al wat aankomende motor is aan hulle linkerkant - van waar die ligte is tot bo-oor die dak waar dit dan verdwyn.

Dit is 'n hinderlike neonrooi en saans het aankomende verkeer se witligte elkeen 'n neonrooi kruis in wat strek tot by die voorruit. Omdat ek sukkel met dubbel visie wanneer my oogspiere moeg word weerkaats hierdie verwronge ligte op die pad ook. 

Nog iets wat ongelooflik hinderlik is dat my oë saans ook die rooi reghoekige vorm in die wit paaltjies wat aan ons linkerkant van paaie geplant is, in drie verdeel en die heelboonste dele lyk soos driehoekies. Daar is donker strepe tussen die drie rooi dele met hulle 'dakkies'. Soos wat ons naderkom aan die paaltjies smelt die drie weer saam.

Ek het my oë laat toets na die laaste TIA en die arts het gese dat die probleem in die brein self is en nie in die oë nie. As hy 'n bril sou maak, sal dit dieselfde sterkte wees as my leesbrille wat nader aan vergrootglase is. Die motors/vragmotors wat blouerige ligte het, het slegs 'n klein rooi kolletjie in die middel van elke lig.

Bestuur is soms werklik 'n nagmerrie maar ek moet ook eerlik wees, dit is 'n dubbele blessing as jy na die sterre kyk :icon_biggrin:
« Last Edit: August 25, 2018, 04:55:28 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #16 on: August 25, 2018, 05:53:35 PM »
Ek is regtig jammer om te hoor van die probleme wat jy ervaar.  Dit het my nie so ernstig aangetas nie, maar ek sukkel geweldig baie om te fokus.  Saans is my ogies rooi, branderig en sommer net tranerig. 
Ek sal graag wil hoor wie het nog sulke probleme. 
As 'n  mens sien dat hierdie al meer as 40 000 keer gelees is, kan jy sien dat daar 'n groot behoefte aan inligting het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #17 on: August 26, 2018, 01:22:11 AM »
PM, hier is 'n drukkie vir jou. Ek is so dankbaar dat jy openhartig kom vertel wat jy ervaar na jou kennismaking met hierdie probleem. Dit wil dus lyk asof 'n sig-probleem beslis deel vorm van die langtermyn newe effekte. Mens voel so magteloos en naak as jy begin soek na antwoorde en jou eie ervarings in die proses deel.

'Mini-strokes leave 'hidden' brain damage.'

A transient ischemic attack is sometimes known as a mini-stroke. New research shows these attacks may not be transient at all. They in fact create lasting damage to the brain.

"What we found has never been seen before," says Dr. Boyd, who also holds the Canada Research Chair in Neurobiology of Motor Learning at UBC. "The brain mapping capabilities of the TMS showed us that TIA is actually causing damage to the brain that lasts much longer than we previously thought it did. In fact, we are not sure if the brain ever recovers.

Bron: https://www.sciencedaily.com/releases/2011/01/110128095042.htm

Vir persone wat 'n TIA (mini beroerte) gehad het, het 'n nuwe studie getoon dat hierdie pasiënte in die eerste jaar 'n byna 10 persent risiko het om 'n herhaalde beroerte te hê, 'n hartaanval te kry of tot langtermynversorging toegelaat te word en selfs te sterf. Dood was dan ook die mees algemene van die gebeure, wat voorkom in 5.1 persent van pasiënte in die eerste jaar. Onder diegene wat die eerste jaar oorleef het, het die herhaalde voorkoms van beroertes/TIA vir elk van die volgende vier jaar op vyf persent gebly. .

Oor die langtermyn bly hierdie pasiënte op hoë risiko. Na vyf jaar was die risiko van hierdie gebeurtenisse dubbel die van individue van dieselfde ouderdom en geslag wat nie 'n vorige beroerte of TIA gehad het nie.

Bron: https://www.sciencedaily.com/releases/2014/10/141007092348.htm

Ek wil graag hierdie deel met elkeen wat hier verby kom en soms voel
jy gaan swig onder die kruis van skeet en kwaal op jou lewenspaadjie.






« Last Edit: August 26, 2018, 01:39:40 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #18 on: August 26, 2018, 11:57:16 AM »
Dankie Raaitjie.  Soms kan ek nie verstaan hoekom ek so absoluut vernederd voel nie, soos 'n vrou wat verkrag is voel na die gebeurtenis.  Almal hier ken my, ek is nie 'n mooi vrou nie, nie mooi gebou nie, maar ek het nog altyd my brein gekoester as my beste bate. Ek raak skoon verbouereerd as iemand my 'n vraag vra, ek weet ek het die antwoord iewers, maar kan om die dood toe nie onthou wat dit is nie. 
In die begin kon ek nie vriende en kennisse onthou nie.  Dit was 'n nagmerrie.  Nou gaan dit baie beter en ek kan sien dit gaan beter by die dag.
Hoe maak 'n mens vrede?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #19 on: August 26, 2018, 12:36:48 PM »
Ek wens ons kon langs mekaar sit en ons diepste vrese deel matertjie. Vrede vra jy? Ek weet nie. Hierdie is 'n swaard wat oor 'n mens bly hang nadat jy deurgeloop het. Soos jy, kon ek nie eers ons kinders herken nie. Lank geneem voor ek weer normaal kon loop sonder 'n lui-dom-linkerkant. My gesig trek nou nog skeef as ek moeg raak. In my handsak is die kontaknommers van Outop en Meisiekind. Ons telefoonnommer asook my naam, dokter en spesialiste se kontak nommers. Inligting oor al die medikasie verbonde aan die asemdief plus waarskuwing oor gevare van narkose en binne aarse voeding ens. 

