Author Topic: Ek kom nie met my ma oor die weg nie  (Read 5162 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek kom nie met my ma oor die weg nie
« on: May 20, 2013, 06:59:33 AM »
Wie se skuld is dit? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek kom nie met my ma oor die weg nie
« Reply #1 on: May 20, 2013, 11:18:34 PM »
Wens ek het die antwoord gehad PM.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ek kom nie met my ma oor die weg nie
« Reply #2 on: May 21, 2013, 04:19:45 AM »
daai antwoord het ek ook nie. my ma is kleindag oorlede en my vrou en haar ma het nooit vasgesit waarvan ek weet nie.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Ek kom nie met my ma oor die weg nie
« Reply #3 on: May 21, 2013, 11:09:52 AM »
Die een wat 'n antwoord vir die vraag het is verkeerd. As gevolg van elkeen se omstandighede wat verskil is daar soveel antwoorde as wat daar vraers is.

My antwoord: Dis jou probleem. Los dit self op.



 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Ek kom nie met my ma oor die weg nie
« Reply #4 on: May 21, 2013, 04:00:34 PM »
Ek sal nie weet wie se skuld dit is nie.  Ek kan die vraag eindlik nie kop nie.   :icon_scratch:

Ek en my moedertjie kom goed oor die weg.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kom nie met my ma oor die weg nie
« Reply #5 on: May 21, 2013, 04:35:41 PM »
'n Vriendin van my se dogter kla altyd by my dat sy en haar ma nie oor die weg kom nie, maar ek dink eintlik dit is sy wat nie met haar ma se opvoeding oor die weg kom nie.  Ek moet by sê, sy is nou op daardie moeilike stadium, die stadium van rebels wees. 
Ek was ook 'n vreeslike rebel, maar na my ma se dood het ek eers besef wat 'n ma regtig vir 'n dogter beteken.  Toe my dogter daar was, het ek vreeslik gewens dat ek net by my ma kon gaan kersopsteek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ek kom nie met my ma oor die weg nie
« Reply #6 on: May 22, 2013, 08:36:55 AM »
Ai, die rebellie. My arme ouers is beslis ook met my daardeur. :-) Dit moet baie moeilik vir hulle wees en tog is dit so 'n natuurlike proses of fase. Die oomblik wat jy begin om jou voelers uit die kokon te stoot en te speel met verskillende kleure en kolle/patrone om te kan sien watter skoenlapper jy eendag gaan wees.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ek kom nie met my ma oor die weg nie
« Reply #7 on: May 22, 2013, 08:43:51 AM »
Pragtig gestel Fransi! Ek dink baie volwasse persone voel nog so maar ons erken dit nie so maklik nie :icon_bigsmurf:
So lief as wat ek my eie moedertjie het, so min verstaan ek hoekom sy soms so 'anders' optree en tydens hierdie tye stem ek nie altyd saam met haar sienswyses nie en verskil ons totaal en al in soveel opsigte. Maar ek bly ewig deur dankbaar dat sy my die gawe van lewe gegee het. Dat sy daar was om my te leer loop en praat. Vir agtien jaar versorg het na die beste van haar vermoe. Haar liefde vir die geskrewe woord het sy aan my as erfenis geskenk.

Ek gun haar haar eie keuses en maniere waarop sy dinge hanteer. Die omstandighede waarin sy groot geword het, het die manier waarop sy ons groot gemaak het, beinvloed. Vandag kyk ek terug en knak my knieg, lig die pienkhoed hoog - dankie mamma, al verskil ons so baie - lief ek jou vir ewig enne bietjie.
:notworthy: :love7: :icon_salut:
« Last Edit: May 22, 2013, 08:48:38 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek kom nie met my ma oor die weg nie
« Reply #8 on: May 22, 2013, 09:29:10 AM »
Ek lief dit wat julle sê.  Dit is so waar.  Ons kinders verstaan nie altyd hoekom ons optree soos ons optree nie, maar hulle sal eendag verstaan dat ons dit wat ons doen, doen vir hulle eie belang, ook net omdat ons lief is vir hulle en die beste vir hulle wil doen.  Dit verstaan hulle eers eendag as hulle kinders "groot" is. 
Om te weet is om te verstaan.