Bak en brou > Wenresepte

Wenke vir die gebruik van 'n prutpot (slow cooker)

(1/3) > >>

PM:
Indien jy 'n ou prutpot gebruiker is, sal ons baie graag nog idees en wenke wil hoor.  Kom vertel vir ons hoe doen jy dit en as jy 'n gunsteling resep het, kom deel dit asseblief met ons. 

Die sleutel tot heerlike prutpotkos?  Hier is 'n paar wenke.

Die temperatuur van die pot moet ten minste 165 grade  F wees.  Die meeste prutpotmodelle se laagste stelling is 200 grade F.
Vleis en groente moet altyd teen kamertemperatuur wees wanneer dit in die pot geplaas word.  Moenie gevriesde voedsel in die prutpot plaas nie.  Dit neem te lank om te ontdooi en gee bakteriĆ« kans om te groei. 
Die vleis moet altyd in stukke gesny word om seker te maak dat dit deurgaar word.
Wanneer jy die vleis eers met koekmeel strooi en dit dan 'n bietjie verbruin, sal dit smaakliker wees en die sous sal dikker wees. 
Om die beste resultate te kry moet die prutpot nie meer as die helfte tot twee derdes volgemaak word nie.
Pak jou prutpot met wortelgroente, soos aartappels en wortels, op die bodem van die pot en dan plaas jy die vleis daarop.  Die res van die groente kan jy pak soos wat gaarmaaktye tipeer.  Byvoorbeeld, eers brokollie, pampoen, blomkool en sampioene bo-op.
Ek skakel my prutpot vir die eerste drie ure op hoog en dan stel ek dit af. 
Moenie die deksel onnodig oopmaak gedurende die kookproses nie.  Vir elke keer wat jy die deksel oplig sal dit 15 tot 20 minute van die kooktyd verleng. 
Dit is nie nodig om die pot te roer nie. 
As 'n mens in ag neem dat lae hitte (200 grade F) en hoƫ hitte (300 grade F) is, sal dit twee maal langer neem om voedsel in die prutpot gaar te maak teen 200 grade F.
Die binnedeel van die prutpot is van keramiek (seramiek) gemaak.  Moenie die bak uithaal en op 'n koue oppervlak neersit nie.  Buffer dit met 'n vadoek of 'n houtplank.
Moet ook nie die pot uit die yskas haal en dit direk op 'n vooraf verhitte basis plaas nie. 
Vet behou hitte beter as water.  Vetterige vleis sal dus vinniger kook as groente.  Sny soveel moontlik van die vet van die vleis af.
Melkprodukte soos room, melk of jogurt moet eers die laaste 15 tot 20 minute by 'n dis gevoeg word.
Wanneer jy 'n gunsteling resep in die prutpot wil gaar maak moet jy onthou dat vloeistof nie verdamp uit die prutpot nie.  Verminder dus die water met plus minus 20 persent. 
Wanneer jy kruie en speserye gebruik, probeer eerder vars produte en gebruik net die helfte van wat jy gewoonlik sou gebruik met konvensionele kookmetodes.
As jy gemaalde kruie en speserye gebruik, voeg dit in die laaste uur van die kookproses by.

Terry:
PM, ek dink hierdie wenke som als so mooi op vir wanneer jy 'n prutpot gebruik.

Ek het so bietjie gaan soek na idees en resepte en tot my verbasing sien ek toe dat jy nagereg, koeke en terte ook in 'n prutpot kan maak.  Wie sou dit nou kon raai!

Aangeheg is 'n foto van die prutpot brownies resep wat ek in die resepte afdeling op die forum gaan plaas.  Gaan loer gerus!

PM:
Ag neeee!!!!  Hoe lus is ek nou vir daai "brownies". 

Baie dankie Terry.  So 'n paar resepte sal handig te pas kom. 

Trapsoetjie:
jipp, ek het die bestandele gekoop. Ek gaan dit more aand maak.  :dontknow:

 :angel12:

Gawelina:
Ek maak sop in myne! Heerlike no-nonsense disse wAt selfs ek nie kan offer nie.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version