Author Topic: Eilandverlang  (Read 3866 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Eilandverlang
« on: May 21, 2013, 07:27:42 PM »
Eilandverlang

Vir jou wil ek ’n nessie vleg
en dit aan ’n wilgerlat hang,
met grasse en ’n paar stokkies,
om vreugde in die wind te vang.

Saam met bamboesklokke,
wat in die aand ’n houtlied sing,
riempiebind ek ons liefde in ’n gerf
om dit weer na jou te bring.

Op wieke van ’n varingwysie,
langs die rots se waterstroom,
sproei die waterval my hartsverlang
oor die stam van die wilgerboom

en onder die wit strand se palms
wat langs die golwe skaduwee,
vind ons harte ’n omgee-gedagte,
’n liefde wyer as die blouste see.
« Last Edit: May 21, 2013, 07:58:05 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eilandverlang
« Reply #1 on: May 22, 2013, 06:05:37 AM »
Pragtig Adéle.  Het jy met opset een deel van die gedig in vetdruk geplaas?
As jy mooi kyk na daardie prentjie, sal jy sien dit lyk of daar "haartjies" op is, dit is hoe dit lyk in die boek wanneer die kwaliteit van 'n foto nie goed genoeg is nie.  Pragtige voorbeeld. 

« Last Edit: May 22, 2013, 09:24:53 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Eilandverlang
« Reply #2 on: May 22, 2013, 07:00:08 AM »
more vriendin
nee, ek het dit get[p]oets  ... maar nie besef dit het so agtergebly nie

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Eilandverlang
« Reply #3 on: May 22, 2013, 08:13:49 AM »
Pragtig geskryf.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Eilandverlang
« Reply #4 on: May 22, 2013, 08:51:11 AM »
Met jou toestemming, gaan ek dit nou vir Outop voordra by kerslig enne glasie wyn. Dit soveel keer oor en oor gelees - ek kan dit nou 'sien' sonder ekstra oge  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eilandverlang
« Reply #5 on: May 22, 2013, 09:22:51 AM »
Dit is 'n pragtige voorbeeld van hoe dit in die boek lyk as 'n mens vetdruk gebruik. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Eilandverlang
« Reply #6 on: May 22, 2013, 10:18:36 AM »
maar ons mag mos nie ...
tog is daar soorte skrif, baie 'dun' wat makliker lees, darem bietjie fensie lyk maar beter lees as dit dan vetgedruk is.

dis wanneer mens goed voel, as ander jou griffels by kerslig geniet   :love7: 

 :grommit:
adéle  :grommit: