Author Topic: Klein Karoo  (Read 1310 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Klein Karoo
« on: May 23, 2013, 05:12:43 AM »
Klein Karoo

O Klein Karoo van klip en vygie
waar die rooi son oor die spitse sy kop kom lig
en die skadus van die heuwels
soos lang vingers die dag nader wink.
Dan kruip jy in my hart
en word ons perd en ruiter
wat saam galop.

Galop ons oor die vreugde van die lewe
en na waters waar rus is,
klap die hoewe van die tyd.

In jou is die polsslag van oorlewing
deur vet en maer gety,
saam is ons deur die jare
as pottebakkersklei berei.
God en mens,
mens en natuur,
natuur en God
in ons gekastei.

©Cornelis
« Last Edit: May 26, 2013, 07:03:15 AM by PM »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Klein Karoo
« Reply #1 on: May 25, 2013, 09:00:28 AM »
Baie mooi Cornelis. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Klein Karoo
« Reply #2 on: May 26, 2013, 01:07:06 AM »
galop   :icon_scratch: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Klein Karoo
« Reply #3 on: May 26, 2013, 07:02:05 AM »
Dankie Adéle, ek het daar bo-oor gelees.   :wave:

Ek verstaan ook nie die laaste woord van die volgende strofe nie.  Wat sê die skrywer?

God en mens,
mens en natuur,
natuur en God
in ons gekastei.
« Last Edit: May 26, 2013, 07:05:30 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.