Author Topic: Kom ons praat oor vriendskap  (Read 10149 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kom ons praat oor vriendskap
« on: May 16, 2013, 07:36:48 PM »
Baie mense het baie oor vriendskap te sê en daar is al vele gedigte geskryf oor vriendskap.
Vroër vanaand praat ek met Elsabé, en hier iewers, agter uit een van my brein se dosies, kom die volgende waarheid, ja, dit is 'n waarheid:  Vriendskap vergaan as jy nie met jou vriend/vriendin deel nie.  As jy nie jou vreugdes, of jou hartseer met my kan deel nie, sal ons nie vriende wees nie.  As jy niks het om met my te deel nie, kan jy my nie jou vriend noem nie.  Jammer, dit is so!

As jy 'n sleutelbord het waarmee jy iets het om te deel , laat ek van jou hoor, "or forever hold your peace". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #1 on: May 16, 2013, 07:45:57 PM »
soms deel ek soms nie, hang af of dit gevaarlik kan wees of nie.
kan jou mos nie vertel hoe om 'n atoombom te maak nie.

het al soms erg seergekry van deel met mense wat ek as vriende beskou het en dan word dit wat ek eintlik net met een wou deel aan die mensdom verkondig, dus kies ek vriende versigting. gelukkig tel jy onder een van hulle PM

iets deel met julle: sal so maak maar geen simpatie nie asb, dis agter die rug en verby en verwerk en hartseer is ook al verby.
dis nou 1/4 voor 8 nm op 16 mei 2013
1/4 voor 10 nm op 16 mei 1970....baie hartseer het toe begin.....my ouers het verongeluk....maar soos ek geseg het asb geen simpatie nie dis verby en verwerk en agter die rug en die Genade is baie groot vir my.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #2 on: May 16, 2013, 08:44:33 PM »
Dankie PM, vir jou vriendskap.
Jy is ver van hier onder.  Ek wens ek kon soms na werk by jou inhardloop vir 'n vinnige koffie.
AB, dis tragies as ons ouers skielik wegval. Soveel moet dan verander.
My Pa het skielik een oggend net nooit weer teruggekom huistoe uit die veld.  Alles het verander.  Ons hele gesin was verlore.  Hoe gaan jy voort?  Waar begin jy met die take wat dringend aandag nodig het?  Dit was 'n ramp. 
Elk geval, ons het voort geworstel. Dit is ook 45jr later.  En nog steeds verlang ek, wil ek dinge met hom deel.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #3 on: May 16, 2013, 08:49:36 PM »
Om die waarheid te se, ek kan vir weke net by myself wees:  Gaan werk, huistoe kom en my deur sluit.  Gaan werk, gou winkel toe en my huis se deur sluit.  Naweke sien ek my kinders vir 'n paar uur, soms vir die dag. Week na week. 
Tot ek skielik eensaam begin voel.  Dan wil ek by iemand inhardloop en koffie drink.  Na nuus en stories luister en hardop lag. Of sommer net saam met 'n vriendin winkels toe gaan en rondkyk.  Dalk fliek.  Maar ook dit skroom ek nie om op my eie te doen. 
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #4 on: May 16, 2013, 09:08:21 PM »
Waar en tog is daar (as jy baie gelukkig is) 'n vriend of vriendin en miskien sien julle mekaar net eenkeer 'n jaar of sms so elke paar maande, maar wanneer julle wel mekaar sien, voel dit asof daar geen onderbrekeing of skeiding a.g.v. afstand was nie. Julle is net gemaklik by mekaar, met of sonder woorde.




Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #5 on: May 16, 2013, 11:06:05 PM »
Ek is deel van 'n driepoot vriendskap - een het ek nog nooit ontmoet nie en een het ek nou al 'n paar keer teen my hart gedruk. Ons vertel mekaar goed wat ons nog nie eens vir onsself vertel het nie. Hulle is my hartseermoutjies, lekkerlag glipsies, bekommernis drukkies, bang veiligheidsnette, skelm giggel vriendinne. By hulle is ek net ek met al my foute en geite. Ek lief hulle sommer tonne tonne.

Ek is 'n geseënde vrou , want ek het nog vriende en vriendinne wat ek diep in my hart koester. Beter as tjoklits elkeen van hulle. Die slypstene wat my slyp tot hopelik 'n diamant eendag.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #6 on: May 17, 2013, 03:50:37 AM »
Ek hoop 007 se woordmandjie kom hier verby ... sjoe

hartseermoutjies
lekkerlag glipsies
bekommernis drukkies ...




Ek is deel van 'n driepoot vriendskap - een het ek nog nooit ontmoet nie en een het ek nou al 'n paar keer teen my hart gedruk. Ons vertel mekaar goed wat ons nog nie eens vir onsself vertel het nie. Hulle is my hartseermoutjies, lekkerlag glipsies, bekommernis drukkies, bang veiligheidsnette, skelm giggel vriendinne. By hulle is ek net ek met al my foute en geite. Ek lief hulle sommer tonne tonne.

