Author Topic: maserati  (Read 2138 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
maserati
« on: May 15, 2013, 08:40:10 PM »
Die Chinese eienaar van ‘n Maserati het vier mans met groot hamers betaal om sy luukse motor te vernietig in protes teen swak kliëntediens.

Volgens berigte het die eienaar – slegs bekend as “Wang” - die Maserati Quattroporte by  ‘n motorskou in die oostelike stad Qingdao laat verniel.

Videobeelde wys hoe die mans die motor aanval, die vensters breek en groot duike laat. Daar was ‘n banier op die motor waarin die Italiaanse vervaardiger van beroerde besluitneming beskuldig word.

Wang het die luukse motor in 2011 vir 2.6 miljoen yuan (sowat R3,9 miljoen) gekoop. Hy het die motor daarna teruggeneem herstelwerk, en beskuldig Maserati dat hy moes betaal vir nuwe onderdele, terwyl hulle tweedehandse onderdele gebruik het. ‘n Probleem met ‘n deur kon ook nie opgelos word nie en die motor se bakwerk is ook skynbaar gekrap.

“Ek hoop dat die buitelandse vervaardigers van luukse motors nou erken dat Chinese verbruikers geregtig is op diens,” het Wang gesê.

Volgens ‘n verklaring van Maserati in China is die groep “diep jammer dat die kliënt bilaterale onderhandelings op só ‘n skielike manier tot ‘n einde gebring het.”

Chinese internetgebruikers is verdeeld oor die voorval.

“Verdedig hy sy regte – of is dit slegs vir vertoon? Hoekom sal jy jou superluukse motor verniel as jy net geregtigheid soek vir ‘n (goedkoop) onderdeel?” het een persoon aanlyn gevra.

China het in 2009 Amerika verbygesteek om die wêreld se grootste motormark te word.

Kliek hier vir 'n video van die voorval.

http://www.youtube.com/watch?v=5aYvPd1TXRI

http://www.dieburger.com/sake/2013-05-15-ontstoke-eienaar-vernietig-superluukse-motor

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: maserati
« Reply #1 on: May 16, 2013, 04:31:48 AM »
Mal soos 'n haas, plaas hy daardie geld spandeer om 'n kursus in emosionele inteligensie te doen.  Daar is nie medesyne daarvoor nie.
Om te weet is om te verstaan.