Author Topic: Waar kry mens tyd?  (Read 4233 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Waar kry mens tyd?
« on: May 20, 2013, 12:16:21 PM »
Ek is seker die mees ongeorganiseerste persoon wat ek ken. Ek kan net nie my lewe orden soos ander nie. Dalk oor ek nie so lank wil of kan konsentreer op iets wat my glad nie aanstaan nie.

Vandat ek tuis is het ek net nie tyd vir niks nie.

Huisskoon maak - my babas kan nogal vuil maak. 4 Voete wat in en uit loop gras in loop stof, sand en water. Eish.... ( moet se ek hou nie van die taak nie )

Dan probeer ek met my "nuwe besigheid" aangaan. Optimizor Dog Food. Ek moet se dit gaan aan, ongelukkig maak ek nie genoeg nie. Nog nie. Ek is seker te hastig.

Dan tussen in verkoop ek Annique, wat ek dink ek mee gaan stop. Hulle maak die Depo toe hier dan moet ons dit met die pos aankoop met kostes wat onsin word.  :nono: EK hou nie daarvan nie.

Soek nog werk ook.

Kos maak en ek hou nogal daarvan om nuwe resepte uit te probeer. Met 'n Budget!  :evil6:

As ek dit so neer pen klink dit nou nie na baie nie, nou hoekom is ek so moeg? Ek kry nie kans vir niks nie. Nie om hier rond te hardloop en wegkruipertjie te speel nie, nie om my stokperdjies te doen. Net om hier tuis te sit en (hoe se hulle) "slum".

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #1 on: May 20, 2013, 12:20:07 PM »
Tog dink ek jy geniet dit baie meer as daardie voltydse werk waar niemand jou waardeer het nie. 
Terry soek iemand om haar juwele te verkoop daar in die Kaap.  Dalk het jy lus.  Dit is werklik baie mooi goed. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #2 on: May 20, 2013, 12:52:34 PM »
Stuur vir my meer detail oor die juwele. Kan ek dit aan winkels verkoop of is dit 'n deur tot deur verkope.

Ja ek moet se ek geniet dit meer. Ek is net bietjie bekommered oor my liefie, hy stres ongelooflik.  :love7:

So ja ek sal enige iets probeer as dit beteken ek kan 'n geldjie maak, sodat Satan nog gratis kan bly.... :evil6:
Ek sien Woensdag 'n ander "lawer" sodat ons hof toe kan gaan.

 :angel12:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #3 on: May 20, 2013, 01:00:14 PM »
:-) ek kon nou so hiermee identifiseer- ek is nou ook baie besiger as wat ek was toe ek 'n salaris-werk gehad het en om te organiseer is beslis buite my gemaksone. Daar is nou baie nuwe verantwoordelikhede en sover betaal niks daarvan nie, maar soms doen 'n mens dinge vir die liefde van die saak. Ek gaan binnekort bv. amptelik voorsitster by die kunsvereniging word en saam met dit kry 'n mens die gallery-baba. Dit is die kunsvereniging wat moet kurator speel vir dit- so ek sal maar probeer borge kry, 'n website maak ens.

Sterkte Trappies.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #4 on: May 20, 2013, 01:01:16 PM »
Hello Trapsoetjie

Aangename kennis  :wave:

Ek verstaan wat jy bedoel as jy se jy is dalk te haastig met jou nuwe besigheid, ek is netso oor myne.  Ek dink mens moet maar net rustig word, harde werk en dedikasie insit, dan sal jy een van die dae die vrugte begin pluk. 

My besigheid se naam is Squisita Jewellery en ons verkoop "vintage" juwele.  Dit is iets lekker om aan die kantlyn te doen en ekstra geldjies elke maand te kan verdien.  Dit is iets wat jy op jou eie tyd en van die huis af kan doen.  Ek wil graag oral Suid Afrika agente he wat saam met my sal wil werk en die juwele verkoop.  Sal jy belangstel in meer inligting?  Of as jy dalk iemand ken wat so iets wil doen?

Enige iemand kan my kontak as hulle meer inligting wil he:

e-pos adres: thereza@squisita-jewellery.co.za
selfoon nr: 0797866124
webtuiste:  www.squisita-jewellery.co.za

Alles van die beste vir jou met die nuwe besigheid.

Terry.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #5 on: May 20, 2013, 01:36:19 PM »
Skies, ek wou nog vir jou fotos aangeheg het van die juwele.


Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #6 on: May 20, 2013, 01:43:36 PM »
Dankie Terry,

Ek het jou gemail. Ek het op jou www gaan loer ook. Regtig pragtig.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #7 on: May 20, 2013, 02:14:55 PM »
Ek het hierdie juwele in "lewende lywe" gesien.  'n Vrou wat lief is vir juwele sal dit nie kan weerstaan nie.  Dit is van die beste gehalte, regtig nie sommer "tjiep-tjiep" nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #8 on: May 20, 2013, 02:47:53 PM »
PM, ek vertel nou vir Trapsoetjie in my mail hoe vrouens my in winkels en restaurante raaksien en sommer my eie bangles van my arms af wil koop.   :icon_biggrin:

Ek is trots om hierdie juwele te verkoop en is vol vertroue in die gehalte van my produk.

Deesdae verkies mense, veral vrouens lyk dit vir my, om hulle eie ding van die huis af te doen, en ek verstaan presies hoekom.  Wat is nou lekkerder as om jou eie baas te wees?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #9 on: May 20, 2013, 05:38:23 PM »
Ek sĂȘ ook altyd 'n mens moet trots wees op die produk wat jy bemark, want die produk moet dit self verkoop. 
 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #10 on: May 20, 2013, 07:31:31 PM »
Dis reg PM, jy moet in jou produk glo. Ek het Wereld spektrum verkoop, en ek was een van die beste verkoper oor ek geglo het in die produk. Ek glo ook nie om ander produkte te verklein nie, dit bring respek by jou kopers ook.
 
Maar nou ja daar gaan my tyd weer ha ha ha ha  :evil6:

 :angel12:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #11 on: May 20, 2013, 11:10:17 PM »
Dis prrragtige juwele Terry! Ek lief lief lief dit  :love7: Trappies sterkte met alles wat jy aanpak en wil aanpak hoor!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar kry mens tyd?
« Reply #12 on: May 21, 2013, 08:37:05 AM »
Trappies, ek ken jou vir iemand met 'n dagboek onder die arm.  Jou tyd was nog altyd mooi beplan en uitgewerk.  My mening is dat wanneer daar nie genoeg tyd is nie, dan het jy te veel ysters in die vuur.  Nou moet 'n mens na jou preoriteite kyk en dit wat onnodig is uitskakel.  Uit ondervinding het ek geleer, dat mens dan alles afskeep.  Konsentreer op dit wat vir  JOU  belangrik is en maak 'n sukses daarvan.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.