Die gevoel aan my linkerkant het nooit helemal teruggekeer nie en die kleingoed weet ouma mag nie hulle badwater intap nie want sy voel nie hitte soos ander mense nie. Dit word 'n leefwyse want hierdie vyand is ongelukkig een wat enige tyd weer kan toeslaan.

Jy som dit so mooi op- 'n mens voel werklik jou menswees is verkrag. Met gesels tussen lyne kan ek wegkom van die gesoek na regte woorde want jy hoef nie 'n sin dadelik te voltooi soos in 'n geselsskap nie. Jy kan opstaan en in die kreukelkamers gaan grawe na die regte woord en teruggaan sonder dat iemand besef jou woordeskat word soms onverwags geskaak.

Ek vra gereeld vir Outop wat noem 'n mens nou weer die of daai en dan gaan dit gepaard met vreeslike handgebare  :icon_biggrin: Wens ek het 'n antwoord vir jou gehad. Ek het wel 'n drukkie en BAIE verstaan en omgee.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #20 on: August 26, 2018, 02:33:18 PM »
So tussen die lyne kan ek  nie help om te glimlag nie.  Ek sien jou, myself, en ek het regtig simpatie met die twee outoppe!   :notworthy:


Ek het net 'n klein probleempie met my speeksel wat bly dreig om by my mond uit te loop as ek moeg is.  Ook aan die linkerkant!
Ek is baie gelukkig dat ek so lig daarvan afgekom het.  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #21 on: August 26, 2018, 10:56:12 PM »
Lief jou en los weer 'n drukkie hier hoor. PM, as jy kans sien, wil jy nie vertel hoe jy agtergekom het daar is fout iewers nie? In ons geval was dit gewoonlik Outop of die kinders wat agterna vertel het dat ek glo alles herhaal het.  Met een onderonsie het ek nie geweet waar bly ons nie en in sirkels gery. Dit was voor die luukse van selfone en gedoentes.

Soms steek ons gevoelens/vrese/angs/onsekerheid en soveel meer weg agter 'n glimlaggende masker en is min mense bewus van jou eie klein oorloggie en verraad van jou liggaam.

« Last Edit: August 26, 2018, 11:40:36 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #22 on: September 10, 2018, 02:25:23 PM »
Daardie glimlag verberg baie.  Ek hoor gister hoe Hannes vir sy niggie vertel hoe gesond ek is en geen probleme het nie, maar die hele week wat verby is was ek doodmoeg van hartversaking en voete wat oor my enkels geswel was.   :icon_scratch:   Dit is so moeilik om nie alles te kan doen waaraan mens gewoond is om te doen nie.  Ek is nie die beste "toesighouer" in die land nie.   :icon_biggrin:


Ons was in Thaba waar ek my bril moes gaan haal.  Mense stap by die deur in en die oogkundige sê hulle is ook van Leeupoort.  Ek stel myself so ewe bekend en nooi die mense om by ons te kom kuier.  Ek sien almal kyk my so snaaks aan en vra: Wat?
Hulle vra toe of ek hulle nie onthou nie, want hulle het al 'n paar keer by ons kom kuier en gebraai ook.
 Slaan my dood met 'n nat vis!  :dontknow:


Nou sien ek ook goed wat ek net daarna geskryf of onderteken het.  Dit lyk soos 'n krap wat in die ink geloop het! 
Ek moet regtig dink voor ek praat en Hannes raak ongeduldig met my.  Hy is gewoond aan "flink dink".  :icon_biggrin:


Dit gaan baie beter.  My bloeddruk is onder beheer, alhoewel die medikasie ander probleme meebring.  Maarwat, ons hou die kop op!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #23 on: September 10, 2018, 11:00:13 PM »
Ek kan net skryf: ek verstaan lief PM. Ek verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Herken die tekens van 'n beroerte
« Reply #24 on: June 29, 2021, 10:29:10 AM »
Dit is so belangrik vir mense om jou om hierdie inligting byderhand te hou.  Ek is weer deur hierdie trauma, wat verhoed kon word as my mense besef het wat met my gebeur. 
Gelukkig is ek weereens daardeur sonder ernstiger probleme.  Nou het ek 'n nota gemaak van wat gevra moet word en langs die yskas geplak. 
'n Mens moet ook weet watter dokter met beroertes werk sodat jy dadelik die regte persoon kan kontak. 
Dankie aan almal wat inligting deurgee, maar ons moet seker maak dat ons ag slaan daarop.  Dit is sooooo belangrik!
Om te weet is om te verstaan.