Die kuierstoep > Kom kuier saam

Kom ons praat oor vriendskap

(1/5) > >>

PM:
Baie mense het baie oor vriendskap te sê en daar is al vele gedigte geskryf oor vriendskap.
Vroër vanaand praat ek met Elsabé, en hier iewers, agter uit een van my brein se dosies, kom die volgende waarheid, ja, dit is 'n waarheid:  Vriendskap vergaan as jy nie met jou vriend/vriendin deel nie.  As jy nie jou vreugdes, of jou hartseer met my kan deel nie, sal ons nie vriende wees nie.  As jy niks het om met my te deel nie, kan jy my nie jou vriend noem nie.  Jammer, dit is so!

As jy 'n sleutelbord het waarmee jy iets het om te deel , laat ek van jou hoor, "or forever hold your peace". 

AB:
soms deel ek soms nie, hang af of dit gevaarlik kan wees of nie.
kan jou mos nie vertel hoe om 'n atoombom te maak nie.

het al soms erg seergekry van deel met mense wat ek as vriende beskou het en dan word dit wat ek eintlik net met een wou deel aan die mensdom verkondig, dus kies ek vriende versigting. gelukkig tel jy onder een van hulle PM

iets deel met julle: sal so maak maar geen simpatie nie asb, dis agter die rug en verby en verwerk en hartseer is ook al verby.
dis nou 1/4 voor 8 nm op 16 mei 2013
1/4 voor 10 nm op 16 mei 1970....baie hartseer het toe begin.....my ouers het verongeluk....maar soos ek geseg het asb geen simpatie nie dis verby en verwerk en agter die rug en die Genade is baie groot vir my.

Angelica:
Dankie PM, vir jou vriendskap.
Jy is ver van hier onder.  Ek wens ek kon soms na werk by jou inhardloop vir 'n vinnige koffie.
AB, dis tragies as ons ouers skielik wegval. Soveel moet dan verander.
My Pa het skielik een oggend net nooit weer teruggekom huistoe uit die veld.  Alles het verander.  Ons hele gesin was verlore.  Hoe gaan jy voort?  Waar begin jy met die take wat dringend aandag nodig het?  Dit was 'n ramp. 
Elk geval, ons het voort geworstel. Dit is ook 45jr later.  En nog steeds verlang ek, wil ek dinge met hom deel.

Angelica:
Om die waarheid te se, ek kan vir weke net by myself wees:  Gaan werk, huistoe kom en my deur sluit.  Gaan werk, gou winkel toe en my huis se deur sluit.  Naweke sien ek my kinders vir 'n paar uur, soms vir die dag. Week na week. 
Tot ek skielik eensaam begin voel.  Dan wil ek by iemand inhardloop en koffie drink.  Na nuus en stories luister en hardop lag. Of sommer net saam met 'n vriendin winkels toe gaan en rondkyk.  Dalk fliek.  Maar ook dit skroom ek nie om op my eie te doen. 

Fransi:
Waar en tog is daar (as jy baie gelukkig is) 'n vriend of vriendin en miskien sien julle mekaar net eenkeer 'n jaar of sms so elke paar maande, maar wanneer julle wel mekaar sien, voel dit asof daar geen onderbrekeing of skeiding a.g.v. afstand was nie. Julle is net gemaklik by mekaar, met of sonder woorde.



Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version