Ek is 'n geseënde vrou , want ek het nog vriende en vriendinne wat ek diep in my hart koester. Beter as tjoklits elkeen van hulle. Die slypstene wat my slyp tot hopelik 'n diamant eendag.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #7 on: May 17, 2013, 04:07:38 AM »
PM,  my gedagtes kom deel ek graag met jou .... want jy is FAMILIE  :notworthy:

Vriendskap

In elke mens skuil 'n ander tipe vriendskap ...
'n tipe vriendskap deur elke mens benodig!

soms is dit hartseer-deel-omblike-bande
en ander kere sommer net onthou-jy-nog-bande
en soms is dit net stil-wees-maar-hier-wees-bande

vriendskap is die wees
sonder om te vrees

vriendskap is die gee
in die oomblik

vriendskap is soos die liefde;
nie 'n leë emosie-gevulde reistog nie,
maar 'n keuse om te wees
saam laggende, soms hulende, soms in stilte ... maar wees

somige vriende is die stilte
somige vriende is die kletter klater

as mens vriende wegjaag omdat hulle die stilte is,
vind mens gou dat die kletter klater nie meer sparkle nie ...

© Ah,Willa!!

Vrienskap Inspirasie van Gawelina

Jy is my hartseermoutjie,
as die lewe my 'n bloutjie slaan.
Jy is my bekommernis drukkies,
as die lewe onregverdig kanse kom steel.
Jy is my lekkerlag, giggle oomblikke;
wat my vreugdes boepens vol swanger het.

© Ah,Willa!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #8 on: May 17, 2013, 04:58:42 AM »
ja angeliek, soos jy seg mens se hele lewe verander op so 'n oomblik. genadiglik vir 'n familie wat ons 3 kinders bygestaan het en ons het dit gemaak. Die Here se genade is groot.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #9 on: May 17, 2013, 07:45:40 AM »
Hoe kosbaar! Ek sluk en sluk teen die knop in my keel want ek besef hoe bevoorreg is ek om julle almal my matertjies te kan noem  :love7: :notworthy: Willa ek rol julle woorde van kies tot kies  :love7:
« Last Edit: May 17, 2013, 07:49:56 AM by Meraai vannie Baai »

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #10 on: May 17, 2013, 07:56:22 AM »
wow is my se ander mater weer terug
welkom Ritna, ek glo julle het lekker gekuier en kamp en toer en kiekies gevat ens. bly julle is veilig terug.
ek was ook darem weg vir paar dae.....visvang en goeie goefening gekry. hoploos te veel drank en kos saam gevat. geweet ons moes 2 weke en nei net 4 dae gaan nie.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #11 on: May 17, 2013, 08:49:49 AM »
Ons vertel vir mekaar goed wat ons nog nie eers vir onsself vertel het nie.    :icon_biggrin:  Ek kan jou verseker dat jy 'n blink diamant is Gawie.  Almal van julle is blink diamante, dit is ek wat nog 'n bietjie gepoets moet word, ek is nog bietjie wild, wilder as die bosveld en die wildtuin.   :toothy4:

Dit is 'n voorreg om goeie vriende soos julle te hê, al het jy van hulle nog nie in lewende lywe gesien nie, jy weet hulle is daar en hulle deel hul passie met jou en jy joune met hulle en die res van die wêreld skud net hul koppe en dink dit is 'n saak van onmoontlikheid.  Ons weet dit is moontlik.   As julle nie hier is nie mis ek julle, vreeslik baie.  

Kyk nou hier, terwyl ek skryf doen AB 'n plasing.  Baie bly ons ander vriendin wat met vakansie was is terug!  "Sien" wat ek sê?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #12 on: September 24, 2016, 07:28:15 AM »
So pas weer terug van 'n heerlike wegloop wekie en so al verlangende na julle almal kom lees ek toe oor 'n gas se skouer weer hierdie skatte raak. Drukkie vir elkeen wat hier verby kom hoor.  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #13 on: September 26, 2016, 01:07:25 PM »
Ons is ook nou weer terug na so 5 weke se rondflenter.  In die Kaap het ek vir Trappies, Willa en AB gesien.  Wat 'n wonderlike voorreg om sulke mense, elkeen so uniek in sy eie reg, te mag ken en lief te hê. 
Dit is soos Willa sê, ons is  FAMILIE.  Weet dat julle en almal en alles wat vir julle dierbaar is, baie na aan my hart lê. 

Dit sluit almal se diere in wat die mooiste maniere het.

Oor my ander wonderlike matertjies wat ek nie kon sien nie, ek mis julle nog steeds.  Volgende keer beslis!
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Kom ons praat oor vriendskap
« Reply #14 on: September 27, 2016, 08:31:29 PM »
petra en Hannes, dit was lekker om saam met julle te kuier, dankie vir die aankom hier.

Het jy die foon nommers van die 2 gekry wat ek jou gestuur het vir die pakkies optel by jou seun?